JAKOBUS DIE BOEK:
INLEIDING
Hoe teenstrydig interrsant is die boeke in die N.T. nie van mekaar nie, terwyl Hebreers die noodsaaklikheid van geloof beklemtoon is Jakobus daar om aan ons te sê toon ons ou werke en ons sal jou geloof sien. Dit bring ‘n versigtige balans van die volheid van die Evangelie. 1 Petrus beklemtoon die toekomstige hoop, en 2 Pet. beklemtoon geestelike groei in die genade.
Johannes aan die ander kant beklemtoon die liefde van die Here en Judas tevredenheid in ons geloof. Die balans van geloof en goeie werke en die tokomstige hoop met geestelike groei en broederlike liefde met ‘n tevredenheid met wat die Here my bied.
WIE WAS JAKOBUS?
Die naam Jakobus kom 40 keer in die N.T. voor en verwys na drie persone: 1) Jakobus die seun van Sebedee en die broeder van Johannes. 2) Jakobus die seun van Alfeus. 3) Jakobus die half broer van die Here Jesus.
Die eerste Jakobus was dood gemartel deur Herodus Hand.12:2. Hierdie jakobus was die broer van die Here Jesus wat die eerste modirator geword het en bekend gestaan het as ‘n man van gebed.
SY PROMINENSIE:
Daar is soveel ooreenkomste in wat ons van hom sien in Handelinge en wat ons van hom hoor in sy brief. In Hand.12:17 lees ons dat Petrus na sy wonderbaarlike vrylating uit die gevangenis by die biduur groepie gekom het en aan hulle gesê het dat hulle aan Jakobus en die broeders moet gaan vertel wat gebeur het. In Hand 15 sien ons dat Jakobus ‘n voorstitter stoel posisie beklee het by die eerste senode sitting.
In hfst.21 dat toe Paulus na Jerusalem gekom het na sy derde sendingreis het hy na Jakobus gegaan en dat die ouderlinge teenwoordig was. Wat sy prominensie verduidelik.
KOM ONS KYK NA DIE BOEK SELF:
Die uitkyk van handelinge is dieselfde as die van Jakobus. Die boodskap is in beide briewe duidelik dat individeule redding deur die geloof is Christus. Dat die heiedene nei die wette moet onderhou nie, maar dat hulle aan die grondbeginsels van redding moet vashou.
SY MARTELSKAP:
Hy was dood gemartel. Dit het waarskynlik tussen die dood van Festus en sy opvolger plaasgevind. Dit was weer dieselfde Annas wat die Here jesus laat kruisig het wat ook genoeg klagtes van verbreking van die Joodse wette saamgestel het wat Jakobus ook laat stenig het. Jakobus was deur Skrifgeleerdes en Fariseer uitgesleep uit sy stoel uit en tot die dood gestenig was.
SY EERSTE LESERS VAN SY BRIEF:
Ons moet onthou dat die wat die brief gelees het die was wat Christene geword het en nie as Jode geken was nie. Daar was ‘n groot kloof tussen die messiaanse Jode en die bekeerde heidene. Sy boodskap was eerder ‘n reiniging as teenstelling bedoel, die wat in Jerusalem teenwoordig was op Pinkster het so ietse meer met hulle saam geneem as net die boodskap van die Here Jesus se redding.
Die boodskap wat versprei het na die steniging van Stefanus het soveel meer momentum gebring en tog in baie opsigte nog onvolledig. Dit was net aan die Jode gepredik met ‘n nuwe visie vir ‘n verloregaande wereld.. Dit het jare geneem bvoordat hierdie bekeerde Jode totaal van die Sinagoges weggebreek het soos ons ook nou nog vind met tradisies wat uit Roomse agtergronde die kerk geinfiltreer het.
Hy het juis tot hierdie bekeerde Jode geskryf wat nog uit Joodse tradisies gekom het , en het dieselfde berisping en leiding nodig soos in die O.T. deur die profete geleer was.
AANGAANDE DIE BRIEF SELF:
Die vrief is aan die twaalf stamme wat verstrooid is gerig. Dit was Jode wat in ander plekke as Palistina gefunksioneer het. Die sleutel doel kan vanuit die eerste en laaste gedeelte van die boek gelees word. Hy skrywe aan hulle as President van die kerk.
Hy begin met die woorde ag dit louetere vreugde: as julle in allerhenade versoekinge val. Hy sluit af met die woorde in die boek: “laat hy wat dat die een wat ‘n sondaar van sy dwaalweg bekeer, ‘n siel uit die dood sal red en ‘n menigde sondes sal bedek.”
DIE ARGUMENT EN TEMA VAN DIE BOEK:
Ware Christen geloof moet in praktiese lewens uitgebeeld word. Deurentyd ord die fokus op geoeie werke geplaas. Jakobus se nie dat deur geoeie werke ons heel toe sal gaan nie maar dat goeie werke ‘n toonbeeld van ware redding is.
Die tema van hierdie brief is die bewys van ware geloof. Hy skryf in teerheid as hy van broeders of geliefdes praat.
ANNELISE EN KOMMENTARE:
Jakobus stel dit vir ons duidelik dat die eerste bewys van ware geloof en verdraagsaamheid met versoeking. Die hele boek gee vir ons die duidelike bewyse van ware geloof.
Die van versoekinge in hfst.1
Die van gelyke hantering van rykes en armes as bewys van ware geloof.
Die beheersing van die tong as bewys van ware geloof. Een van die aangrypendste gedeeltes van die N.T.
Dan goddelikheid in alle dinge.
HOOFINDELING VAN HAFST.1:2-18
Jakobus hanteer die versoeking nie in intergiteit
van karakter nie maar in toegweing aan sonde.
1) Die natuur van sonde Vs.13 Is om toe te gee.
2) Die oorsprong van sonde: vs.14 Versoeking kom van die bose.
3) Val in versoeking en gaan nie vaself daarin nie vs.2
4) Die aard van versoeking: Allerhande Vs.2 Verskeidenheid
5) Die berekening: Ag dit loutere vreugde Vs.2 Ons ag dit vreugde wanneer ons van versoeking kan wegvlug, hier sê hy wanneer in allerhander versoekinge val.
Die toets is ‘n wonderlike geleentheid om ons geloof te toets.
6) Die doel: Vs.3 Omdat versoekinge lydsaamheid bewerk.
7) Die seen: Die wat nie wegvlug van versoekinge nie maar dit oorkom is geseend.
DIE BEREKENING:
Jakobus nooi alle Christene uit om te reken: Ag dit.
1) Die Here se berekening:
1) Hy reken dit as identifisering: Job met sy siekte was as vyand gereken Job.19:11:33 en ‘n vreemdeling en vyand Job.19:15 so het die Here die Here Jesus op die kruis gereken ssodat ons gereken kon word – as vyande van die duiwel.
2) Sy berekening van geregtigheid:
3) Abraham het in die Here geglo en dit is hom tot geregtigheid gereken.
4) As berekening van vertroosting Hy reken:
a) Gelowiges: As die sad van die belofte: Rom.9:8
b) In al ons wee: Job.31:4.
c) Elke haar op ons hoof is getel: Matt.10:30
d) Hy reken die plek van ons geboorte: Ps.87:6
e) Hy reken Sy diensknegte as geseendes: 1 Tim.1:12.
f) As ouers: Fil.1:17
ii) Die Christene word gereken:
1) Bloed: is kosbaar: 1 Pet.1:19.
2) Die Here se gedagtes is kosbaar: Ps.139:17-18.
3) Hyself as ‘n offer is kosbaar: Hand.24:20
4) Alle menslike waardes is kosbaar vir die Here: Fil.3:7
5) Voorbereid om onderskat te word: Om alles as drek te beskou. Fil.3:8.
6) Bereken die koste van lojaliteit. Luk.14:28.
7) Beproewinge is gunstig: Jak.1:2.
GEDULD:
Lydsaamheid: Beteken om lank te verdra, om geduldig te wees, om uit te hou, en kom in die passiewe tyd voor.
Sy aktiwiteit: 1:3-4. Dit werk ook. As ons dit ten volle toelaat sal ons vinnig tot volwassenheid kom.
Die be-oefening: 5:11 Sien die einddoel dat die Here vol medelye en ontferming is
Ons voorbeeld: Job is voor ons as illustrasie gebring. Hy het totse geken en nie sy verhouding met die Here laat versteur nie
1) DOEL VAN BEPROEWING:
1) Versoekinge bring lydsaamheid.
2) Lydsaamheid bring volwassenheid.
3) Wysheid werk saam met geloof.
2) DOEL VAN LERING:
1) Geloof is iets substansieël.
2) Waarskuwing teen dubbelhartigheid.
3) Warskuwing teen hoogmoed.
3) SALIGHEID VAN OORWINNING:
1) Die oorwinning oor vesoekinge.
2) Die blik op versoekinge.
3) Die gevaar van versoekinge.
Onthou dat die kerk nou net tot stand gekom het, dat hierdie bekeerde Jode nog moet leer wat die werking van die Heilige Gees is en dat hulle in baie moeilike situasies gedwing is met die verwerpingvan beide hule eie mense omdat hulle gered geword het en met die verwerping van die heidene wat weerstand bied teen die evangelie. Paulus verklaar tog aan ons alte mits dat die kruisboodskap vir sommige tot die dood lei en vir ander van die dood tot di lewe.
Nou is hulle gered en is vertrooi oor die hele klein Asie en nou begin om hulle Christenskap uit te leef en verstaan nie wat met hlle gebeur nie. Daar is sommige eienskappe van die vrug van die Heilige Gees wat ons eenmalig ontvang die eerste drie teenoor die Here nl. liefde blydskap en vrede
Dan die vrug teenoor die medemens lankmoedigheid vriendelikheid, en goedheid, dit teenoor my medemens.
Dan getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing teenoor myself
Hoewel ek hierdie vrug as ‘n eenheid ontvang is dit nodig dat hierdie vrug tot volwassenheid moet voortgaan en kos daar sekere dinge wat met jou en my moet gebeur wat ons aanspoor om met die Here te wandel sodat my vooruuitgang aan alle mense bekend mag word.
Jakobus se vir jou en my dat ons dit as ‘n voorreg moet beskou as hierdie negatiewe dinge ons treiter omdat dit tot die beveordering van die Evangelie lei.
Ons leef in die tyd dat die New Age denke die kerk ook geinfiltreer het en dat alle wat negatief is van my weggestoot moet word, die Here sê dat Hy hierdie dinge na my laat aankom sodat Hy karakter in ons kan bou.
As ‘n boom nie droogtes kry nie kan sy wortels nie goed ontwikkel nie, dit wat nie sigbaar is nie, bring mee dat die sigbare vir jou van die misetreuse vertel. Beproewinge is die droogte tye wat die Here oor jou en my pad stuur en hy gebruik ‘n interesante tyd wanneer hy dit beskrywe: Aangaande die beproewinge is dit in die passiewe tyd geskrywe wat beteken dat ek en jy dit nie an beheer nie, verder se hy dat jy en ek daarin val, dit is a.g.v. die sondeval dat hierdie misver-stande en konflikte kom, dat mense my wil verkeerd opvryf en daar spanning soms onstaan.
Dit is verder ook passief omdat die Here aan jou en my die keuse stel om te reageer in hierdie situasies. Dit is verder belangrik dat die here die beheer oor die beproewing het en dat dit verder ook in die aktiewe tyd beskrywe word, nl, dat beproeweinge aanhoudend oor ons lewens sal kom, nie omdat die Here jou en my in ‘n oond wil hou nie, maar soos wat ek Hom toelaat in my lewe so sal Hy met toets.
Hy wil Sy vrug in jou en my lewe ontwikkel en is daar soms vrae in ons gemoed, waarom laat die Here hierdie omstandighede oor ons lewens toe. Jakobus wil aan jou bevestrig deur te sê dat jy weet dat hierdie beproewing its in jou hart kom doen. Dit werk lydsaamheid mee.
Dit is nie net voldoende dat ons lydsaamheid het nie, dit moet tot volle ontwikkeling kom deur beproewinge en toetse wat oor jou en my pad kom.
Nou is daar ‘n tweede aspek wat Jakobus vir ons uitlig: Wyseid: Binne die konteks van beproewinge het ons wysheid nodig. Wysheid is kennis in praktyk, moet ek nie op my eie kragte reken nie, maar diep van die ere afhanklik wees, dat ek dit van die Here afbid.
Hierdie gebed is nie ‘n prewel gebed nie maar ‘n verwagtende gebed, om van die Here te ontvang.
Geloof word aan standvastigheid gekoppel standvastigheid omdat ek weet in wie ek glo en waarin ek glo. Twyfel is ‘n bewys van onstandvatigheid. As ek weet wie die Here is deur my lewens ervaring, dan weet ek dat Hy goeds vir my bedoel alles werk ten goede mee maar nie alles is noodwendig goed vir my nie.
