n Dissipel ken sy Vader

Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

‘n DISSIPEL KEN SY VADER!

 

‘n Herder het sy skape bewaak langs ‘n verlate pad toe daar die volgende oomblik ‘n pragtige mooi blink Porsche stop.

 

Die bestuurder, geklee in ‘n Armani pak klere, Timberland skoene, Versace sonbril, Rolex horlosie en ‘n Pierre Cardin das het uitgeklim. Hy het die herder genader en toe gevra:-“ Indien ek vir jou kan sê hoeveel skape jy het, sal jy my een gee?” Die herder het na die man gekyk, dan na die skape, dan weer na die man gekyk en gesê:- “Ja ok!”

 

Die man het sy motor parkeer, sy skootrekenaar uitgehaal en dit gekoppel. Hy het sy GPS sisteem opgestel en ‘n databasis  opgestel en toe op sy moderne drukker ‘n verslag gedruk. Hy het na die herder gedraai en gesê:- “Jy het presies 1586 skape hier!”

 

“Jy is reg, jy kan jou dier vat!” het die herder verbaas gesê.

 

Die man het die dier in sy bagasiebak gelaai. Net voordat die man ry, het die herder gevra:- “ Indien ek vir jou kan sê wat jou beroep is, kan ek dan my dier terug kry?” “ Ja, hoekom nie? “ het die man geantwoord.

 

Die herder antwoord toe:- “ Jy is ‘n IT konsultant”. “Hoe weet jy dit vra die man?”

 

“Wel dit is baie eenvoudig. Jy kom hier aan sonder dat iemand jou gevra het om te kom. Tweedens, jy vra my ‘n fooi om my iets te vertel wat ek alreeds weet en derdens, jy weet niks van my besigheid nie.  Nou, kan ek asseblief my hond terug kry?”

 

JOH. 10:11  Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

 

JOH. 10:14  Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.

 

JOH. 10:15  Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.

 

GEBED

 

Dankie dat U my herder is en dat ek U kan ken. AMEN 

0:00
0:00