Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE

Per geleentheid was Hudson Tayler, ‘n sendeling in die 18de eeu, per seilboot oppad na China.  Sonder enige wind was hulle besig om te dobber na die eiland waar  ‘n groep kanibale [mensvreters] hulle gretig ingewag het.  Die Kaptein het Hudson  kom vra om te bid dat die wind sou begin waai.  “Seker, stel net eers die seile”, was sy antwoord.  Die Kaptein se verweer was dat hy homself belaglik sou maak voor sy bemanning.  Daar was dan geen wind nie.  Nogtans het Hudson daarop aangedring.  Anders sou hy nie bid nie.  Tog het die Kaptein kop gegee en skaars het Hudson begin bid of die Kaptein klop aan sy deur.  Hudson is versoek om op te hou bid want die wind was reeds onbeheerbaar sterk.  Die kanibale was hul maal kwyt by ‘n skamele 100 m . So baie vind ons dit dat mense wel bid maar dat hulle verras is indien hul gebed  verhoor word.  Sou hul maatreëls in plek wees, gereed vir gebedsverhoring?

0:00
0:00