As ek onstabiel is omdat ek nie totaal op die Here vertrou nie, is dit ook waar dat ek niks van die Here sal ontvang nie, hierdie persoon se Jakobus in die lig van Hebreers dat ek vleeslik is en dus dubbelhartig is en dat hy onbetsendig of onbetroubaar in sy wandel is.
Vs.9 daar is ‘n roem of trots wat regverdig is nie in dit wat ek gedoen het nie maar in dat wat die Here vir my kom doen het. En dat die wat het in hulle geringheid mag roem. Ons besef dat ons maar stof is en dat ons lewnes so gou sal verbygaan.
Die son gaan op in sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die mooiheid van sy lewe vergaan en dit verwelk.
Dan salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy beloning ontvang nie net in my karakter bou nie maar ook in die toekoms.
Vs.13 Daar is drie belonings wat vior ons wag: Die beloning van karakter, die beloning van ‘n kroon en dan die beloning van standvastigheid.
JAKOBUS 2
INLEIDING:
In hierdie brief is Jakobus besig om Christenskap na die praktyk deur te trek. Uit Rom.2:13 is dit duidelik dat Paulus vir ons sê daders van die Woord beteken in sy basis betekenis dat jy en ek die Bybel moet begin gehoorsaam. Dat ons nie ons eie ding wil doen nie, maar dat ek myself sal onderwerp aan die basis beginsels van die Woord, Een daarvan is dat jy en ek die Sabbat van die Here moet gehoorsaam, dat ons so aan die Here weggegee sal wees dat ons Hom in liefde sal soek met alles wat in my is.
Dit is juis die argument van soveel mense toon my ‘n Christen wat ‘n lewe het en ek sal dit navolg. Daar is so ‘n skaarste aan daardie kwa-liteit Christenskap wat ander weer dors maak om die Here absoluut te gehoorsaam, dat ander nie meer ‘n honger na die Woord van die Here het nie.
Ons toon ons gebrekkige oorgegewenheid deur allerhande versko-nings aan te haal hoekom ek nie meer so nougeset moet leef soos voorheen nie, hoekom my siening oor soveel dinge verander het en word die gedagte deurgegee dat ek volwasse geword het terwyl ek eintlik besig is om uit te verloor.
Mag die Here ons help om saam met Openbaring te kan sê: Die wat oorwin, of volhard, sal ek gee.
In die boekie IN HIS STEPS het hierdie geweldige uitdaging voor ‘n klompie besigheid manne getaan nadat die Here ‘n eenvoudige insident gebruik het om hierdie gesogde leiers van die dorp te konfronteer met die realiteit wat sou die Here Jesus gedoen het, en hulleself die vraag ag te vra: Wat sou die ere Jesus gedoen het
Dit sal beteken dat ek ‘n passie en ‘n las vir die verloregaande wêreld sal hê en my broeder ondersteun en bystaan. Dit sal beteken dat ek ons sal leer om mekaar te dien.
Christen volwassenheid word aan sekere riglyne gemeet: Vir jare het ons ni na volwassenheid gekyk nie weens die feit dat klein kimdertjies altyd aantreklik en pragtig is ook miskien omdat dit in vandag se tyd skaars geword het om Christen volwassenheid te kry.
Kinder dissipline kan nog maklik toegepas word, maar om ‘n volwaase te leer is so moeilik. Ook is volwssenes so stagtig in entosiasme.
In die boek In Sy Voetspore het daar ‘n boemelaar by ‘n baie wel gestelde kerk aangekom em het uiteindlik in die pastorie gesterf, dit het die hele gemeenskap geskud en almal begin afvra wat hulle rol en doel is in die kerk sowel as in die gemeeskap gaande weg het die Here elkeen oortuig van sondes en begin toelaat dat die Here met elken afsonderlik in sy eie situasie te praat, ‘n geweldige werkl het tot stand gekom.
DIE DAARSTELLING VAN ‘N LIGGAAM IN DIE KERK:
Die Here het mense gekies om Sy werk tot stand te bring op aarde. Hy is nie beperk in hierdie plan nie maar het Hy geen hande maar ons hande nie. Daar moet ‘n struktuur tot stand gebring word sodat SY saak met meer momentum en beslis bestuur kan word. Dit moet gedoen word in die lig van die doel van ‘n kerk.
1) DIE AARD VAN ‘N KERK:
A) DIE FONDASIE:
Die Here Jesus het verklaar dat Hy ‘n kerk sal bou op mense soos Petrus wat ‘n persoonlike openbaring van die Here Jesus gehad het en bereid was om dit openlik te verklaar. Matt.16:13-19. Dit is die wat die sleutels tot die koninryk van die hemele het, en sal met eindlose toerusting toegerus word as hulle bereid is om te gaan. Die hel sal nie teen hulle staande kan bly nie. Die kerk se begin is in ‘n openabraings verantwoordelikheid en gaan voort deur Goddelike krag.
B) DIE KINDERS VAN DIE HERE:
Dit is die begeerte van die Here dat Hy besondere persone opwek lees gerus Deut.26_18-19 Hulle is die gekoses wat ‘n koninlike priesterdom beklee 1 Pet.2:9-10. Al die organiesasies binne die kerk moet toelaat dat die kinders van die Here hierdie kwaliteit begin ontwikkel. Mense wat heilig en eenkant gesit is vir hierdie doel. Hulle opdrag is om die dankbaarheid van die Here te openbaar en mense uit die duisternis tot Sy wonderbare lig oor te bring. Lig is die tradionele simbool van kennis en waarheid, en stel dus die bediening van Christen opvoeding voor.
C) DIE LIGGAAM VAN CHRISTUS:
Die kerk vorm die liggaam van die Here Jesus Efe.1:22-23. Dit is op hierdie manier wat die Here aan mense geopenbaar word. Die kerk dra hierdie kommunikasie uit soos die Heilige Gees in elke individu dra. Dit is die diepste en mees effektiewe manier wat die vangelie oorgedra word.
Ons sien hierdie effek in Pinkster toe elkeen van die Here Jesus gehoor het in sy eie taal Hand.2:8 en hulle gered geraak het. Dan is dit ook om myself so aan die Here oor te gee soos die Here Jesus ‘n voorbeeld van was Fil.2:7 Hierdie is ‘n opdrag deur sulke voorbeel-de te stel en ander dorstig mag raak om die Here te soek.
Om die liggaam van Christus in hierdie wêreld te wees is om SY wil te doen Dit behels die volgehoudenheid van Sy wil te doen in ‘n volgehoue verhouding omdat Hy deur hierdie krag effektief kan werk.
Dit is die sigbare uitingvan die Here om Sy wil te doen. Dit vereis ‘n volgehoudenheid van ’n verhouding met die Here omdat dit Hy is wat krag verleen en effektiewiteit aan persone gee in Sy organisasie.
D) DIE GEMEENSKAP VAN DIE HEILIEG GEES:
Koinonia word as gemeeskap vertaal word gebruik om die werking van die Heilige Gees te vertaal om die mens met Hom te verenig, en word in die kontaks van die kerk beskrywe. Dit beteken in kort om die wil van die ere te ken en te doen.
Dit word in veskeie kotekse in die Bybel gebruik. Rom.15:26 Word dit gebruik om na die armes om te sien. In Hebr.13:16 en Fil.6 word dit gebruik in die gee van ware geloof aan mense. Paulus gebruik die terme om die venootskap in die Evangelie te verduidelik Fil.1:5 en se begeerte om te deel in die Lyding van Christus Fil.3:10 Vanuit die studie van hierdie terme het Donald Butler die gevolgtreking gemaak dat die kerk nie ‘n plek van aftrede is nie, maar om aan die brand gesteek te word om te gaan en verantwoordelikhede te dra.
E) DIE AANBIDDING WAT IN ‘N
GEMEENSKAP GELEER MOET WORD:
Die woord leer is belangrik omdat die kerk daargestel word om mense te leer en te onderrig en is prediking en lering nie teenstyrydig teen mekaar nie.
F) DIE OPDRAG AAN DIE GEMEENSKAP:
‘n Versigtige studie van die Goort opdrag is: Matt.28:16-20 openbaar die doel van ‘n kerk en dit is: 1 Aanbidding; 2) Evangelisasie, 3) Opleiding en 4) Gemeenskap. As ons die opdrag van die Here Jesus in ag neem om net ‘n beker koue water en die hongeriges te voed, kan ons dan nog iets byvoeg: 5) Diensbaarheid. Die kerk word beveel om hierdie beginsels toe te gaan pas.
2) DIE IDEE VAN ORGANISASIE:
A) DIT IS ‘N GODDELIKE MENSLIKE STRUKTUUR:
Daar is die wat wil sien dat die kerk ‘n ideale geestelike mag moet wees, en dat dit geen materieele struktuur nodig het nie. Mensliks organisasie moet nie in stryd wees met die kosbare Heilige Gees se werkinge nie. Die kerk moet funksioneer te midde van ander omstandighede.
B) DEFENISIE:
Menslike organisasie is die rangskikking van persone om meer aktief in die werk van die Here te staan, sordat die werk meer effektief georganiseerd kan voort gaan. Mense is soos matreiaal wat gerangskik moet word om so vinnig en effektief moontlik te kan werk.
JAKOBUS: 2
NUTTELOOSHEID VAN GELOOF SONDER WERKE:
INLEIDING:
Dit is beide wonderlik en interresant om te sien wat Jakobus te sê het aangaande die Bybel. Om alles bymekaar te voeg kry ons ‘n goeie studie.
A) SY NAME:
1) Die Woord: Sy oorsprong: 1:18 “Hy ons voortgebring deur die Woord van die waarheid, sodat ons die eerstelinge van Sy skepsele kan wees.”
Die Woord bewys outoriteit, en is die reslutaat van die verstandelike en gesproke beoefening van ‘n persoonlike wese. In die Woord leer ons die oorsprong van die Here self.
2) DIE WET:
1:25 “Maar hy wat diep insien in die volmaate wet van vryheid en daarby bly, hy sal omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.”
Wat ‘n teestelling is die wet: Dit moedig beheer of teëhouding aan. Hier word die wete van vryheid genoem: Wat onder ‘n paar punte waargeneem kan word:
i) Die weerhouding van die Boek: – Die wet
ii) Die vryheid van die Boek: – Wet van vryheid.
iii) Die volmaaktheid van die Boek: – Volmaate wet.
iv) Die outoriteit van die Boek: – Dit behels dat iemand die wet moes ingee: die Hers self.
3) WAARHEID:
Die finalitit van dit: 1:18. Dit is die Woord van waarheid – wat sy finaliteit voorstel. Beide die Here Jesus, die lewende Woord en die Bybel, en die geskrewe Woord is Waarheid.
4) DIE OORDEEL:
Die beoefening daarvan 2:12. Die woord verklaar ‘n nuwe gedagte: maar beklemtoon wat onse Here Jesus verklaar: Joh.12:48. Die Woord van die Here sal ons oordeel wees in die dag van die Here.
B) SY HANDELS WYSE:
1) OORTUIGING: 2:9
Die oortuig ons van ons oortredinge.
2) GENEREER: 1:18
Ons word deur die Heilige Gees wederbaar deur Sy Woord. Die Woord is die groot genereerder middel.
3) INPLANTING: 1:21.
“Doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ont-vang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat instaat is om julle siele te red.”
Die woord ingeplanting is voorgestelde spraak, dat op die basis van ons natuurlike lewe, het die Here Sy Woord ingeplant en plaas Sy eie lewe in ons. Dit verwys na die innerlikheid van Sy handeling van die Woord.
4) ENERGIE: 1:25
Die aanhaling wet van vryheid stel krag en energie voor. Die wet staan vir krag, en energie.
III) ONS GESINDHEID:
1) ONDERSOEK: 1;25
Hy wat diep insien in hierdie en ook in vs.23 is die Woord om soos in ‘n spieël in te kyk wat ons waarneem, en die omvang van dit wat ons ondersoek.
2) HOOR: 1:23
‘n Hoorder is van die Woord. Wat ‘n vorreg is dit om Sy Woord te hoor.
3) ONTVANG: 1:21
Om die Woord te hoor is nie voldoende nie, ons moet dit met sag-moedigheid ontvang.
4) DOEN: 1:23
Hoe prakties is Jakobus nie. Ons moet nie net tevrede wees met hoor nie, ons moet doen wat ons hoor.
GELOOF EN WERKE:
JAK.2:14-26
Dit is die hart van hierdie brief. Bewys dat lewende geloof word deur die vrug van ‘n mens se lewe bewys. Baie reken dat Jakobus hierdie brief geskywe het uit die briewe van Paulus wat verklaar dat ons deur die geloof geregverdig word, soos in die brief Romeine geskrywe staan.
Ons weet dat Jakobus sy briewe heelwat vroeër as Paulus geskry-we het. Daar is geen konflik tussen hierdie twee briewe nie. Die een is so uniek soos die ander. Geloof en werke is so onafskeidbaar as deel van ‘n Christen se lewe.
