Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za
-
Inleiding
Ons gaan na Job se die karakter en optrede kyk en ook na die verwysing na die Satan.
PERSOON |
ONDERWERP |
WAAR |
JOB |
Getrouheid in voorspoed |
Job 1:1-5 |
SATAN |
Sy leun en boosaardigheid |
Job 1:6-19 |
JOB |
Getrouheid in beproewing |
Job 1: 20 -22 |
SATAN |
Sy verdere boosaardigheid |
Job 2:1-8 |
JOB |
Getrouheid in die ekstreme |
Job 2 : 9-13 |
-
SATAN EN GOD
Die gesprek tussen God en Satan is verseker een van die vreemdste gedeeltes in die Bybel. Vir sommige mense gee dit gronde om die werklikheid van die boek Job te bevraagteken. Het dit werklik plaasgevind? Die antwoord daarop is belangrik aangesien die waarheid en waarde van hierdie boek daarvan afhang. Die enigste wyse waarop die mens meer te wete kan kom van die onsigbare is deur bo-natuurlike openbaring. Die gesprek tussen God en Satan moes of deur bo-natuurlike openbaring plaasgevind het, of moes deur die skrywer geskep gewees het. Daar is nie `n ander verklaring daarvoor nie. As die gesprek deur Goddellike openbaring beken gemaak is, het dit werklik plaasgevind en is dit in gewone menslike handeling en spraak voorgestel om dit vir die mens verstaanbaar te maak. Sou dit uitgedink gewees het en `n mite gewees het sou die hele boek van Job irrelevant gewees het, omdat Job se lyding wat die onderwerp is van die hele boek ontstaan het uit die gesprek tussen God en Satan. Het die gebeure wel plaasgevind? Ja dit het wel! God sit op Sy troon en regeer van daar met die engele en serafs om hom. Hy werk deur hulle s instrumente. Het Satan nie toegang tot God as aanklaer nie? In Openbaring 12:10 – Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Kan ons nie die Satan sien in die teenwoordigheid van God waar hy vir Joshua aankla nie in : Sagaria 3:1-2 — Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie ‘n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
Is daar nie nog skrif wat toon dat Satan toegelaat word om sekere dinge te doen, (alhoewel beperk) nie, om mense te sif/toets nie? Lukas Luk 22:31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
1Kor 5:5 om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
1Tim 1:20 onder wie daar is Himenéüs en Alexander, wat ek aan die Satan oorgegee het, sodat hulle kan leer om nie te laster nie.
2Tim 2:26 en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
Luk 22:31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.
Luk 22:32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.
Satan het toestemming maar Christus bid! Die gedeeltes is geskryf in die verlede tyd. Maw. Iets wat reeds plaasgevind het, dit is afgehandel. Maar Christus was deel van die “transaksie” en hy het oorwin oor die aanklaer en versoeker. Kano ns hierdie boek dan steeds bevraagteken? Indien ons dit sou doen, sou on sander Bybel boeke en woorde van Jesus Christus ook bevraagteken. Ons glo dat dit alles plaasgevind het en dat God dit goed gedink het om dit aan ons mee te deel, sodat ons Job se lyding kan verstaan.
-
BOEIENDE GEVOLGE
Uit al hierdie gebeure kan ons sien dat Satan vreantwoording aan God moet doen. Hy moet verduidelik aan God. Net soos al God se maaksels verantwoording moet doen. Satan se donker/bose gedagtes is aan God bekend – het jy ag gegee op my kneg Job? En later waar kom jy vandaan? Die vrae word doelbewus aan hom gestel want God het geweet wat in sy gedagtes aangaan en het hom verplig om te antwoord.
Verder sien on suit die gedeelte dat Satan agter die booshede in die wêreld sit – in sy antwoord op God se vraag – Job 1:7 Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
Satan het `n bepaalde doel met die aarde. Genesis skryf die oorsprong van sonde aan hom toe. Hy is grootliks agter die boosheid wat teen die mens gerig is. Hy het die merk van Kain op hom en hy is onrustig. Hy is die God van dié wêreld wat die gedagtes van die ongelowiges verduister.
