Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za
1. INLEIDING
Die 17 historiese boeke wat die eerste deel van die Ou Testament vorm is nou agter die rug. `n Baie kleiner en verskillende groepering lê voor ons. Dit bestaan uit 5 poëtiese boeke nl. Job, Psalms, Spreuke, Klaagliedere en Prediker. In dié boeke tref ons volop vooruitsigte aan van baie interessante gebeure wat plaasvind. Laat ons net eers `n terugblik doen na wat ons reeds afgehandel het. Ons het reeds wonderlike insig opgedoen en saam met die volk Israel deur hoogtepunte en laagtepunte en deur lig en donker gegaan en kon hulle baie male jammerkry vir die situasies waarin hulle hulself bevind het. En gewoonlik was hulle self verantwoordelik vir die penaries waarin hulle was. Hoe God met hulle gehandel het en tot by die deel waar God hulle uit die beloofde land verwyder het.
Wanneer ons by die geskrifte van die Hebreeuse profete uitkom sal daar meer lig gewerp word op Israel se verlede en toekoms. Ons het die eerste 17 boeke van die Woord versigtig deurgewerk en bestudeer. Daar is sekere spesifieke kenmerke wat ons behoort te onthou. Die 17 boeke is verdeel in: 5 en 12.
In die drie groepe van 5, 9 en 3 het ons:
1. Voorbereiding – Genesis tot Deuteronomium
2. Besetting – Josua tot Kronieke
3. Vervreemding – Esra tot Ester
Elke boek het dan ook `n beskrywende woord wat die karakter daarvan aantoon nl.
1. Genesis – Gebrek
2. Eksodus – Bevryding
3. Levitikus – Toewyding
4. Numeri – Rigting
5. Deuteronomium – Eindbestemming
6. Josua – Besitneming
7. Rigters, Rut – Verval
8. 1 Samuel – Oorgang
9. 2 Samuel – Bevestiging
10. 1 Konings – Verbrokkeling
11. 2 Konings – Verstrooing
12. 1 en 2 Kronieke – Introspeksie
13. Esra – Herstel
14. Nehemia – Heropbou
15. Ester – Bewaring
2. DIE POËTIESE BOEKE
Die boeke het sekere kollektiewe karaktereienskappe. Die 17 boeke wat ons reeds bespreek het is histories. Die vyf poëtiese boeke is ervarings. Die 17 handel oor `n nasie as sulks. Die vyf poëtiese boeke handel oor individue, as sulks. Die 17 boeke handel oor die Hebreeuse volk. Die vyf het te doen met die mens se hart. Die 5 boeke is nie die enigste poësie in die OT nie, daar kom heelwat in voor in die geskrifte van die profete, maar ons kyk later daarna. Job, Psalms, Spreuke, Prediker en Hooglied is uitsluitlik poëties. Poëties verwys net na die vorm. Alhoewel die poësie is, is dit nie fabels nie maar feite. Die dui op ware menslike ondervindings wat deur goddellike persone gesê en geskryf is, soos hulle deur God bestuur is. Dit bevat dus geestelike waarheid.
3. GEESTELIKE VOORUITGANG
Dit dui op die geestelike vooruitgang van die volk. God het die volgorde bepaal van die boeke en Hy bepaal dat die volmaakte geestelike vooruitgang hierin gevind word. In die boek Job sien ons die dood van die eie ek. Deur smart, beproewing en droefheid en `n nuwe visie van God, kom Job aan die einde van Homself. Hy sien homself soos God hom sien. Sy eie lewe, met sy goedheid, sy redenering en eie godsdiens en eie alles word ontbloot en oopgevlek. Die man wat as die beste in die wêreld voorgestel word is ten einde laaste op sy aangesig in die stof, voor God.
In Psalms sien ons die nuwe lewe in God wat uitgedruk word in lofprysing en gebed, in bewondering en afsmeking en gebed in geloof, hoop en liefde, in vrees en vreugde en sang en sug en in elke faset van die hart van `n godellike mens. Daarna kom die boeke van Spreuke en Prediker. In Spreuke is ons in God se skool waar ons hemelse maar praktiese wysheid aanleer vir ons lewe op aarde, terwyl in Prediker ons gemaan word om nie ons hoop te vestig op die aardse nie maar op die hemelse. Die Hooglied van Salomo druk die soete intimiteit uit van die gemeenskap met Christus in die volheid van Sy liefde. In die vyf boeke het ons dus: die afsterwe van die self; die vlam van die nuwe lewe in God; die praktiese dissiplinering van die siel in die skool van God, die losmaak van die hart van wêreldse begeerlikhede en die ekstase van gemeenskap met die hemelse Bruidegom. Is dit nie wonderlike geestelike ontwikkeling nie?
Hierdie geestelike ontwikkeling is verpligtend in die ware Christen se lewe. Dit wat die Hooglied van Salomo beskryf kan nooit ondervind word alvorens dit wat in die boek Job verteenwoordig is ervaar is nie. Die dood is vreedsaam op sy eie, maar om te sterf is swaar. Die eie ek sterf nooit sonder `n stryd nie, maar die desnieteenstaande/desondanks/nietemin bring ryke seen. Of wanneer iemand homself `n Doulos slaaf noem is die eerste om sy/haar goedheid en swakheid te verafsku, tweedens om in die geloof te lewe van Jesus Christus, die seun van God en derdens is die onderwerping van jou eie wil aan die wil van Jesus Christus, die wysheid van God en vierdens die bevryding van die gees van die teenswoordige wêreld. Die hoogtepunt/klimaks is `n vreugde so groot dit is onbeskryfbaar in woorde van eenheid en gemeenskap met Christus.
4. VERDERE GEDAGTES
Elk van die 5 poëtiese boeke het ook `n beskrywende woord/frase wat dit saamvat nl.
JOB – Sëen deur lyding
PSALMS – Lof deur gebed
SPREUKE – Versigtige wysheid deur voorskrif
PREDIKER – Waarheid/egtheid deur gehoorsaamheid/nederigheid
HOOGLIED – Saligheid deur gemeenskap
5. HEBREEUSE POëSIE
Hebreeuse poësie is anders as ons eie op verskillende wyses. Baie van ons sin bevat beryming of alliterasie en ritme. In die Hebreeuse poësie is daar net parallelle idees. Dit kom in drie vorme voor: aanvullend, kontrasterend en konstruktief(opbouend)
Psalms – baie aanvullend – Psa 1:1 Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
Wandel Raad Goddelose
Staan Weg Sondaars
Sit Kring Spotters
Psa 19:7 (19:8) Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Psa 30:11 (30:12) U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;
Spreuke en Psalms het ook kontraste in (veral Spreuke):
Pro 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
Pro 27:6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur ‘n vyand is oorvloedig.
Pro 30:5 Elke woord van God is gelouter; Hy is ‘n skild vir die wat by Hom skuil.
Pro 14:11 Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
Positief, negatief
Tweede – kontrasterend met die eerste
Volgende keer : ons kyk na die boek Job, die doel en boodskap van die boek, seen deur lyding, die duiwel se gesprek met God ensomeer. Sien u volgende keer.