Die verhaal van die twee besigheid manne wat elke week op die rooi boodjie gereis het na ‘n bestemming. Elk het ‘n standpunt ingeneem, die een geloof die ander werke en elke week was daar ‘n hewige danat, todat die eienaar van die rooiboot wat hulle elke week oor die meer neem besluit dat hy iets aangaande hierdie saak moet doen. Toe hulle op ‘n moeilike punt in die meer kom was die argument geloof en hy het op die rooispane geloof en werke geverf.
Hy druk geloof in die water en die bootjie draai al in die rondte, die insittendes beveel toe aan dat hy die ander rooispaan in die water moet druk en doen dit maar hulle die spaan van geloof uit die water, waaop hy weer in die rondte draai en toe bring hy sy boodskap oor dat geloof en werke loop hand aan hand.
1) ‘N LEWENDE GELOOF:
Werke is ‘n bewys van ware lewe in geloof. Die moontlikheid van dooie geloof word hier verklaar. (14; 15; 17;18; 20; 26) Net soos lewe in ‘n liggaam getoon word deur die beweging in die liggaam word geloof getoon in sy lewendheid deur werke.
2) ‘N WINSGEWENDE GELOOF:
Werke maak geloof winsgewend 14. Wat baat dit? Is ‘n groot vraag. Hier het ons bate wat met geloof geassosieer word. Dit is belangtrik dat ons ‘n winsgewende geloof het.
3) ’N WERKENDE GELOOF:
1) Geloof lei tot siddering:19
Ware geloof lei ons om die Ware en lewende God te aanbid. Waarna lei so ‘n geloof? Dit laat die duiwels sidder. Die duiwels glo ook en hulle sidder. Laat jou geloof in die bestaan van die Here jou sidder?
2) Geloof lei tot odffer? 21
Abraham se geloof het hom na Moria gelei, waar hy sy seun moes offer. Ware geloof sal ons na Golgota lei, waar ons die offer wat die Here Jesus gemaak het verwag.
3) Geloof lei tot regverdigmaking: 24
Dit is ware lewende geloof.
iv) DIE VOLTOOIDHEID VAN GELOOF: 22
Geloof kan tot volwassenheid lei. Die bewys van ‘n sterk volwasse geloof sal in ‘n verskeidenheid van werke gesien kan word.
DAAR IS GENADWERKINGE VAN DIE HERE IN ONS LEWENS:
* Hy het ‘n plan van verlossing vir ons bewerk
* Hy het vir ons sondes gesterf.
* Hy vergewe ons ons sondes.
* Hy lei ons in ons weë.
* Hy staan ons by in tye van beproewinge.
* Hy werk in ons sowel as om te wil na Sy welbehae.
* Hy bring ons by ‘n plek van ‘n begeerte na ‘n dieper werk van reiniging.
* Hy gee liefde in ons harte vir ons medemens.
* Hy beweeg ons om onsself beskikbaar te stel vir diensbaarheid.
* Hy plaas ‘n begeerte om Hom te behaag en om elke dag vir Hom te leef.
*Hy vervul ons met leiding om Sy wil te ken.
* Hy wys ons op die realiteit van die wederkoms ens.
ONS TOON WERKE VAN GENADE TEENOOR ONS MEDEMENS:
* Ons kan vir ons medemense bid.
* Ons kan die siekes besoek.
* Ons kan omsien na die in nood.
* Ons kan die wat honger is voed.
* Ons kan die wat in gevangenisse is besoek.
*Ons kan bloot net die gesindheid van die Here Jesus teenoor ons medemens openbaar.
* Ons kan getuig en onnself beskikbaar stel om andere vir die Here Jesus te bereik soos uitreikings te reel en iets vir die Here Jesus tot stand te bring.
Die Here Jesus sal ons beloon vir alles wat ons in liefdevolle geloof geopenbaar het teenoor ons medens dink aan ie verhaal van die Barmhartige Samaritaan. Luk.10:25-37
ABRAHAM WAS AS ‘N VRIEND VAN DIE HERE BESKOU:
Jak.2:23
‘n Nie wereldse gesindheid toon dat ons aan die kant van die Here Jesus staan, en dat ons ware reddende genade het.
Die gedagte dat die ere ‘n vriend nodig het word in Abraham se lewe gevind:
Wat is die beginsels van ware vriendskap met die Here:
1) Vertroue: Daar kan geen ware vriendskap wees sodner ‘n vertroueens verhouding nie. Dit is die fondasie. Vertroue is die kind van kennis. Hoe meer ons ons vriende ken die meer sal ons die vertrou. Geloof is die gebin van vriendskap met die Here.
2) Liefde: Vertroue alleen sall nie alleen ‘n idelale vriendskap kweek nie. Liefde is noodsaaklik. Daar moet ‘n ware vriendskap met die Here gekweek word.
4) Openhartigheid: Vriende is openhartig teenoor mekar, dit beteken dat ek alles van die persoon weet en tog die persoon liefhet. ‘n Vriendskap wat nie waarheid kan dra nie, het geen waarde nie. Vriendskap met die Here verwelkom waarheid.
5) Opoffering: Om tot die punt van ware opoffering te kom, en daar-om is ware vriende lief om geskenke aan mekaar te gee.
6) Lojaliteit: Ware vriende sal vir mekaar opstaan veral as die een van die ander afwesig is.
7) Langdurig: Vriendskap is nie bedoel om van korte duur te wees nie, maar sal die toets van tye deurstaan.
DIE TONG:
INLEIDING:
Die tong is die sterkte spier in ‘n mens se liggaam en is die instrument wat die meeste seeninge of skade aan mense kan bring. Uit Jak. 3 is daar drie belangrike aspekte wat oor die tong vir ons melding gemaak van word.
Hy begin moet ‘n opskuddende stelling dat die tong in sy nugtere waarneming:
Socrates Hoe om jou mond te hou en hoe om te spreek.
1) DIE TEKEN VAN VOLWASSENHEID: VS.2
A) DIT KAN DIE HELE LIGGAAM BESMET:
i) Dit is soos ‘n vuur.3:6 Dit stel die hele wese aan die brand soos vanuit die hel
ii) Dit is ‘n wêreld van ongeregtigheid.3:6 Dt besoedel die hele wese van die mens.
iii) Dit is vervul met dodelike gif: 3:8
C) DIE VERSKRIKLIKE MOONTLIKHEDE:
D) DIT KAN VERVLOEK EN SEEN 3:9-10
E) Dit is ‘n fontein wat twee soorte waters kan oplewer. 3:11.
2) WYSE RAAD:1:19; 3:13-18
Hy wys daarop dat ‘n volwasse persoon is stadig om te praat, en vinnig om te luister. Watter wyse woorde.
Dinge kan getem word, maar die tong kan nie getem word nie alleenlik die Here Jesus self.
3) ‘N Hartseer belydenis: 3:7-8
Baie lewende dinge kan getem word, maar die tong kan nie getem word nie.
4) DIE WONDERLIKE MOONTLIKHEDE: 3:3-4
1) Dit is soos ‘n klein toom.
2) Soos ‘n klein roer. Wat skepe begelei.
1) DIE VOLWASSE TONG:
1) Dit is stadig om te praat vinnig om te luister. Woorde met sout besprinkel
2) Dit is beheersd: Dit spreek net dit wat rigting gee. Dit seen i.p.v. vervloek
3) Dit word gelei soos ‘n skip se roede gelei word. Dit soek die wil van die Here op en wil dit aan mense deurgee. Laat jou ja ja wees en nee nee.
2) DIE VERNIETENGENDE TONG:5-8
1) Die klein lid steek ‘n bos aan die brand. Prisipaal van ‘n Bybel kolledge wat student ‘n stelling gemaak het wat die bedining van hierdie Godsman beteken het.
Steek die wêreld van ongeregtigheid aan die brand.
2) Dit besmet die liggaam se lewensloop: Daar is oor en oor bewyse van die effek van besoedelde lewe en hart wat ook uiting gee aan die persoon se voorkoms.
3) Dit is ‘n onbedwingbare kwaad vervul met gif
3) DIE VERWARRING VAN DIE TONG:
1) Dit kan aan die eenkant die Here loof en daarmee mense vervloek.
2) Dit is soos ‘n fontein wat bitter en vars water oplewer.
3) Dit kan nie veranderde vrugte voortbring nie.
JAKOBUS 3:13-18
INLEIDING:
Wie is wys en verstandig onder julle?
Hierdie is ‘n aanhaling uit Deut.1:13 en 4:6. Die woord wys is die een wat kennis ontvang en kan toepas in sy lewe.
Bittere afguns: Dit is ‘n karakter eienskap wat gevorm is deur slegte gewoontes of sondes wat verskoon is in die persoon se lewe.
Dwaasheid is om in jou eie wysheid te roem, wat jou hele optrede as leuen bewys.
Hierdie soort wysheid is nie wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, sensasioneel (natuurlik), en duiwels.
Aards beteken dat dit omsien na die aardse belange, Fil.3:19 en natuurlik word ook as dierlik vertaal 1 Kor.2:14 en duiwels omdat dit vervul is met trots, egosentriese lewe, en vleeslike ambusies, wat werke van die duiwel is. 1 Tim.4:1 Sensasioneel.
Die vrug van geregtigheid kom in O.T. voor in Amos 4:12; en Spr.11:30 en kom ook in Fil.1:11 voor. Pm vortdurend die wil van die Vader te doen.
1) VALSE WYSHEID: 13-16
Uit Jak.3:1 wil dit voorkom dat dit gekoppel is aan die wat te haastig wysheid wil bekom of te haastig in ‘n sleutel posisie geplaas word. vs.1 en bewys hulleself as misleidend in wysheid. Hulle was onwys in hulle bepaling van krag en in hulle beoordeling in die tipe publieke besprekings wat gustig vir die kerk kon gewees het. Die gang van die Evangelie waarheid nooit kon bepaal , en word deur die persoonlike opinies of misplaastinge van vs. 14-16 bevestig.
Maar waarheid kpm uit vs.17-18. Baie lede in die kerk wil graag wys wees vs.13 maar net ‘n paar is regtig wys. Baie mag weet of met kennis bekragtig wees, wie eens nie wys was nie.
Kennis en wysheid is soms bitter ver van mekaar,
en het soms geen skakeling nie.
Kennis is materiaal maar wysheid is die gebruik van die materiaal. Geen dwaas is so dwaas as ‘n wetende dwaas nie. Die wyse man is die een wat sy kennis kan gebruik, vir geestelike en morele goed.
Ware wysheid is met geloof verenig in die Here Jesus Christus Job.28:28 2 Tim.3:15. Dit maak die wil van die Here sy reel, en Sy heerlikheid die einde. Die man wat sonder die Here leef is dwaas en die duiwel die dwaasde van almal.
As iemand wys tot redding is, hoe sal sy wysheid voorkom?
1) Deur sy goeie lewe Vs.13 Wysheid word in ‘n lewe geopenbaar in die fermheid van gedagtes, en ‘n meester in waarneming. Dit leer ons om te doen sowel as om te spreek en ons woorde en aksie is kleurvol.
2) Deur woorde en wysheid word karakter geopenbaar en nie deur sy aroma nie, maar word in individeule aksies geopenbaar. Dit bewys homself in handelinge van heiligheid, en word in nederigheid gedoen
Ware wysheid is geduldig en kalm, verdraagsaam en self weerhou-dend. ‘n Nederige gees is nie ‘n minderwaardige gees nie. Die arme gees is nie ‘n armsalige gees nie. Die nederige van gees het die meeste durf om dinge vir die Here te doen. Dink aan Moses.
Wysheid openbaar homself in handelinge van wysheid, en hierdie handelinge word in afhanklikheid gedoen wat een van wysheid se inspirerende handelinge is. Ware wysheid is kalm en beheersd, geduldig en selfverloenend. ‘n Nederige gees is nie ‘n gemene gesindheid nie. Die wat arm van gees is is nie ‘n arme gees nie.
Moses was baie afhanklik in sy geval maar so warm soos vuur vir die Here en was van die Here Jesus afhanklik omdat Hy sterk en braaf was. Daar was geen vrees, nog fanatisisme geen wran smaak, of verdraaidheid in sy lewe nie. Die Here Jesus is ons volmaakte voorbeeld van afhanklikheid en wysheid. 1 Pet.2;22; 23.
Die gees van afguns en bitterheid is nie die Gees van die Here nie. Jakobus gaan nou voort om ‘n verklaring te maak aangaande valse en aardse wysheid.
1) SY NATUUR: Vs.14
Die baie wysheid van vele leermeesters is nie soseer ‘n brandende ywer as ‘n bittere ywer nie. Die gees is verwaend en arrogand. Sy wortels lê in bose passies van die hart. Sy doel is persoonlike oorwinnings eerder as die oorwinning van die waarheid.
Hoewel dit twyfelagtig is aangaande die erns in ‘n bevredeginde saak, vir die Evangelie, is die liefde vir teenstrydighede vir eie belang, en die beskerming van ‘n tevrede gees tot sy broeders, wat altyd sondig is, en baie minder grond vir heerliheid het.