Satan is nie alomteenwoordig nie en ook nie alwetend nie. Hy kan miskien blitsvinnig beweeg maar is geskape deur God en nie God nie. Hy kan net op een plek op `n slag wees, nie oral nie. Satan is ook nie alwetend soos God nie, want hy is `n geskape wese. Hy kan besit neem van iemand se gedagtes, soos met Judas. Ons moet hom egter toelaat of ruimte vir hom toelaat voor hy dit kan doen. Ons moet hom nie onderskat nie maar ook nie oorskat nie.
Satan kan niks doen sonder Goddellike toestemming nie – Job 38:11 en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie; en hier word ‘n grens gestel vir jou trotse golwe.
Satan kan doen maar met beperkings – Job 1:12 Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.
Job 2:6 En die HERE sê aan die Satan: Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.
-
DIE DIALOOG OF DEBAT
Daar is ses sprekers – Job, sy drie vriende, Elihu die jonger man en God. Hoekom ly Job? Al vyf probeer die saak aanspreek en God spreek laaste. Die vriende help aanvanklik maar kritiseer Job later en dit dra by tot sy lyding.
-
DIE VRIENDE
ELIFAS DIE TEMANIET |
BILDAD DIE SUHIET |
SOFAR DIE NAäMATIET |
ELIHU |
Praat drie maal |
Praat drie maal |
Praat twee maal |
|
Oudste en wysste |
|
Minder versigtig en meer drasties as die ander twee |
Jongste Heelwat jonger as die drie. |
Baseer sy filosofie op twee dinge naamlik Ervaring en `n veronderstelde spesiale geestelike ingryping(gesig) |
Baseer sy filosofie op tradisie |
Baseer sy filosofie op aannames. (nie feite nie) |
Elihu tot redding |
Sê dat Job ly agv sonde |
Sê Job is vals, gee voor en dat God nie mense straf wat vroom is nie |
|
Moet God nie bevraagteken nie. Job se lyding is opvoedkundig. Hy sien `n ander doel met Job se lyding, hoer en geestelik |
Opsommend : ONDERVINDING |
Opsommend: TRADISIE |
Opsommend: AANNAMES |
Lyding is korrektief, sedelik, en herstel en suiwer |
Gelowige sedeprediker |
Gelowige wettiese |
Gelowige dogmatikus |
|
Apologeet |
Dosent |
Skynheilige |
Adviseur |
REGTERS |
BROEDER |
Job 33:12 Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as ‘n mens.
Job 33:13 Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van ‘n mens nie antwoord nie?
Job 35:14 Hoeveel minder as u sê u sien Hom nie! Die regsaak is voor Hom: wag dan op Hom.
-
DIE STEM UIT DIE STORM
God praat uit die storm. Hy verduidelik nie Job se lyding nie. God ondervra vir Job en maak hom nederig. God wys Job daarop dat hy God nie kan bevraagteken nie. Job kan God nie antwoord as hy die vrae stel nie. Job was nie veronderstel om te weet hoekom hy moes ly nie. God hoor, weet en gee om vir Job en spreek met hom. Hy gee genoeg om, om met Job te spreek. Dredens is die doel van die gesprek om Job te oortuig da thy in God moet rus/bly of berus. Rus in God in volle geloof. Job moes aan die einde van homself kom soda thy kon weet en besef al sy antwoorde en sy heil is by God. Nie in homself nie.
Jas 5:11 Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Vir die een wat ly word die Paradys wat verlore is, die Paradys wat herstel word. Die drie hoof dele van die samevatting is: transformasie, regverdiging en herstel. God se einde is baie gesëend. Rus in God, almal wat ly en wag geduldig op hom.