MOENIE GEVANG WORD!
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
MOENIE GEVANG WORD!
Dit gebeur daagliks dat mense dinge doen met die hoop en verwagting dat hulle nie gevang sal word nie. Daar is al studies gedoen om uit te vind of mense sekere dinge sal doen as hulle weet hulle sal nie uitgevang word nie. Sal mense steel en liefdesverhoudings aanknoop as hulle weet hulle sal nie gevang word nie? Sal hulle dit regtig doen? Verbasend, met die studies wat gedoen is, toon dat meer as die helfte het aangedui dat mense sal sekere dinge doen as hulle weet hulle sal nie uitgevang word nie.
Nou wonder ek – wat van dade van goedheid? Indien jy nooit gevang sal word, niemand buiten jy en God sal weet en jy niemand sal kan vertel nie, of jy nog die daad van goedheid aan ander sal doen? Sal jy iets goed doen aan ander en nooit uitgevang word nie?
Dit is somtyds baie moeilik om nie vir iemand anders te vertel nie en dit is nie dat dit sleg is nie, want om te vertel bemoedig jy ander en gee ook aanmoediging aan ander om ook goed te doen. Ek wonder of die geheime-gebeds-vriendinne nog sou gebid het? Sou hulle dit gedoen het as die naam nooit aan die einde van die jaar bekend gemaak sou word nie? Sou hulle dit gedoen het as hulle die einde van die jaar net ’n nuwe naam gekry het? Sou hulle dit doen om vir mekaar te bid?
Ek daag jou uit:- Doen vandag iets goed aan of vir iemand sonder om uitgevang te word!
PSALM 118:1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
:2 Laat Israel dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
:3 Laat die huis van Aäron dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
:4 Laat die wat die HERE vrees, dan sê dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is!
PSALM 117:1 Loof die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke!
:2 Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!
GEBED
Dankie vir U goedheid elke dag aan my bewys! AMEN