‘n Christen wat ‘n leerstelling liefkry is iemand wat ‘n leuen leef teen waarheid, want hy moet die Here Jesus in die leerstelling liefkry.
2) SY OORSPRONG: Vs.15
a) Aards:
Elke goeie gawe daal van bo af neer, maar elke wysheid van aardse oorsprong hou hulleself met aardse dinge besig. En die belang-stelling sal aards of wêrelds wees.
b) Dit is sensasioneel:
Fisies of natuurlik is die teenoorgestelde as geestelik. Dit opereer in ‘n laer vlak van die mens, se intelekteule waardes, en is die wysheid van die nie geestelike gedagtes en word in die hart gemanifisteer en is nie geheilig nie todat die menslike gees in besit geneem word deur die Gees van die Here sal sy werke die werke van die vlees wees.
c) Duiwels:
Valse wysheid is dominerend in sy wese, soos dit in sy karakter ook is. Die begeerlike hart soos die bose tong word in die poel van vuur aan die brand gesteek. Vs.6 Onvermeidelik wat hierop volg is die soort mens half mens en half dierlik optree. Hierdie drie aspekte korrespendeer in drie groot geestelike vyande.
Aardse wysheid het sy oorsprong vanuit die wêreld, natuurlike wysheid het sy oorsprong vanuit die vlees, en demoniese wysheid vanuit die duiwel. Deur dit te erken moet ons bid dat die Here ons van dit alles sal verlos.
3) SY RESULTAAT: Vs.16
Waar daar ‘n bittere ywer en faksies is, in die hart, sal dit anargie veroorsaak, in die samelewing. Watter vreeslikheid het die gees van afguns en soeke na eie belange al veroosaak nie, binne in families, en in die hart van die kerk nie.
Dit is die vrugbare bron van hart begeertes, en lewenslange vervreemding van die Here. Dit saai onkruid tussen die koring en die oes van so ‘n wysheid sal die oes van hierdie wysheid sal ‘n hoop van bedroefdheid en bitterlike smarte wees in die dag van toesing.
DIE LES:
1) Weerstaan die wilde gees van hierdie wêreld, 2) Koester die gawe van heilige wysheid, 3) Onthou dat die klimaks van ware wysheid bestaan in afhanklikheid
Vs.17-18 WARE WYSHEID:
In hierdie verse word die heerlikheid van hemelse wysheid geopen-baar, die karakter eienskappe en kwaliteite van die gedagte wêreld wat geproduseer word deur die ware ontvangs van reddende genade.
Die prentjie hier geskets vorm die direkte teenstelling van die valse en aardse of valse wysheid wat in vs.14 – 16 gegee word.
1) DIE AARD VAN WARE WYSHEID: Vs.17
Sy oorsprong is van bo, en is nie produk van ‘n self gekweekte maar algehele bo-natuurlike en genadiglike ingrype. 1:5+17 Jakobus hou aan ons die hemelse wysheid wat uit sewe hoof eienskappe bestaan.
Sewe was die volmaakte getal vir die Jode en kan ons sewe notas van ‘n hemelse karakter hier omskrywe sien of te wel sewe kleure van die reenboog van die Christelike lewe.
Uit hierdie sewe is die eerste van die ander afgeskeie omdat dit verwys na wat die mens in sy eie hart is terwyl die ander ses met die kwaliteite wat in ware wysheid in verband met een se optrede teenoor sy mede mens.
a) In sy optrede teenoor homself: Hier is ware wysheid rein, onbevlek of skoon, of heilig. Reinheid is die fondasie van alles wat van die Here kom. Geregtigheid lê in alles wat mooi in karakter is.
Christelike wysheid lei ‘n persoon om homself onbevlek te bewaar van hierdie wêreld en om homself van alle onreinheid te reining van die gees.
Elke persoon wat ‘n sensasionele, self gesentreerde lewe leef of openlik in sonde leef, bewys homself as iemand wat hom van hemelse wysheid distansieër. Die hoof element van wysheid is reinheid – daardie reinheid wat deur die Bloed van die Here Jesus verkry is en deur die inwoning van die Heilige Gees.
b) In sy optrede in sy gedrag teenoor sy mede mens. Die uitdrukking “eerste” en dan “daarna” beteken nie dat die wyse volmaak is nie, maar dat hy rein is voordat hy ‘n vredeliewend is. Dit dui die logiese volgorde en nie die orde van tyd nie. Die tyd eerste rein en dan vredeliewend word dikwels verkeerd hanteer omdat iemand deurweek kan wees van bittere jaloerheid wat aan valse wysheid gekoppel is.
Selfs in ons uitkyk van lering moet daar ‘n Bybelse verdraagsaam-heid wees met iemand wat met my verskil en reinheid in my hart wees ter wille van vrede. Vredeliewend staan teenoor konflik terwyl jaloersheid en bitterheid karakter eienskappe van aardse wysheid is.
Teerheid en begripvolheid is net die uiterlike aspek van die genade wat ‘n vredeliewende persoon kan openbaar en is die kleed wat die vredeliewende persoon dra. Dit is ’n persoon wat maklik is om mee saam te werk en oop vir oortuigings en gewillig om na ander te luister.
Die wyse dink meer oor sy pligte as sy regte. Vol van genade en goeie vrug, oorvloedig met gevoellens van goedheid en begrip en het ‘n gesonde uitvloei vir die in handeling om ander te bevoordeel, en stagneer nooit.
Dit is konstant en onmiskenbaar en is nie in sy eie gedagtes verdeeld nie 2:4; 1:6 en sal daarom nooit haatvol optree nie in die vervulling van sy roeping nie. Sonder om vals te wees en volmaak ernstig en is wat jy kry. Dit is nie martelend nie, en weet dat ‘n reguit lyn die korste afstand tussen twee punte is.
Die resultaat van ware wysheid: Vs.18 Die vrug van aardse wysheid is verwarrend met allerhande gemene dade vs.16. maar die vrug van hemelse wysheid bestaan uit geregtigheid vrede en is die skakeling tussen die siel waarin wysheid geleë is wat uit geregtigheid bestaan, en is ‘n saad wat gesaai word en dit is die Kosbare Woord van die Here en is die wat vrede maak is die geestelike boere wat hoop skep en geregtigheid is die wonderlike oes wat die persoon sal oes.
Die ewige geregtigheid sal ons geregtigheid teenoor ander wees. Hemelse wysheid sal die enigste beloning in die hemel wees.
Les: 1) Die harmonie tussen die leerstelling en die lering van onse Here Jesus Christus in die saligsprekinge sowel as dit wat Paulus in sy liefdes brief van 1 Kor.13 voorspel is een.
2) Die uistaandenheid en aantreklikheid van ware wysheid
3) Die skaarsheid van sy besonderheid rekende sy keuse selfs aan die kant van die belyde Christen
4) Die noodsaaklikheid om wysheid van die Here te vra.
5) Die karakter van die Here Jesus self as ons model in ons verlange daarna.
***************************
JAKOBUS 4:1-12
INLEIDING:
Jer 17:9 “Bedrieglik is die hart bo alle ding, jwa verdorwe is dit, wie kan dit ken.”
A) OORSAKE TOT VERDEELDHEID:
Dit was omtrent hierdie tyd in die geskiedenis van die Jode wat Jakobus hierdie hoofstuk in die brief rig aan Jode wat baie aantuigings teen die Romeinde gemaak het, onder die bedoeling om godsdiens te verdedig en hulle manier van lewe te regverdig. Daar was baie faksies onder die Jode wat wreed en met mening geveg het selfs teen mekaar.
In sommige provinsies het die Jode teen mekaar en teen die heidene geveg en selfs baie dood gemaak, en vernietiging op hulleself gebring. Hierdie oorloë was onder die dekmantel van ywer en die doel om die ongereddes te oortuig, en afgodediens te vernietig.
Dit is in die lig hiervan wat Jakobus die vraag vra: “waarvandaan kom oorloë, en vegtery onder julle?” Hierdie teksgedeelte kan nooit deur Christene gebruik word om onbeantwoorde gebede te regverdig nie, deur dit te doen klassifiseer ek myself onder i) wellustige, ii) wêreldse, iii) trotse, iv)sondige, en v) lasterlike optredes.
Die Bybel gee 12 redes waarom gebede nie beantwoord word nie:
1) Wellustige: Vs.1;2;3;5; Joh.8:44
2) Moordernaars. Vs.2
3) Naywerig: Vs.2
4) Veg en maak dood Vs.2
5) Te vra om in eie begeertes (welluste) deur te bring. Vs. 3
6) Egbreekers: Vs.4
7) Vriendskap met die wêreld: Vs.4
8) Trots: Hoogmoediges vs.6
9) Rebellie teen die Here vs.7
10) Teruggevallenheid weens sonde Vs.8
11) Dubbelhartiges: Vs.8
12) Misbruik van die tong: vs.11-12.
WAT MOET MY STANDPUNT WEES RAKENDE:
DIE CHRISTEN EN DIE WêRELD:
1) Ons moet vry wees van die sorge van die wêreld. Matt.13:22
2) Nie wêreld najaag ten koste van sy siel nie: Matt.16:26
3) Nie andere benadeel soos doe wêreld doen nie: Matt.18:7
4) Nie van die wêreld wees nie: Joh.15:19
5) Ons moet van die wêreld verlos wees: Gal.1:4.
6) Nie my lewe liefhê in hierdie wereld nie: Joh.12:25.
7) Wees vir die wêreld gekruisig: Gal.6:14.
8) Skyn as ‘n lig in hierdie wêreld: Fil.2:15.
9) Verloën sy begeertes en Goddelik leef: Tit.2:12.
10) Wees onbevlek van hierdie wêreld: Jak.1:27
11) Nie vriende van hierdie wêreld word nie: Jak.4:4.
12) Vlug van die gebeerlikheid en besoedeling van hierdie wêreld: 2 Pet.1:4; 2:20.
13) Nie die wêreld liefhe of die dinge van ierdie wêreld nie: 1 Joh.2:15-17.
14) Om soos die Here Jesus in hierdie wêreld te wees: 1 Joh.4:17.
15) Oorkom die wêreld: 1 Joh.5:4-5
16) Om uit die wêreld gekies te wees: 1 Joh.4:17.
17) Nie verander te word na die wêreld nie: Rom.12:2.
18) Om dood te wees vir sy begeertes: Kol.2:20.
Daar is rakende vs.5 die vraa of die Gees van die Here met jaloers-heid begeer wat in julle woon: Dit word in teenstelling met verskeie tekse gebruik waar die mens begeer teen die werking van die Here, omdat dit die gees van die mens is wat in hom woon.
TIEN BEVELE VIR DIE WAT TERUGGEVALLE IS:
1) Onderwerp jou aan die Here: vs.7
2) Weerstaan die duiwel: Vs.7
3) Nader tot God: Vs.8
4) Reinig jou hande: julle sondaars: Vs.8
5) Suiwer jou hart: Vs.8
6) Weeklaag treur en ween vs.9
7) Laat julle gelag in treurigheid verander: Vs.9
8) Julle blydskap in bedruktheid. Vs.9
9) Verneder julle voor die Here: vs.10
10) Moet nie van mekaar kwaad spreek nie: Vs.11
DIE VERNEDERENDE SEEN VAN DIE HERE:
Wat ‘n veskil is daar om verneder te word of om jou self te verneder:
Die eerste is my handeling, en die tweede is die Here se handeling. Die eerste is gedwonge die tweede is uit ‘n vrye keuse.
Die eerste is die begin van teespoed en die tweede is die begin van seeninge.
Daar is geen ontvlugting van beide van hulle nie.
As ek nie myself voor die magtige hand van die Here gaan verneder nie, gaan Hy my verneder.
1) ONDERWERP JOU AAN DIE HERE: 4:6-7.
Waarom moet ek myself voor die Here onderwerp?
A) IN DIE LIG VAN DIE BEDROEFDHEID VAN DIE VERLEDE: 4:1-4
Wat ‘n droewige toestand het ons van die wandel en mislukkings uit die verlede. 1-4 as bewys van wat ‘n gemors ons uit die verlede gemaak het, dit kom as gevolg van ‘n verlies aan toewyding.
B) IN DIE LIG VAN DIE TEENSWOORDIGE KRAG VAN DIE BOSE:
Voordat ons vermaan word om die duiwel te weestaan word ons versok om ons aan die Here te onderwerp , om die bose te weerstaan sonder om ons aan die Here te onderwerp is om vir moeilikheid te soek. Wanneer die duiwel teengestaan word deur die wat van te vore hulleself totaal aan die Here toegewy het sal hy vlug.
C) IN DIE LIG VAN DIE ONSEKERHEID VAN LEWE: 4:13-15
Hoe maklik is dit nie om sonder die Here my dag te beplan en tog hoe gevaarlik is dit nie. Al ons planne moet aan die ere onderworpe wees en dan die vraag of dit Sy wil is.
