MOEILIKE WEIVELD
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
MOEILIKE WEIVELD.
Dit is tot ons eie voordeel dat God nie toelaat dat ons in ons gemaksone bly nie. Hier is dit die geboorte van die Kameelperd wat ons ’n goeie les vanaf leer.
Die baba Kameelperd val omtrent drie meter na die grond by geboorte. Dit kom te lande op sy rug en draai dan dadelik om op die maag met die pote onder hom ingetrek. Die moeder sal dan haar kop laat sak om net vir ’n kort tydjie na die baba te kyk. Sy sal haarself dan so posisioneer dat sy bo –oor die Kameelperdjie staan. Sy sal vir ’n kort tydjie wag en dan haar poot uitswaai en die Kameelperd ‘n skop gee van die kant sodat die baba kop oor stert sal rol. Indien die baba nie opstaan nie, sal sy die proses oor en oor herhaal. Die baba sal dan opstaan maar die ma sal dit oor en oor skop sodat die baba elke keer sal moet opstaan. Hoekom sal die ma dit doen? Sy weet dat die baba kannie gemaklik raak nie want die baba moet by die res van die trop kan bly.
Is dit nie ook soos ons lewe is nie? Sodra ons in die gemaksone inbeweeg, “skop” God ons om , om na meer en moeliker weivelde te beweeg en dit tot ons eie voordeel.
Dus is dit belangrik – ten spyte van met wat met jou gebeur en wat oor jou pad kom – om die Here volhardend te volg en te dien. Die duiwel sal alles in sy vermoë doen om jou moedeloos te kry. Moenie gaan lê en verslane begin om die Here en Sy saak te kritiseer nie.
JOB 2:3 En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
Is dit nie wat die Satan nou besig is om te doen in jou lewe nie? Hy wil jou vernietig maar God die skuld gee daarvoor? Nee- volhard in Sy stryd en Hy sal jou op die regte tyd verhoog.
GEBED
Dankie Here dat U my help om in my stryd waarin ek is te kan volhard en nie toe te gee aan die versoekings van die Satan nie! AMEN