JY KRY WAT JY SOEK!!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

JY KRY WAT JY SOEK!!

 

Daar word vertel dat twee soorte voëls oor die Kaliforniese woestyn vlieg. Dit is die “Hummingbird” en die Aasvoël.

 

Al wat die Aasvoël sien is die dooie vleis, omdat dit al is waarvoor hy soek. Die Aasvoël lewe op daardie diët. Sy hele uitkyk en soeke is na dooie vleis.

 

Die “Hummingbird” aan die anderkant, sal die dooie karkasse en die vrot reuk van die vleis ignoreer. Hy sal die pragtige bloeisels van die kaktus plante wat tussen die rotse groei opsoek. Hy sal daar rond fladder totdat hy die klein bloeisels tussen die rotse vind.

 

Elke voël vind waarna hy soek.

 

Wat soek jy? Beter nog – Wat vind jy? Dit wat jy vind vertel waarna jy soek! Jou uitkyk van die lewe sal jou uitkoms bepaal!

 

Hoeveel mense is daar nie wat die sonde soek en dink dat hulle daarmee kan speel en dat dit hulle nie sal “beskadig” nie?

 

SPREUKE 6:27  “Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? “

 

KOL. 3:2  “Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.”

 

GEBED

 

Vader, stel my ten alle tye instaat om die goeie te soek en te vind? AMEN

0:00
0:00