MIK VIR DIE SON!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

MIK VIR DIE SON!

Alexander die Grote het al regeer toe hy sestien jaar oud was. Op die ouderdom van agtien was hy ‘n suksesvolle generaal en op twintig koning en toe het hy op drie-en dertig as ’n dronkaard gesterf.

Alexander se pa, Philip, is ’n perd aangebied om te koop. Die perd was wild en een van die verkoper se helpers wou die perd skou sodat Alexander se pa kan sien hoe goed die perd deur die passies gaan. Die perd het wild gereageer, in so mate dat nie een van die helpers die perd kon klim nie, maar Alexander het toe gesien dat die perd vir sy eie skaduwee skrik en bang is. Hy het die perd gekalmeer, die perd op geklim en toe die perd in die son gedraai. Hy het met die perd  gery sonder probleme.

Hoe baie mense is nie bang vir die skaduwees van hul lewe en verlede nie? Die skaduwee van hulle bose dade of hulle skuldgevoelens of vrees en waar hulle gefaal het in die lewe? Jy lewe met al hierdie skaduwees en jy vlug vir die waarheid.

Dit is dan wanneer ’n kind van God hulle neem en die Son, Christus Jesus, toon en hulle hele lewe gaan dan aan sonder enige probleme. Die skaduwee van hul probleme het verdwyn in die Son van die Seun van God.

JOH. 8:12  Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Hoe nader jy aan die Here Jesus lewe, hoe helderder sal Sy lig wees. Hoe verder jy van die Here Jesus lewe, hoe donkerder sal jou lewe word en dit sal veroorsaak dat jy in die buitenste duisternis vir ewig sal beland.

Die geheim is dat elkeen vir die Seun van God se Son- Lig- sal mik!!!

GEBED.

Vader, baie dankie dat U vir my die Son is vir my lewe en dat U vir my die rigting verskaf. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00