VIERVOUDIG

Volmaak – in Hebreeus – tam, vertaal “Perfect”

 

Niks kom kort nie – in `n horlosie of enjin, alles is daar wat nodig is, dit is `n geheel

 

Hy is nie net opreg nie maar ook vroom/godvrugtig/hemelsgesind

 

Hy was nie net vriendelik/minlik met sy familie nie maar opreg teenoor sy bure en weldadig gee hulp en ondersteun

 

Volmaak beteken ook – eenvoudig, opreg, vry van slinksheid en bedrog en bose planne teen sy medemens nie, het niks wat kort in sy lewe nie,

 

Job was steeds `n mens en feilbaar en hy kon fouteer soos toe hy onder druk was – sê God het weggeneem Job 1:21 –

 

Job 1:21 en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!

 

, bevraagteken – Job 2:10 , Job sondig met sy lippe.

 

Job 2:10 Maar hy antwoord haar: Soos ‘n dwaas praat, praat jy! Die goeie sou ons van God aanneem, en nie ook die slegte aanneem nie? By dit alles het Job nie gesondig met sy lippe nie.

 

Opreg – Upright, Heb. YASHAR

 

Vrees GOD, Heb. YARE, diep respek vir God, ware geloof in die Woord van God wys op vrees.

 

Vermy/ontwyk die bose, Heb. Sur – weier, bêre dit, rebelleer daarteen, verwyder dit

 

HOU VAS

 

Die storie van die vlieenier wat met `n klein vliegtuig gevlieg het in Amerika. Saam met hom was `n mede vlieenier.

 

Hy hoor n geraas en handig die stuur oor aan sy mede vlieenier om ondersoek in te stel. Met die val die ligte vliegtuig agv n lugleegte en die vlieenier val. Hy val teen die deur en sien dat dit die deur was wat so geraas gemaak het en dat dit nie behoorlik toe was nie. Hy is by die vliegtuig uitgesuig.

 

Die mede vlieenier het die lughawe gekontak en gereel vir soek spanne om te help soek in die see. Hy maak `n noodlanding en vra vir n helicopter om die vlieenier te gaan soek.

 

Na die landing ontdek hulle die man wat steeds vashou aan die leertjie buite die deur. Op n manier het hy die leertjie vasgegryp en vasgehou vir sy lewe. Hy moes vir 10 minute vashou teen `n speod van 320 km/h ongeveer 2000meter in die lug. Hy moes keer met die landing dat sy kop nie die landingstrook tref nie. Dit het `n paar minute geneem om sy yskoue vingers los te kry van die leertjie af. Asimakopoulos se woorde: dinge in die lewe mag onstuimig en baie moeilik wees en jy mag dalk voel dat jy nie meer kan vashou/dit uithou nie, maar het jy die alternatief oorweeg?

 

Dit is die vraag vir ons, wat is die alternatief vir God? Is ons bereid om te dobbel met ons toekoms, met ons geestelike lewe soos dit is. Of moet ons soos Job maak?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00