Die woord en hy sal van jou wegvlug is die woord: hagnizo wat beteken Om skoon te maak, dit beteken verder om van die wêreld afgeskei te word en aan die Here toegewyd te raak deur van alle vorme van sonde te skei.
Dubbelhartiges beteken om die Here te betwyfel.
Verneder jou beteken ware gebrokenheid, wat die genade van die Here nader bring.
10 Manier waarop sonde geniet word:
1) Gevegte van oorloë 1-2
2) Welluste in sonde 1-5
3) Moordenaars: vs.2
4) Begeertes. Vs.2
5) Owerspel Vs.4
6) Vriendskap met die wêreld. Vs.4
7) Hoogmoed: Vs.6
8) Selfvereering
9) Gelag oppervlakkigheid.
10) Blydskap in bedruktheid. Vs.9
JAKOBUS 5
Inleiding:
Hier was twee klasse in Israel wat besonders van mekaar onderskei moes word en wat lynreg teenoor mekaar gestaan het en dan met die wandel met die Here moet ons onderskei wanneer die Here ons tugtig.
Die apsotel lig die feit van die naderende wederkoms uit as hulle voorwaarde beide aan die ongelowiges wat ryk was en die ander onderdruk het, en die armes wat maar net ‘n oorblyfsel was. Die rykes het skatte bymekaar gemaak vir die laast dae, terwyl die verdrukte armes verdraagsaam moes wees, todat die Here self sal kom om hulle te verlos. Dan verseker Jakobus hulle dat verlossing nie uitgestel sal word nie.
Hy wys op die arbeiders wat hulle loon sal ontvang wat hulle van die land afgeoes het en wag op die tyd van die reën, en die maaiers vir die Meester se koms.
RYKDOM:
Die Bybel het baie te sê oor rykdom:
a) Dit word as tydelik beskryf: Ps.27:24
b) Dit word as onseker beskrywe: 1 Tim.6:17
c) Dit is onbevredigend: red.4:8 5:10
d) Dit is verdorwe: Jak.5:2 1 Pet.1:18
e) Dit laat jou vlug: Spr.23:5 Open.18:16-17
f) Dit is bedrieglik: Matt.6:19
g) Dit is daar om gesteel te word: Matt.6:19
h) Dit is verganklik: Jer.48:36
i) Dit is soos dik klei: Hab.2:6 Jy ander uitbuit sal nasies jou uitbuit.
j) Dit is dikwels ‘n verhindering om die Here aan te neem: Mark.10;23-25
k) Dit besoedel jou gewete Matt.13:22
l) Dit is die wortel van alle kwaad: 1 Tim.6:10
RYKDOM LEI DIKWELS TOT:
a) Trots: Perd.28:5; Hos.12:8
b) Om die Here te vergeet: Deut.8:13-14.
c) Laat mense die Here verloën: Spre,30:8-9
d) Dit laat mense teen die Here rebeleer: Nah.9:25-26
e) Die Here Jesus teen te staan: Matt.19:22 Mat.10:22
f) Self gerustheid: Spr.28:11
g) Vrese: Pred.5:12
h) ‘n Bombastise gees: Spr.18:23
i) Opstandig: Mig.6:12
j) Bedruktheid: Jak.2:6
k) Bedrog: Jak.5:4
l) Sensasionele verleiding: Luk.10:19; Jak.5:5
m) Die lewe bestaan nie uit OORVLOED van: Luk.12:15
n) Moet nie oorgretig wees nie: Spr.30:8
o) Moet nie daarvoor werk nie: Spr.23:4
WAAROM MOET ONS DAARVOOR VLUG:
A) Omdat ek in allerhande versoekinge kan val: 1 Tim.6:9
b) Omdat ek in vreeslike wellus kan verval: 1 Tim.6:9
c) Laat jou van ware geloof wegdwaal: 1 Tim.6:10
d) Dit gebruik verkeerde metodes om te besit: Spr.28:20
e) Bring net moeilikheid vir myself: 1 Tim.6:10
f) Dit bring moeilikheid vir die familie: Spr.15:27
g) Dit sal nie in die dag van oordeel help nie: Spr.11:4
h) Dit kan nie voorspoed verseker nie: Jak.1:11
i) Dit kan die siel nie verlos nie: Ps.49:6-9 1 Pet.1:18
j) Dit sal my nie kan vrymaak in die oordeelsdag nie: Sef.1:18; Open.6:15-17
DIE WAT RYKDOM GEHAD HET:
A) Het hulle aan die Here toegewy: 1 Kon.29:2
b) Het nie daarin vertrou nie: Job.31:24; 1 Tim.6:17
c) Het nie hulle harte daarop geplaas nie: Ps.62:10
d) Het nie daarin geroem dat hulle dit verkry het nie: Deut.8;17
e) Het nie daarin verbly nie: Jer.9:23
f) Het hulleself nie daarin verafgod nie: Matt.6:19
g) Het hulle aan die diens van die Here gewy 1 Kon.29:3; Mar.12:42-44
h)Het aan die armes gegee: Mtt.19:21; 1 Joh.3;17
i)Het dit gebruik om die evangelie uit te dra: Luk.16:9
j) Het dit as ‘n voorreg beskou om te mag gee: 1Kon.29:14
k) Het hulle nie hoër geag nie 1 Tim.6:17
l) Het hulle verbly as hulle gered geraak het Jak.1;9-10
m) Het hemelse skatte hoer as dit geag. Matt.6:19-20
n) Daar was vir die regverdige voorsiening getref: Spr.13:22
DIE SONDAAR EN SKATTE:
A) Het daarin geleef: Ps.73:12
b) Het hulle lewens daarom beplan: Job.21:13
c) Word deur dit ingesluk: Job.20:15
d) Vertrou op die oorvloed van dit: Ps.52:17
e) Maak vir hulle bymekaar: Job.27:16; Ps.39:6; Pred.2:26
f) Hou dit tot hulle eie nadeel: Pred.5:13
g) Het daarin geroem: Ps.49:6; 52:7
h) Het nie baat daarby gevind nie: Spr.11:4; Pred.5:11
i) Het probleme met geld: Spr.15:6; 1 Tim.6:9-10
j) Moet dit vir andere laat: Ps.49:10
k) Die verlies van dit bymekaar te maak”Ps.39:6; Pred.5:10-11
l) Skuld om daarin te vertrou: Job.31:24; -28 Pre.28-4-8
m) Skuld om daarin te verbly: Job.31:25 +28.
UITSPRAKE TEEN DIE WAT RYKDOM BESIT:
a) Kry dit deur bedrog: Spr.13:11 21:6
b) Kry dit onwettiglik: Jer.17:11
c) Depressie sal toeneem: Spr.22;16; Hab.2:6-8 Mig.2:3
d)Word bymekaar gemaak: Pred.5:13-14 Jak.5:3
e) Vertrou in dit: Spr.11:28
f) Kry hulle straf: Luk.6:24
g)Vertrap andere: Jak.5:1 +5
h) Spandeer op hulle eie abtyte: Job.20:15-17
i) Gevaar om op dit te vertrou: Luk.12:16-21
j) Gevare om dit verkeerd te spandeer: Luk.16:19-25
VOORBEELDE VAN HEILIGES
WAT RYKDOM BESIT HET:
a) Abraham: Gen.13:2
b) Lot: Gen.13:5-6
c) Isak: Gen.26:13-14
d) Jakob: Gen.32:5 +10
e) Josef: Gen.45:8 + 13
f) Boas: Rut.2:1
g) Barsilla 2 Sam.19:32 Het die koning onderhou.
h) Die Sunamietiese vrou 2 Kon.4:8
i) Dawid: 1 Kon.29:28
j) Johosafat: 2 Kon.17:5
k) Hiskia: 2 Kon.32:27-29
l) Job. 1:3
m) Josef van Aremetia: Matt.27:57
n) Saggeus: Luk.19:2
o) Dorkas: Hand.9:36.
Die geduld word hierin uitgelig as die wandel deur die geloof. Dit word in die profete bevestig in die geval van andere wat hulle gelukkig geag het wat die toetse ter wille van die Here deurstaan het.
Job het ons die weg van die Here geleer, hy het geduld nodig gehad, maar die einde was seëninge en tere genade wat die Here oor hom geopenbaar het.
Die verwagting van die koms van die Here was ‘n ernstige waar-skuwing en tog die sterkste bemoediging maar die een wat die ware karakter bewaar van die Christen praktiese lewe en wys aan die anderkant wat die selfsugtigheid van die mens sal inhou en hou alle handelinge van die ware gelowige terug as hy nie oorgee nie. Hulle sal nie die gees van vernoegsaamheid hê nie en sal nie teen mekaar murmireer nie, wat miskien meer gunstig as hulle is nie. Die regter staan voor die deur.
Beloftes, hou die Here in berekening, en die handelinge daarvan ook. Laat jou ja, ja wees en jou nee, nee, wat meer is as dit is uit die bose. Die handelinge van die Goddelike natuur in die bewustheid van die teenwoordigheid van die Here. Die werking van die Here en die onderdrukking van die mens se wil en van sy sondige natuur is wat die skrywer van die apostel begeer.
Die woord PLOUTOS: het ‘n meerdoelige betekenis:
a) Rondom Finansies:
Dit word in die enkelfout gebruik en verwys na materieële rykdom soos Matt.13:22 Mark.4:19 Luk.8:11 1 Tim.6:17; Jak.5:2; Open.18:17
b) Geetelike of morlere rykdom:
Om deur die Here besit te wees en die seën daarvan aan jou mede-mens oor te dra of uit te leef: Rom.2:4 Goedheid, verdraagsaamheid Rom.9:23; Efe.3:16
Sy heerlikheid en rykdom: om genade teenoor ander te toon Rom. 11:33 of van Sy wysheid en kennis te verkry Efe.1:7; 2:7 van Sy genade: 1:18 om die heerlikheid van erfgenaam te word 3:8 van Christus: Fil.4:19 in die heerlikheid van Christus: Kol.1:27 die heerlikheid van Sy mistereusheid: Christus in ons die hoop van heerlikheid:
c) Om dit uit Rom.11;12 te beskrywe twee keer
d) Die volle versekering van begrip aangaande die verborgenhede van die Here self van Christus: Kol.2:2
e) Die vryheid van die kerk van Macedonië: 2 Kor.8:2 (Rykdomme is die geestelike en die morele rykdome.)
f) Die veragting van die Here Jesus in teenstelling met die wereldse skatte: Hebr.11:26
DIE OORDEEL WAT OOR DIE BOSE RYKDOM KOM:
Hierdie gedeelte val spontaan in drie katogorië:
Vs.1 Die eerste wys na die toekoms.
Vs.2-3 Na die hede
Vs.4-6 Na die verlede
Dit is duidelik dat die oordeel hier uitgespreek word oor die ryk Jood wat die kerk vervolg het en onderdruk het 2:6-7 Sy woorde aan hulle is ernstige veroordeling.
Die oorsake van oordeel uit die verlede: 4-6
Noag oor die nasies:
Sodom en Gomorra oor stede en
Beltsasar oor die individu.
Jakobus verwys na drie:
A) DIE HARTELOSE ONREGVERDIGHEID: 4-6
i) Die veroordeling van mistaste rykdom:
Hier kry ons die ego van hfst.4:9 wat daarop dui dat ons moet ween en rou bedryf maar met ‘n veskil. Hier is ‘n berou met ‘n verwerping. Ou Profete het ook die volk veroordeel. Jes. 13:6 ens.
Hier is ‘n komende oordeel. Die vernietiging van Jerusalem. Dit is maar die begin van smarte. Die toenemende oordeel en die weder-koms sal die begin van smarte aankondig. Die wat rojaal en plesierig geleef het.
1) DIE SONDE VAN RYKDOM:
Belyde geregtigheid of nie was in die oë van die Here groot sondaars
a) Ongeregtigheid:
Julle het plesierig geleef, en eie plesier nagejaag. Wat is die wet van ware lewe: Dankbaarheid vir dit wat die Here gee en ‘n toenemende diensbaarheid van sulke gawes. Hulle het hulle drange bewaar. Instede van Christus gesentreerd te leef het hulle vir hulleself geleef.
b) Luuksheid:
Julle rykdomme is korrup en julle klere sal deur motte geeet word. Wat is die wet van besitting? ‘n Dankbaarheid teenoor die Here soos Hy gee, dat ons vir hierdie wêreld ‘n beter lewe bied in die Here Jesus. Soos koring in ‘n stoor wat opgehoop word en net vernietig word.
c) Selfsugtige opsessie:
Die huur van arbeiders. Wat is die wet van werk? ‘n eweredig ver-spreiding van bedieninge wat die erkenning van die werker ook in ag neem. Hulle wette was deur profete gespreek: Lev.21:13 Deut.24:14. Hulle het nie ag gegee op hulle profete nie. Ander moet vir hulle werk terwyl hulle net hulleself verryk.
d) Wrede vervolging: Julle was veroordeel julle was gedood: Wat was die essensieële feit: Dat die arbeiders hewig onderdruk was en hulle swaar veroordeel het en hulle verdruk het. Dit het die maat van die ouers laat oorloop. Matt.23:25.
