MARIA
By Betanie naby Jerusalem het die sondares, Maria gewoon
Die fariseers weet van haar owerspelige lewe en vertoon
Sy word betrap in die daad, fariseers glimlag selftevrede
Sondaars soos hierdie word net soos die wet leer, gestenig.
Hulle bring haar na Jesus en met smaak word vertel….
“Laat die een wat onskuldig is, die eerste klip optel…”
Bestraf deur gewetes sluip een vir een weg
En so het Hy, genadig, haar saak besleg.
Simon die fariseer nooi Jesus om by hom te eet
Deur die praatjies op die markplein het Maria geweet
Met kosbare nardus val sy voor Hom neer
So wou sy Hom vir vergifnis vereer.
Simon vererg hom dat sy aan Jesus raak
As Jesus nie weet nie, hy ken haar saak!
Simon, sê Jesus, Ek wil jou iets sê:
As jy ook vergeef was, sou jy kon liefhê.
Buite die stadsmuur, daar kruisig hul die Heer
Maria het oral gevolg en haar hart was so seer
Baie vroeg toe die dag breek staan sy by die graf, sy alleen
Maar die liggaam is weg, sy staan buite en ween
Sê my, vrou, vir wie soek jy en waarom staan jy en ween
“Die graf is dan leeg meneer, en daar lê die steen…”
Maria! Sê Jesus, toe eers kyk sy Hom aan –
Raboenie, my Meester, dan het U waarlik opgestaan!