LESSE UIT DIE KREEF SE WAAGMOED

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

LESSE UIT DIE KREEF SE WAAGMOED!

 

ROMEINE 1:20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy

 

                             werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en

 

                             goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

 

Vanuit die lewe van die kreef kan ons ‘n paar wonderlike gedagtes leer vir ons eie geestelike lewe.

 

DIE OORLEWING VAN DIE KREEF.

 

Slegs 10 uit elke 10000 eiers (0,01%) van wat die kreef lê , oorleef. Die res word deur die vyand – visse ens. verslind.

 

In Lukas 8:4-15 lees ons van die Saaier. Die eerste deel het op die pad geval en die voëls het dit opgepik. Die tweede deel het op die rots geval en dit het verdroog nadat dit opgeskiet het. Die derde deel was tussen die dorings en dit het verstik en die vierde deel het op die goeie grond geval en vrug gelewer. Dit is maar net ‘n kwart van die saad wat vrug dra.

 

Kom ons ondersoek onsself en kyk hoeveel van die Woord van God wat ons hoor , hetsy deur prediking , stiltetyd , geestelike boeke , ens wat in ons lewe val dra vrug. Leer die Skrif ons dan nie om DADERS van die Woord te wees nie?

 

DIE VOLWASSENHEID VAN DIE KREEF.  

 

Dit is die seetoestande wat die tydperk bepaal van die volwassenheid van die kreef. By Suid-Afrika is dit so dat aan die Weskus , die kreef se tydperk 6-9 jaar is en aan die Ooskus , 3 jaar. Die koue en warm water van die verskillende oseane maak die verskil.

 

Liewe vriend/-in –jy getuig jy is ‘n kind van God maar is jy al volwasse in Christus? Is dit nie die koue waters van die wêreld wat veroorsaak dat jy nie die sonde los nie? Hoe lank moet God jou nog roep en trek voor jy gaan groei na volwassenheid?

 

Is dit nie die tyd – NOU – om jou keuse te maak en voluit vir die Here te gaan nie?

 

DIE GROEI FASE VERG MOED.

 

Die kreef se vyand is visse en seekatte. Die kreef kan nie groei indien hy nie die besluit neem om sy dop af te gooi nie. Die kreef gooi sy dop af tot 25 keer in die eerste jaar. Ja , die dop beskerm die kreef MAAR om te groei moet hy dit afgooi. Indien die kreef dit nie afgooi nie , dan is hy sy eie gevangene – die dop word sy doodskis! Dit is ook so dat die dop die kreef beskerm en daarom kan dit vir die kreef aanloklik wees om dit te behou.  Ja , dit verg moed om dit af te gooi – ontbloot te wees vir die vyand – en te groei.

 

Dit het tyd geword dat jy uit jou gemaksone wat jou so beskerm moet kom. Jy moet die besluit neem:- Bly in my gemaksone en sterf Geestelik OF gooi die ou dop af en groei Geestelik. Wat sal jy kies? Nee- dink eers mooi want wat ons sê moet ons doen!!

 

2.

 

Die volk Israel , nadat hulle deur die Jordaan getrek het en so op die voorstoep van die vyand was , dit is toe dat God die opdrag gee dat hulle besny moet word. Die gemaksone is afgegooi en hulle vertroue vir beskerming was slegs op God.

 

Kom by die punt en vertrou God deur af te gooi wat jou verhinder om te groei?

 

DIE KREEF SE KNYPERS.

 

Die kreef het twee knypers waarmee hy sy prooi  breek en ook skeur sodat hy dit kan eet.

 

Jy moet toelaat dat die Woord van God ,deur die Heilige Gees , vir jou “geskeur en gebreek” word sodat jy dit kan eet. Oordink  die Woord van God. Waar sal ons begin? Begin by EXODUS 20 die tien gebooie of die Johannes Evangelie. Eet die Woord elke dag en lewe soos God van JOU verwag!!

 

DIE KREEF WORD IN ‘N HOK GEVANG.

 

Hokke met aas word in die see geplaas en die reuk van die vrot aas trek die kreef en hy doen alles in sy vermoë om by die aas uit te kom. Sodra die kreef in die hok is kan dit nie weer ontsnap nie tensy iemand die kreef uithaal.

 

Die mens – omdat ons in sonde gebore en ontvang is – word aangetrek na die vrot aas van sonde van hierdie wêreld. Die mens sal alles in sy vermoë doen om die sonde-aas te eet en wanneer dit in die hok van sonde gevang is dan kan jy nie ontsnap nie.  Dit is slegs JESUS CHRISTUS die Seun van God wat jou uit die hok van sonde kan laat ontsnap. Is jy ‘n gevangene of is jy vry in Christus?

 

GEBED.

 

Here baie dankie vir die lesse van die kreef. Ek is NOU bereid om die dop van my gemaksone af te gooi sodat ek in U kan groei. Here kom deur die werking van U Heilige Gees en openbaar aan my die toestand van my hart. My Vader vergewe my as daar enige sonde – bewus of onbewus – in my lewe is. Baie dankie dat U dit doen en dat ek nou vry kan wees. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00