Die menslike wette van Moses wys daarop dat die huur van ‘n arbeider en sy geld selfs vir een nag terug te hou nie aanvaarbaar is nie Deut.24:14-15. Die bose mense slaan nie ag op die beginsels van die Woord van die Here nie. Hulle het ryk geword deur die armes te vertrap. Instede van die behoeftige vry te skeld het hulle nie eens die armes betaal nie en die wettige skulde betaal nie, wat hulle verskul-dig was nie. Leef hierdie sonde nie in baie se lewe nie.
Wat was slawerny niks ander as die reg van die mens te vernietig nie. Jakobus se deur die arme te onderdruk is ‘n sonde wat ten hemele roep. Die slagoffer huil en sy geld huil in jou sak. Daar is een wat hoor en dity is die Here wat vanuit die hemel hoor en hierdie onreg raaksien en veroordeel.
2) Die weelderige vetgevoerde lewe: Vs.5
DIE OORDEEL VAN DIE RYKES:
Sonde en oordeel in die oordeel van die Here is naby aan mekaar verwant.
Die ryk gemaksugtige Jood sondig nie net teen geregtighied nie maar teen die lewe self. Hulle was luuks in hulle lewe en verlore in hulle optrede. Dit was die huur van hulle arbeiders wat hulle plekke vir hulle opgerig het en ivoor beddens gebou het waarop hyulle geslaap het. Ps.64:9
In hulle self verryking het hulle soos diere opgetree gebore om vernietig te word. 2 Pet.2:12. Onbewas van hulle toekomstige vernietiging het hulle in selfsug en luuksheid gelewe.
3) Hulle was wrede moordenaars: Vs.6
Deur geregtigheid en regverdigheid word die Here Jesus verstaan. Jakobus dink waarskynlik terug aan die dood van die Here Jesus, van Stefanus en Jakobus die broer van Johannes wat vermoor is weens die aansien van Herodes. Jakobus het as die Apostel van geregtig-heid bekend gestaan en was deur die Fariseers van Jerusalem vermoor.
Elke heilige lewe is ‘n aanklag teen iemand wat in sonde leef. Omdat die Here Jesus heilig was, was Hy gekruisig. Omdat Stefanus vol van die Heilige Gees en van geloof was was hy gestenig. Omdat Jakobus heilige was was hy van die balkon van die Tempel afgegooi en het gesterf. Die regverdige het nie weerstand gebied nie maar sal stilweg toegee. Hy verdra hierdie bose haat met nederigheid. Die Here Jesus in Jes.53:7 Stefanus in Hand.7:60.
Die Here Jesus sal ook vandag so doen, en het gebid vir die wat Hom doodgemaak het. Dit verhoog net die skuld van die misdadiger.
II) DIE EERSTE DRUPPELS VAN OORDEEL
IN DIE TEENSWOORDIGE TYD: VS.2-3
Die materiaal vir hulle straf was reeds voorbereid volgens die wet van gemiddelde wat jy saai sal jy maai. Julle rykdomme is bedorwe. Hulle skatte is bymekaar gemaak en die vrug het reeds vrot geword. Omdat dit nie gebruik was om die hongeriges te voed nie het die oordeel van die Here reeds op hulle geval. Julle goud en silwer is reeds verroes en sal teen julle getuig.
Dit verwys na geld wat nie reg benut is nie. Die ongebruikte dinge sal jou siel pynig in die dag van oordeel en nou reeds ook deur die verliese wat jy sien in jou besittings.
Die manne het vir hulle skatte bymekaar gemaak waar mot en roes verniel, vir die oordeelsdag. Dit wat verderwer sal in daardie dag verder verweer en dit onder die invloedryke klasse.
III) DIE VOLLE SWANG VAN
OORDEEL IN DIE TOEKOMS: VS.1
Die verborgenhede waarna verwys word is die smarte wat met die optrede gepaard sal gaan. En dit wat Jerusalem net hierna gesmaak het. Hierdie oordeel het op die invloedrykes en rykes geval. Dit dui ook verder nie net na die vernietiging van Jerusalem nie maar.
Onthou die morele wette van die Here en die feit dat ek en jy gereed moet leef.
JAKOBUS 5:7-12
INLEIDING:
In hierdie laaste gedeelte van sy brief sluit hy weer af waarmee hy begin het. Hy skakel nou oor van rykdom na lyding en koppel hier-die lyding nou aan die wederkoms van die Here. Hy het lankmoedig-heid in veband met mense gestel in hfst.1 en nou stel hy lankmoedig-heid in verband met dinge, en dat daar ‘n verwagting op ‘n oes moet wees.
IN HIERDIE GEDEELT WAT ONS GELEES
HET IS DAAR DRIE BEVELE:
1) WEES GEDULDIG: SAGMOEDIG: VS.7
A) HOE ONS NIE MOET MAAK IN ONS WAAKSAAMHEID NIE: LANK VERWAG:
DIE WAT NIE DIE KOMS VAN DIE HERE MEER VERWAG NIE: LUK.12.
In Luk.12:35-48 kry ons die gelykenis van die waaksame dienskneg:
i) Lendene omgord:
En hy gebruik dieselfde beeld as wat Petrus gebruik om jou lendene te omgord met waarheid 1 Pet.1:13 en
Lendene omgord praat van waaksaamheid, gereed om uit die deur uit gaan die woestyn in, en van dieslukes se die Here Jesus sal gereed wees vir die inbreker wat die duiwel is, wat inbraak wil maak op die seëninge wat die Here vir jou en vir my het. Vs.39.
In vs. 40 verwys die Here Jesus na Sy wederkoms waarvoor ons waaksaam moet wees. Waaksaamheid verys ook na betrokkenheid ek is besig in die werk van die Here. Vs.43. Hy sal aangestel word oor besittings.
ii) Lampe aan die brand:
In Matt.25:1-13 gebruik die Here Jesus die gelykenis van die 10 maagde wat hulle lampe aan die brand was wat praat van jou getuienis.
In beide Luk.12; en Matt.25 wanneer hy van die wederkoms praat word daar die erns van gereedheid voorgehou, omdat daar ‘n kroon wag vir die wat die wederkoms van die Here verwag.
iii) Wakker sal vind:
In Eseg.33 word o.a. verwys na die brandwag wat wakker sal wees om die tekens in mense se lewens te sien en hulle dan dringend te waarsku aangaande die toestand van die siel. Nie net sal ek myself moet omgord nie maar die Here sal my omgord vs.37. en hom aan tafel laat sit om saam met Hom hierna vir ewig deur die Here se teenwoordigheid versadig te word. Hy wat ons bedien sal ons siele so voed dat daar nooit ‘n leemte of ‘n verlange sal wees nie alles sal volmaak versadig wees.
In teenstelling met hierdie gereedheid: vs.45 Sal die aan die slaap dienskneg begin om dit wat opgebou is af te breek, en slaan en eet en drink en dronk word. Nie meer beset deur die teenwoordigheid van die Here nie, maar deur ‘n verslaenheid van vleeslike drange.
Vir die wat onverskillig leef sal hulle in die plek van pyniging ge-vind word wat die hel is en sal jy saam met die ontroues gevind word
Daar is ‘n straf wat die Rgeter sal uitdeel, Hand.17:30 God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense ooral dat hulle hul moet bekeer.
Om op die Heer te wag beteken dat ek op my beste is, en gereed vir wat hy ookal van my verwag, ek is nie besig met eie belange nie.
Dan die gedagte van aanklop soos Open.3:20 verwys as die Here Jesus buite staan en klop, en die deur vir Hom oopgemaak word.
B) LANKMOEDIG SOOS ‘N LANDBOUER: VS.7
Lankmoedigheid is die woord: makrothumeo om soos ‘n yster op ‘n aambeul getemper te wees, beteken om geduldig te wees van tempra-ment, en om geduldig teenoor andere te wees en moet beoefen word met die oog op die koms van die Here. Lankmoedigheid word in verskillende verbande in die Skrif gebruik: Luk.8:15; Rom.2:7; 8:24 – 25; Rom.15:4; 2 Kor.6:4 – 5; Gal.5:5; 6:9; Kol.1;11; 1 Thess.13 Hebr.6:15; 12:1-3.
Die vroeere reëns en die latere reëns was ‘n heenwyse na die werk-like seisoene maar het ‘n baie diepr betekenis gehad. O.a. Joel 2 wat verwys na die uitstorting van die Heilige Gees was die taal ook gebruik as ‘n heenwyse na die vroeëre reëns as die O.T. of die tydperk van die Here Jesus en die laat reëns as die typerk van die uitstorting van die Heilige Gees. Dit was ook warom die Here Jesus die twee keer die brood vermeerder het omdat die eerste vermeerde-ring die van gars brode was en die twee die van koring, en bring hierdie hele gebeurtenis in verband met die wederkoms van die Here.
Om te wag op die oes verwys ook daarna om vir die wederkoms van die Here te verwag. Deur toetse en beproewinge soos met ‘n oes is daar resultate, soos wat ‘n oes ryp word in sy ontwikkeling op die land het hy ‘n tweeledige funskie eerstens om te groei en dan om vrugbaar te word.
Ons word deur toetse en beproewinge gelouter en gevorm en gelei tot die punt waar ons die Here vertrou om ‘n dieper werk van reinig-ing in die hart te kom bewerk waarin die Here my reinig en die koring korrel in die grond van en veel vrug dra.
Soos met ‘n oes is daar toetse en beproewinge om uiteindelik vrug voort te bring, net so kom in ons toetse uiteindelik beloning. Ons ag dikwels hierdie tyd so lank van toetse en beproewinge omdat ons dit meet in terme van ons eie kort lewe en nie die uiteindelike doel wat die Here met ons wil bereik nie.
Die wag op die wederkoms verwys hier na iemand wat met intensie passie verwag en die laat reëns val sagter en meer deurdringend as die vroeë reëns. Die landbouer is betrokke by sy grond.
Die woord wag is ook in die aoriste tyd wat dui op ‘n oomblik van handelinge en daarna die effek op hierdie verandering.
C) LAAI: VERSTERK JULLE HARTE: VS.8
Die woord Vertserk: is die woord STERIZO. Dit is ook die gedagte om myself gereed en rein te bewaar tot die koms van die Here Jesus steriliseer kan ook o.a. hiervan afgelei word wat beteken dat ek myself rein bewaar
Petrus as ook geroep om sy broeders te versterk in Luk22:32 om sterk te maak en te leer om rein te wandel. In Rom.1:11 het Paulus begeer om die Romeine te besoek en hulle te versterk, ook Hand.8:23 ook Timotheus in Thesilonika 1 Thess.3:2 die versterking van die gelowiges is die werk van die Here Rom.16:25. Dit beteken ook om jou te vestig. 1 Thess.3:13; 2 Thess.2:17 Hulle in elke goeie werk te vestig. 1 Pet.5:10 Beteken ook om iemand bekwaam te maak vir die werk van die Here. 2 Pet.1:12 Jakobus moedig die gemeente aan om hulle harte te versterk Open.3:2.
Uit Luk.9:51 word dit duidelik dat dit beteken om iemand se hart doelgerig te lei en16:26 beteken dit verder om iemand regop te hou, of binne in die toets te versterk en te ondersteun.
Nooit word hierdie woord met die opleg van hande of die invul-ling van die Heilige Gees gebruik nie maar word in die daaglikse lewenswandel se verband gebruik.
2) MOET NIE SUG NIE: VS.9
Die woord sug word as grief of bedroef omskrywe en dui op die innerlike gesindheid van iemand se hart wat dikwels nie uiterlik gesien kan word nie. In kort dui dit daarop dat mense hulle visie van die ewige lewe verloor het en gefokus raak op aardse omstandig-hede. Dt beteken om deur allerhande vernanderde omstandighede ingesluk te word.
U weet soos sluit jou oë, sien die riviere en wat nie alles nie maar sit jou hand op jou maag en voel die vryheid, dit is om die Gees van God te bedroef of om te sug, die pad is te smal.
A) DIE REGTER STAAN VOOR DIE DEUR: VS.9
Uit die 4 keer wat die woord regter in Jakobus gebruik word is drie van hulle Jak.4:12; 5:9 en 2:4 die woord wat as Regter maar ook as die Here gebruik word dan word hy in ‘n ander verband in Jak.2:12 gebruik. Dit was duidelik dat Jakobus intens bewus is van die Here wat ons Regter is en dat ons te alle tye gereed voor Hom moet leef.
Die woord Regter kom 190 keer in die Bybel voor: Dit word in verskillende verbande gebruik: Gen.18:25 Is Hy die regter van hierdie aarde.
Hy sal Sy kinders oordeel: Ons weet dat daar twee verskillende oordele vir die mens wag: Die Wittroon oordel waar al die wat hulle lewens nie met die Here reggemaak het geoordeel sal word, dit is waar dit bevind word dat my Naam nie in die boek van die lewe staan nie en ek in die poel van vuur gewerp sal word.
