KLEINER SONDES MOET VERWYDER WORD

Wanneer ‘n persoon tot bekering kom ondergaan hy of sy gewoonlik ‘n radikale lewensverandering veral as hy of sy  ‘n onsedelike agtergrond gehad het.

Wanneer ‘n persoon tot bekering kom ondergaan hy of sy gewoonlik ‘n radikale lewensverandering veral as hy of sy  ‘n onsedelike agtergrond gehad het.

 

Deur die eerste stappe van geestelike groei en selfverloëning of selfontkenning raak hy of sy eers ontslae van die groter sondes.

 

Dit is jammer om dit te sê maar baie gelowiges stop net hier. Hulle gaan nie voort om die kleiner sondes te verwyder,wat groot skade in die landskap van hul geestelike lewens aanrig nie.

 

Gordon McDonald se engelse boek, “ordering your private world”, vertel van ‘n ware ervaring in sy eie lewe om die waarheid hiervan te staaf.

 

“’n Aantal jaar gelede het ek en my vrou Gail, ‘n ou verlate,  standplaas in New Hampshire gekoop wat ons vernoem het na “Peace Ledge.”  Ons het gevind dat die plek waar dit ons wens was om die plattelandse huis te bou, besaai was met rotse en klippe. Dit was baie duidelik dat dit veeleisende werk sou kos om die gebied skoon te kry en alles wat daarmee gepaard gaan.

 

Die eerste fase van opruiming was maklik. Die groter rotse is vinnig verwyder. Nadat dit verwyder was het ons opgemerk dat daar baie ander kleiner rotse was, wat ook verwyder moes word. Nada t ons laasgenoemde verwyder het, het ons vir die eerste keer dit raakgesien dat daar talle klippe en spoelklippe was. Ons het besef dat om dit te verwyder, veeleisende werk gaan kos ,maar ons het deurgedruk tot die dag aangebreek het dat die grond gereed was, om met gras beplant te word.

 

Ons daaglikse brood

0:00
0:00