Kom terug na my har

My hart is verhard, my gebede so koud
My oë is droog want ekself is te hoog
Ek soek na die tye
Toe Hy naby was
My gees was gebroke, my hart skoon gewas
 
O Duif van die hemel kom terug na my hart
Ek het u al soveel bedroef en getart
Bewerk ‘n gebroke, gewillige gees
Gee my ‘n hart wat gewillig sal wees.
 
Ek soek weer U lig en U waarheid o Heer
Dis net u teenwoordigheid wat ek begeer
My sonde is baie, ek kniel my die kruis
Laat U Woord soos ‘n hammer my rotshart vergruis.
 
Gee wonder dat wêreldse mense so spot
Want ons wat Sy Naam dra, oortree Sy gebod
God praat met son dikwels, maar ons wil nie hoor
Ons het Sy teenwoordigheid lankal verloor.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00