Die regterstoel oordeel 11 Kor.5:10 wat ook bekend gestaan het as die Bhema oordel waar die skeidregsters op ‘n hoë platvorm in die midel van die veld gestaan het en gekyk het hoe die atlete deelneem. Die Here wat ons regter is kyk hoe ons aan heirdie wetloop deelneem, of ons voolhardend hardloop, en of ons met n verdeelde hart die Here navolg. Lat ons ons oe gevestig op die Here Jesus sal hou die Leidsman en die Voleiender van ons geloof.
B) LET OP DIE PROFETE:
Die Bybel het baie te sê oor die profeet inteendeel is daar 45 aanhalinge oor profete’ In Open.19:10 se hy dat die gees van die prifesie is die verkodinging van die Here Jesus. Dit is dus duidelik dat die Here profete geroep het en hulle instaat gestel het om die Woord te verkondig.
In Rom.12:7 Word vermaning en profesie as ‘n gawe beskou. Die orde van die profeet was altyd: om eers die oordele van die Here uit te spreek, die erns van die saak, dan die weg tot terugkeer en dan die oplossing van seëninge wat die mens sal kry.
Die woord profeet beteken: een wat openlik spreek en die verborgen-hede van die Here verklaar. Uit 1 Sam9:9 was dit duidelik dat dit een was wat direkte toegang tot die Here gehad het. Dit kan as een waaruit die boodskap van die Here voortgespruit het of een wat met die Here kommunikeer en uit Sy teenwoordigheid gespreek het.
Dit was by uitstek die een waarop die Gees van die Here gerus het. Num.11:17-29. n die O.T. was dit die verklaring van Godelike waar-hede aangaande redding, en die heerlikheid wat vir elke ware weer-geborene voorlê.
Die Here Jesus verwys na die O.T. profete in Matt.5:12 wat vir die Here Jesus gelei het, dan kry ons die eeste N.T. profeet Johannes die Doper en dan die Here Jesus en dan was daar profete in die kerk Hand.13:1; 15:32 1 Kor.14:29 ens.
Dan word daar na die twee getuies verwys wat in die groot verdrukking gaan opstaan met ‘n besonderse boodskap.
Die Here Jesus sê dat ons salig geag sal word as ons soos die profete gebruik sou word en in dieselfde katogorie sou val as hulle indien ons sou uistaan vir die Here omdat ons die Boodskap van Verlossing roekeloos verkondig.
Van die profete was wreed gedood sommige was middeldeur gesny, ander was gestenig, ander was op martelbeddens geplaas ander was gegesel ens. Dan was daar soveel Christene deur die eeue heen wat wreed op brandstapels gesterf het en geoffer was in arenas gesterf het, tw.v. Christus.
Deur alles heen het hulle nie hulle humeur verloor nie hulle het inteendeel van hulle voedsel een sny brood per week met een telepel ertjiesop aan die persoon wat hulle gemartel het hulle tiende afge-staan wat dikwels gelei het tot die bekering van daardie bewaarder.
C) DIE LYDSAAMHEID VAN JOB: VS.11
Job se naam beteken: EK sal verklaar, of verduidelik of te verdra. O.T. name was dikwels gegee om die karakter van die persoon uit te beeld. Hy was in die sin as een van die profete beskou, aan sy naam is baie geduld en teerheid gekoppel, en in die verband van Jakobus word dit gebruik om sy volheid in genade en deurnis te openbaar en was sy hart wat die setel van sy emosies was deurentyd op die Here gevestig gewees. Sy deurnis was deels weens sy karakter maar het voller geopenbaar geword in die midde van sy toeste.
Hoe meer hierdie helde eens gely het hoe blyer is hulle nou. Die einde van Job se lewe was dat die Here hom tienvoudig teruggegee het en sy lewe het reeds in die O.T. gespreek.
Ons het gehoor: Aoriste tyd wat dui op ‘n spesifieke situasie van Job se lydsaamheid. Daar was tye wat Job gekla het maar hy het geweier om die Here te verloën.
Ons het gehoor en die uiteinde gesien. Dieselfde gesindheid waarin Job die Here gedien het met dieselfde gesindheid van teerheid en genade het die Here hom weer kom seen.
4) MOENIE SWEER NIE: VS.12
Die Here Jesus is baie ernstig wanneer hierdie aanhaling uit die Berg-predikasie uit Matt.5:34 aangehaal word. Wat leer die Bybel rondom sweer:
i) Dit word verbied Lev.19:12; Num.30:2; Matt.5:33.
ii) Bring woede of toorn by die Here Sag.8:17.
iii) Ons moet dit teenstaan Sag.8:17
iv) Bedrog lei dikwels tot sweerdery: Lev.6:2-3.
v) Heiliges bly weg van dit: Jos.9:20; Ps.15:4.
vi) Daar is seeninge om jouself daarvan te weerhou: Ps.24:4-5.
DIE BOSE:
i) Is hieraan verslaaf: Jer.5:2 Hos.10:4
ii) Pleit verskoning vir hulle optrede: Jer.7:9 – 10.
iii) Sal daarvoor geoordeel word; Matt.3:5 elke ydele woord wat ons spreek sal ons voor geoordeel word.
iv) Sal afgesny word: Sag.5:3
v) Sal ‘n vloek op hulle huise bring: Deut.19:16; 18
Voorbeelde:
i) Saul: 1 Sam.19:6+10
ii) Simei; 1 Kon.2:41-43
iii) Die Jode: Eseg.16:59
iv) Sedekia: Eseg. 17:13-18
v) Petrus: Matt.26:72; 74
Die gedagte van sweer was iets algemeen onder die Oosterse heidense praktyke. Uit die 17de eeuse betekenis sou hulle hier en daar gehardloop het om vleis te kry en sou gesweer het of vergelding gehad het teen iemand as hulle dit nie gekry het nie.
Wat het hierdie gedeelte te doen met voorafgaande gedeelte, die feit dat hulle ander sou beoordeel het dit wat om ander te oordeel wat deur die Here verbied word. Ook verder sodat jy nie geoordeel sal word nie. Matt.7:1. Wat Jakobus vir ons sê is dat die Regter reeds voor die deur staan soos die Here in Sy groot bespreking oor oordeel in Matt.24:33. Die Woord is ernstrig dat ons nie mekaar moet oordeel nie.
Om by die hemele en die aarde te sweer wat jy nie kan verander nie is om beloftes te maak wat jy nie kan nakom nie.
Dit is ‘n godsdienstige handeling waarby iemand die Here tot getuie roep vir die waarheid van wat hy verklaar of belowe. Die Hebr. woord vir sweer beteken letterlik “Om sewe maal te doen” Gen.21:22-30. By die eedswering het iemand sy regterhand na die hemel opgehef Gen.14:22 Deut.32:40 ens.
In Gen.24:2;9 47:29 word gepraat van die hand onder iemand se heup te lê. Die gedagte was waarskynlik om die nakomelinge van daardie persoon teenoor wie die eed afgelê is in te sluit, sodat hulle ‘n latere skending v.d. sou kon wreek. Die eers genoemde gedeelte is duideliker.
Ook Jahwe stel Homself voor asof Hy Sy hand opgehef het om dit aan Israel te gee om daarin te laat woon. Dit is dan dieselfde gedagte: Waarvoor Hy dan gesweer het om dit aan Iserael te gee of om Israel daarin te laat woon. Num.14:30.
Israelliete het verskillende formules vir die eed geken waaronder ook selfverwensings as iemand vals sweer bv “Mag God aan my so doen en so daaraan toedoen…” 1 Sam.14:44 of ´”so waar as die Here leef” Rig.8:19 en ook “So waar as my siel leef” 1 Sam.1:26.
Die derde gebod verbied ligsinnige eedsweringe en meineed, omdat die eedswering ‘n erkenning ‘n diens en ‘n aanroeping van die god-heid is by wie gesweer word is die Israelliete verbied om by afgode te sweer Jer.5:7: 12:16 Saf.1:5
Die Mosieese eedswering ken die getuie eed en die reinigings eed sien Ex.22:11 Lev.6:1 Num.5:21 1 Kon.8:31. Dit wou voorkom asof die Israelliete nogal gou tot edsweringe en veral selfvervloekinge oorgegaan het en ligsinnige eedsweringe ingeneem het. Ons sien dit in die Bergpredikasie van Matt.5:33-37.
JAKOBUS 5:13-20
INLEIDING:
In hierdie laaste gedeelte van die boek is daar drie aspekte waarna Jakobus kyk en gaan ons dit ook in dieselfde volgorde behandel:
1) Siekte en alles wat dit behels: Vs.13
2) Sonde en wat dit behels: Vs.16
3) Swak gedrag: Vs.19
Kom ons kyk dan eerste wat leer die Bybel rondom siekte siende daar ‘n teorie bestaan wat verklaar dat as jy siek is, is dit ‘n teken van die oordeel van die Here is, of dat jy met onbelede sondes sit of dat jy nie sal deel in die seëninge van die Here nie.
Siekte is meestal die gevolg van die sondeval
1) DIE GEDAGTE VAN LYDING BINNE
SIEKTE OF BEPROEWINGE:
Die woord lyding verwys na ‘n staat van lyding weens een of ander gebrek wat buite siektes is. Die woord ly sluit in: Smarte, ontmoe-digings, vervolginge, verlies aan gesondheid, of besittings. Lyding is in die meeste gevalle gekoppel aan die sielstoetand van die mens.
Die woord in hierdie verband is te ly weens ‘n bose aanslag teen jou lewe. Kakopathei. Dit is die enigste plek in die Bybel waar hierdie woord in so ‘n verband gebruik word.
Dit beteken om deur moeilike tye te gaan. Dit kan selfs dinge wees wat dit veroorsaak. Iets wat die Here as instrument gebruik. Dit word in die persoonlike hoedanigheid aan gespreek, m.a.w. wat jy as persoon deurgaan.
Webster sê dat dit iets is wat voordurende pyn veroorsaak, of herhaalde pyn, buite die liggaam in die gedagtes, lyding soos om gegrief te wees, of ontmoedig te wees, of enige iets, dinge soos die verlies van ‘n kind, of rumatiek weens ‘n voortdurende spanning ondervind of verliese aangegaan.
Uit die vorige vers is dit duidelik dat ons nie mag sweer nie, of betrokke raak in enige onwelvoeglike gebruik van die tong binne hierdie omstandighede nie, m.a.w. rebeleer teen die lyding waarin ek is nie, maar laat daar eerder vir hom gbid word. Die Here is ons helper in so ‘n uur.
Soos in die geval van Lasarus is dit redelik algemeen dat kinders van die Here ly, en deur toetse en armoede teneergedruk te word. Lasarus was nie vry van siekte en kwale gewees nie. Dit is dikwels tekens van liefde dan eerder teen dit te stry.
As jy deur hierdie beproewinge gaan laat daar vir jou gebid word: Die Here kan ons hieruit red, in die Naam van Christus, onder die leiding van die Heilige Gees, en wat glo in die beloftes van die Here.
Tye van beproewinge is goeie tye om in gebed deur te bring, en is daar ‘n spesiale behoefte daaraan, en die Here lê soms Sy deur-boorde, lydende Hande op die persoon wat ly. Dit gebeur baie kere wanneer ek my verhouding met die Here verwaarloos, in my pligte, en nie van mense vir ‘n tyd gehoor het nie, om hulle weer nader te bring, en weer Sy aangesig te soek, en het van die Here weer ‘n besoek nodig, en ons harte voor Hom uit stort.
Dit was ‘n Joodse gebruik dat indien iemand siek was volgens Lev. 13:45 en in die verband melaatsheid wat die melaatse laat uitroep dat hy onrein is, was dit om sy toestand bekend te maak, sodat mense gelei kan word om gebede te opper vir die persoon, in sy plek voor die Here.
Dan het hulle verder geleer dat indien iemand siek is of ly, en dit die familie getref het, moes hulle na die wyse (geleerde) manne gegaan het en hulle gebede daar toegevoeg het.
Wanneer iemand gereeld siek geword het, en sy pligte versuim het, en dit op die eerste dag genoem het en nie beter met hom gaan nie, moet hy sy familie vertel om na die plein te gaan en op die hoof paaie dat die wat hom haat bly mag wees, en die wat vir hom liefhet vir die persoon voor die Here intree.
