Jonatan (I Sam 14 )
As die vyand jou wil aanval
Mik hy pyle so sekuur
Hy wil graag jou hart ontwapen
En sy roofkommando stuur
Maar daar was geen wapens by die manskappe gewees
Hele leermag kon nie veg nie, het die vyand so gevrees
Jonatan het kans gesien
Want Hy was voorberei
Sy wapendraer was nie bang, het digby hom gebly.
Jonatan wag op die teken, moedig in die stryd te tree
God wou self met hul afreken
Gee oorwinning deur slegs twee
Skrik oorval die filistyne, almal het gebeef
Toe kom daar ‘n groot verwarring
uitgedinkte plan loop skeef!
God gebruik ‘n kleine bende wat op Hom vertrou
Kom trek nou aan jou wapenrusting
Moet tog nooit nie weer verflou!