INLEIDING
Soos reeds verlede keer aan julle meegedeel is Job heel moontlik die eerste boek wat geskryf is van die Bybel. Al is die boek Genesis die eerste boek in die Bybel is daar gronde om dit te glo. Ten spyte van die veranderende toneel van veertig eeue sedert die outeur van die ou tydse wêreld se heldedig, sy pen neergesit het, kan ons op enige plek `n skerper , meer op datum verhandeling/vertoog vind oor die aandoenlikheid van mense ondervinding as hier?
Verder vat die boek Job die realiteit so goed vas en word dit gekenmerk deur `n bo-natuurlike litirêre kwaliteit. Dit kan as een van die beste stukke poësie beskou word in die wêreld, volgens kenners. Waarlik `n meesterstuk.
ONDERWERP EN METODE
Die onderwerp hier is die misterie van lyding maar spesifiek vir die vrome/geredde. Ons het reeds verwys na die Hebreeuse poësie en die Vryheid daarvan. Dit is nie gebind deur rëels nie. In hierdie poësie tref ons dramatiese debat aan en passie wat styg en daal asook die verskeidenheid van persoonlike belang. Verder tref ons ook die vinnige veranderings in gedagtes aan teen die agtergrond van die natuur wat altyd teenwoordig is. Die boek Job kan ook `n dramatiese gedig genoem word wat in `n helderoman vervat is.
DOEL EN BOODSKAP
Die ontwerp van hierdie boek is om aan die mens God se goddellike plan met lyding te verduidelik. As Job geweet het wat die uitkoms sou wees van sy lyding voor dit begin het , hoe verskillend kon sy optrede dan gewees het? Maar hy het nie geweet nie en dit is wat hierdie boek sy betekenis gee. Die meeste mense wat dié boek lees mis die boodskap daarvan. Tussen die inleiding van die boek en die slot vind ons dat Job se toetsing ontstaan het by God en dat sy toetsing gelei het tot verryking en sëen. Daar is `n doel met al die wedervaringe en lyding van Job en ons behoort dit te weet. God het `n plan met alles en Hy het altyd die beste eindresultaat vir ons in gedagte.
JOB WAS NIE VERONDERSTEL OM TE WEET NIE
Job was nie veronderstel om te weet hoekom al die lyding oor sy pad gekom het nie. Dit was immers `n toets vir sy geloof en standvastigheid. As Job geweet het wat die doel van hierdie gebeure was sou daar nie plek gewees het vir geloof nie en kon hy nie soos gesuiwerde goud aan die einde uitgekom het nie. Ons moet verstaan dat daar dinge is wat GOD nie nou vir ons bekend kan maak nie, want die bekendmaking daarvan kan Sy plan omverwerp met ons. Net genoeg word terug gehou om geloof die kans te gee om te ontwikkel en te groei.
Hierin lê die boodskap van hierdie boek. Daar was `n verduideliking , wat Job nie van geweet het nie en nie van moes weet nie. Mense wat oor te min inligting beskik beskou die boek as `n problem sonder oplossing. Hierdie boek handel oor : hoekom die gelowige moet ly. Enige ander interpretasie kan jou op `n dwaalweg lei. `n interim antwoord op die vraag is dat lyding meewerk in God se plan vir die mens/mensdom en daarom `n waardevolle rol vervul in ons lewens en verhouding met God. Ons sal eendag wee twat God se doel was met lyding in ons lewens. Lyding is hier nie Juridies nie maar genesend, nie straffend nie maar verbeterend, nie wraakgierig nie maar dissiplinerend, nie `n straf nie maar `n bediening. Ons het hier `n tydelike antwoord en sal eendag van aangesig tot aangesig sien!
SëEN DEUR LYDING
Die sentrale tema van Job kan dan beskryf word as: Sëen deur lyding. Deur bittere lyding kom daar `n blye ontdekking. Die eie ek is oorwin en God is heerser en is bekend aan ons deur lyding. Hierdie boek is `n grootse illustrasie van Paulus se woorde in Romeine 8:28 – En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. Verder ook van Hebreers 12:2 – Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. Alles werk mee om te bereik wat God wil in ons lewens. Ons moet dit glo en aan Hom vashou om ons deur te dra en ons te lei op ons pad.
DIE BOEK JOB
INLEIDING
Job 1-2
DIALOOG
Job 3 – 42 vers 6
SLOT
Job 42: 7-17
Job- Openings klaaglied Job 3
Job se vroomheid/godvresendheid in voorspoed
Job 1:1-5
Eerste drietal:
Elifas vs Job – Hfst 4 – 7
Bildad vs Job – Hfst 8 – 10
Sofar vs Job – Hfst 11 – 14
Job – se bewese integriteit
Job 42:7
Satan – sy leun en sy boosaardigheid
Job 1:6-19
Tweede drietal:
Elifas vs Job – Hfst 15 – 17
Bildad vs Job – Hfst 18 – 19
Sofar vs Job – Hfst 20 – 21
Vriende – teregwysing op hulle sonde
Job 42:8
Job – sy vroomheid/godvresendheid binne in teespoed
Job 1: 20 -22
Derde drietal:
Elifas vs Job – Hfst 22- 24
Bildad vs Job – Hfst 25 – 31
Sofar vs Job – Hfst 32 – 37
Job – sy beëindigde ballingskap
Job 42:10
Satan – sy verdere boosaardigheid
Job 2:1 – 8
Familie – Hulle herstelde gemeenskap
Job 42:11
Job – sy vroomheid/godvresendheid in die ekstreme
Job 2:9 – 13
God se slot ingryping
Job 38 – 41
Job – Sy finale voorspoed
Job 42:12 -17
FEIT OF FIKSIE
Sommige mense reken dat Job nie `n ware verhaal was wat hom afgespeel het nie, maw dis nie `n feit nie en dat Job nie `n regte mens was nie. Ander reken ook dat `n gedeelte histories was en die ander gedeelte fiksie is, soos Shakespeare se werke. Job was `n regte mens en die bewerings dra nie eintlik water nie.
Kunsmatige getalle – sommige beweer dat Job se besittings – 7000 skape, 3000 kamele, 1000 osse en 500 donkies net kunsmatige getalle was en nie presies is nie. Die getalle mag wel ronde getalle wees, maar dit dui op Job se voorspoed.
Satan se gesprek met God – sommige mense betwyfel die gesprek tussen God en satan. Ons kyk weer later daarna.
Digkuns en kompleksiteit – sommige beweer die digkuns en kompleksiteit daarvan kon nie so gebeur het nie. `n week verloop voor Job en sy vriende met mekaar begin praat.
Die bewys – Esegiel 14:14 – al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE.
Esegiel 14:16 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou ‘n wildernis wees.
Eseg 14:18 al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word.
Eseg 14:20 al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
Jakobus 5:11 – Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Al die inligting in die boek Job is histories korrek en die waarheid.
Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za