MAAK KONTAK MET GOD.
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
MAAK KONTAK MET GOD.
LUKAS 11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
Maak kontak met God bring voort dat jou gebed doelgerig is en dat jy in ‘n sekere rigting beweeg. Jou gebed moet wees om met die Skepper een te word in kommunikasie. Dit is ook dan, dat jy deur die kontak met God Geestelik sal groei en sterker sal word. Dit is ook wanneer jy kontak met God maak dat jy God se wil vir jou lewe sal ken en dit sal jou dan ook instaat stel om besluite te neem binne Sy wil. Om kontak met God te maak sal voortbring dat jy versoekings sal kan weerstaan en dit sal jou ook by die punt bring om ander te vergewe wat hulle aan jou gedoen het MAAR ook om na ander te gaan en verskoning en vergifnis te gaan vra vir dit wat jy aan hulle gedoen het.
In die “Discipleship Journal” van 11-12/92 is daar ‘n ondersoek geloods om uit te vind watter geestelike uitdagings / stryd vir die lesers die grootste is:-
1. MATERIALISME
2. TROTS
3. SELF-GESENTREERDHEID
4. LUIHEID
5. KWAAD te same met BITTERHEID
6. SEKSUELE
7. JALOERSHEID
8. GULSIGHEID
9. LEUENS
Hulle het ook berig dat versoekings is op die ergste as :-
1. NIE STILTETYD HOU NIE – 81%
2. FISIES MOEG IS – 57%
Versoekings is wel oorwin as:-
1. GEBID WORD – 84%
2. VERMY KOMPROMIE SITUASIES – 76%
3. BYBELSTUDIE – 66%
4. ASOOK OM AAN IEMAND VERANTWOORDING TE DOEN -52%
GEBED
Here, leer my bid sodat U verheerlik word deur my totale leefwyse? AMEN