B) WAT LEER DIE BYBEL RONDOM LYDENDE HEILIGES:
i) Dat die Here met hulle is: Ps.46:5-7 Jes.43:2.
ii) Die Here is ‘n krag en ‘n sterkte vir diesulkes: Ps.27:5-6 Jes.25:4
Jer.16:19 Nah.1:7
iii) Die Here vertroos: Jes.49:13 Jer.13:13; Matt.5:4; 2 Kor. 1:4-5 7:6
iv) Die Here beskerm: Ps.34:20.
v) Die Here verlos: Ps.34:4+19; Spr.12:13; Jer.39:17; 39:18.
vi) Die Here Jesus is met so iemand: Joh.14:18.
vii) Die Here Jesus ondersteun: 2 Tim.4:17; Hebr.2:18.
viii) Die Here so iemand bystaan11:28-30; Luk.7:1; Joh.14:1
16:33
ix) Die Here Jesus beskerm: Jes.63:9; Luk.21:18
iix) Die Here Jesus verlos: Openb.3:10
iiix) Ons moet die Here dank vir al ons omstandighede: Ps.13:5-6
Ps.65:8-10 57:6 71:20-23.
ivx) Ons moet die Here Jesus se voorbeeld navolg: Hebr.12:1-3
1Pet.2:21-23.
vx) Moet die voorbeeld van profete navolg: Jak.5:10
xvi) Ons moet geduldig onder beproewinge wees: Luk.21:19;
Rom.12:12; 2 Thess.1:4 Jak.1:4; 1 Pet.2:20.
xvii) Ons moet ons onttrek: 1 Sam.3:18; 2 Kon.20:19; Job.1;21;
Ps.39:9
xviii) Ons moet lyding nie verag nie: Job.5:17; Spr.3:11; hebr.12:5.
ixx) Ons moet die geregtiglikheid van hierdie beproewing verstaan:
Neh.9:33; Job.2:10; Jes.64:5-7; Kla.3:39; Miga 7:9.
xx) Ons moet sonde vermy: Job.34:31+32: Joh.5:14; 1 Pet.2:12.
xxvi) Om op die goedheid van die Here te vertrou: Job.13:15;
Ps.71:20; 2 Kor.1:9.
xxvii) Om terug te keer na die Here en myself aan die Here oor te
gee: Ps.116:7-9; Jer.50:3-4; Hos.6:1.
xxviii) Om die presiese nakoming van die gebooie van die Here te
gehoorsaam: Ps.66:13-15.
xxviv) Ons moet gereeld in gebed met die Here verkeer: Ps.50:15-17
VOORBEELDE VAN HEILIGES WAT GELY HET:
i) Josef: Gen.39:20-23 Ps.10517-19
ii) Moses: Hebr.11:25
iii) Eli: 1 Sam.3:18
iv) Nehemia: Neh.1:1.
v) Job; Job.1:20-22.
vi) Dawid: 2 Sam.12:15-23.
vii) Paulus: Hand.20:22-24 +21:13.
viii) Die Apostels: 1 Kor.4:13; 2 Kor.6:4-10.
Laat hom bid: Om tot die Here te bid, in te tree of die Here te aanbid: Afhangenede wat die omstandighede is, daar is ‘n proses van ontwikkelende gebed: Fil.4:7-8. Gebed smeking en danksegging. As ek deur een of ander terugslag gaan vind hierdie proses van heling binne die geliefde van die Here plaas, jy kan nie verwag dat jy die Here moet loof as ‘n geliefde dood is nie, daar is eers die rou proses dan die oorwinning uiteindelik. Soos in die geval van Job uit vs.11 en ons het die einddoel met Job gesien.
C) IS DAAR IEMAND ONDER JULLE WAT SIEK IS:
In hierdie geval word siekte na voortdurende pyn, om broos te wees, of om werklik siek te wees, of swak gemaak is weens die voortdu-rende fisiese toestand.
Die woord siek hier is: astheneho Dit word as swak of broos 15 keer in die Bybel gebruik, wat die volgende insluit:
i) Swak geloof: Rom.4:19; 14:1-2;+21 1 Kor.8:9-12 2 Kor.12:10;
2 Kor.13:4.
ii) Weens die swakheid van die wet: Rom.8:3.
iii) Swak of arm mense: Hand.20:35 Saliger om te gee as te ontvang
iv) Swak in vertroue en krag: 2 Kor.11:21, 29, 12:10; 13:3-4+9
Dit word 17 keer binne ‘n fisiese skiekte gebruik en 3 keer as ‘n fisiese ineenstorting weens oorwerk, of gebrek aan slaap, Fil.2:26-27 1 Tim. 4:20 ens. Dit was die geval met Epifraditus en Trofinus
2 Tim.4:20 En bewys dat Paulus en die apostels hulle krag om ander te genees verloor het, of dat dit net by tye beskikbaar was.
Paulus het die gawe van kragte gehad om spesiale genesings voor gebruik te wees, Hand.19:11-12. Hy het die volheid van die seën van die Here gehad. Rom.15:18-19. Hy het selfs gawes op ander uitgedeel Hand.19:1-7; Rom.1:11 1 Tim.4:14; 2 Tim.1:6.
As iemand siek is is daar twee dinge wat die persoon moet doen:
i) Die ouderlinge van die gemeente roep
ii) As daar sondes is moet hy dit bely.
VIER DINGE WAT DIE OUDERLINGE VAN
DIE GEMEENTE MOET DOEN:
i) Oor die sieke bid. Vs.14
ii) Die sieke salf vs.14
iii) Die Naam van die Here inroep: Vs.14
iv) Die gebed van geloof en verwagting bid vs.15
GENESING:
Daar is reserwes in Christenskap wat beide in vreudgde en droefheid opgesluit is. As iemand bedruk is laat hom bid tot die Here wat gereed is om te hoor. As iemand bly wees, laat hom sing, as siek is laat die ouderlinge van die gemeente kom en vir so iemand bid nadat daar vir hom gesalf word en die bestraffing (tugtiging) sal verwyder word en die sonde volgens die bestuur van die Here sal mee gehandel word.
Die plaasvervanger van sonde en veroodeling het geen plek hier nie, die effek van gelowige gebed word voor ons gehou, maar dit is in verband met die erns van die hart. Die werking van die Here sal hier ondervind word. Hy straf soms deur siektes, en dit bly belangrik dat waarheid in die innerlike mens behou word. Die mens is geneig om sy sondes te verberg en maak asof alles reg is maar die Here oordeel die mens.
Hulle word in gevangenisskap gehou weens hulle oortredinge en die Here wys die mens sy sonde uit of die gebroke self wil. Die mens word ook met pyn op die bed bestraf en die menigde van sy bene met intense pyn. Job.33:19.
Soos die kerk in deurnis intree en volgens sy orde werk deur die ouderlinge in te roep, sal die siek persoon hom aan die Here toewy en sy staat bely en bring hierdie persoon in die verhouding voor die Here deur hierdie dinge te bely, en dit is wat die kerk se rol is, om die persoon weer in ‘n regte verhouding voor die Here te bring.
Hierdie sondes het nie dissiplines nodig nie want die pad wat die Here met hierdie persoon stap hou sy eie tugtiging in. Geloof pleit vir hierdie verhouding van genade en die sieke word genees. Die wat nie die genesing keer nie sal vergewe word.
OLIE:
i) Was deur die Here gegee: Ps.104:14-15; Jer.31:12; Joel 2:19 24.
ii) Dit het uit die aarde gekom: Ps.104:14 –15; Hos.2:22.
b) Soorte in die Bybel genoem:
i) Olyf olie. Ex.30:24; Lev.24:2.
ii) Mirre olie st.2:12
c) Hoe dit gemaak was:
i) Deur dit uit te pars: Hag.2:16; Mig.6:15
ii) Die armes was ingeroep om dit te onttrek: Job.24:11.
iii) Kanaan was oorvloedig in dit: Deut.8:8.
c) Hoe word olie beskrywe:
i) As sag Ps.55:21
ii) As glad: Spr.5:3
iii) Dit dring deur of penitreer: Ps.109:18
iv) Dit genees: Jes.1:6; Luk.10:34.
d) Gebruik van olie:
i) Die salwing van die Jode was van parfume wat gemeng was:
Ex.30:23-25 Joh.12:3.
ii) Die Jode het dit soms buitensporig gebruik: Spr.21:17
iii) Was deur die wet as deel van tiende beskou: Deut.12:17
iv) As eerste vrugte aan die Here gegee: Deut.18:4; 2 Kron.31:5
Neh.10:37.
e) Waarvoor was dit gebruik:
i) Vir kos: 1 Kon.17:22; Eseg.16:13.
ii) Om mense te salf: Ps.23:5 s.104:15 Luk.7:46
iii) Om mense te salf vir bedieninge van vertroue: Ex.29:7;
1 Sam.10:1; 1 Kon.19:16
iv) Om vir siekes te bid: Mar.6:13; Jak.5:14.
v) In die aanbidding van die Here: Lev.7:10; Num.15:4-10
vi) Selfs in heidensdomse aanbidding was dit gebruik: Hos.2:5+8.
vii) Vir lampe Ex.25:6; 27:20; Matt.25:3
viii) Wanneer vars was was dit veral gebruik: Ps.92:10
ix) Om mee handel te dryf: 2 Kon.4:7
x) Vir uitvoere: 1 Kon.5:11; Ese.27:17; Hos.12:1.
xi) Op mates verkoop: 1 Kon.5:11; Luk.16:6
f) Waarin was dit geberg:
i) In houers of kruik: 2 Kon.9:1
ii) In horings: 1 Kon.1:39
iii) In Potte: 2 Kon.4:2.
iv) In kruike: 1 Kon.17:12
v) In kelders: 1 Kron.27:28.
vi) In stoorkamers: 2 Kron.32:28.
vii) Store wat in stede opgeberg was: 2 Kron.11:11.
viii) Om nie besit nie was ‘n totale verlies: Hag.1:11.
ix) Bonatuurlike vermeerdering daarvan: 2 Kon.4:2-6.
g) Geillustreer deur:
i) Die salwing van die Heilige Gees: Ps.45:7; Ps.89:20; Sag.4:12
ii) Die gevolgtrekking van die Evangelie: Jes.61:3
iii) Soorte terregwysings: Ps.141:5
DIE DOEL VAN SALWING:
Die doel van salwing dui op die eenheid van die kerk, en die instaat-stelling van die Heilige Gees wat altyd die verseeling bewerk om die genesing te bewerk.
Die genesing deur die ouderlinge wys daarop dat die hoof rede vir die siekte genees sal word deur die gawe van genesing deur gebed. Dit is die teken van genesing.
Die gedagte van die ouderlinge is verder dat as iemand siek is het ek nie perspektief oor my toestand nie en kry ek soms nie rigting in my geestelike lewe nie, en sukkel ek om te bid, en daarom het ons die liggaam van die Here Jesus nodig om vir mekaar in te tree.
Uit Jes 53 is daar drie aspekte waarvoor die Here Jesus vir ons gesterf het:
1) Ons sondes:
Wat veroorsaak het dat ons GEES gesterf het wat Hy vir ons lewend gemaak het.
2) Kranhede: Vs.4
Verwys na die fisiese siektes wat in LIGGAAM deur die soewereini-teit van die Here is of Hy genesing vir ons wil bewerkstellig of nie.
i) Krankhede kan veroosaak word deur verkeerde eet gewoontes.
ii) Deur wesenlike tekorte in my liggaam soos vitamines en selfs enige vorm van mediese afwykings of wanbelanse.
iii) Dit kan deur aanslae van die duiwel oor my lewe kom waar ek die geheim van Jak.4 moet toepas om die duiwel te weerstaan en dat die duiwel van my sal wegvlug. Dink aan Job.
3) Smarte: Vs.4; 1 Kor.6:20 Julle is duur gekoop verheerlik God in julle liggame en julle gees wat aan die Here behoort.
Dit is die SIEL waarvoor Hy betaal het.
Daar is psigiese tekorte wat deur een of ander ondervinding van skok ‘n stof in my liggaam afskei wat nie deur enige vorm van medikasie genees kan word nie bv. ‘n aanranding of ‘n molistasie wat ek diepe genesing van die siel nodig het. Die brein skei ‘n stof af wat alleen deur die bloed van die Here Jesus genesing kan ondervind
Vir elke vorm van siekte is die doel van salwing om in die plek van medikasie die Here te vertrou om my te genees sodat ek in hier-die heelproses totaal genees kan word.
Vir die Gees en die Siel waarborg die Here genesing, maar daar is nie waarborge dat die liggaam genees gaan word nie omdat dit die enigste deel van die mens is wat aan die aarde verbonde bly tot by die wederkoms of die afsterwe van die liggaam. Dit is die siel en die gees van die mens wat eendag nadat ek gesterf het, opgeneem gaan word om by die Here te wees.
Vir siektes moes die ouderlinge van die gemeente ingeroep gewees word.
Vir lyding moes ek daarvoor bid want daar is soveel aspekte in die proses van genesing wat die Here vir jou en vir my wil bewerk.
Vs.15 Die Kranke hier verwys na die persoon wat afgemat is waar-voor gebid moet word.
Waar sonde na die weergeborene plaasvind rig dit skade in die siel van die mens plaas.
3) WAT LEER DIE SKRIF RONDOM SONDE: Vs.16-18
A) Sondes:Vs.15
Soos reeds genoem maak die Bybel ‘n beslisde onderskeid tussen skietes wat oor my gekom het weens die effek van die sondeval en dan sondes wat ek pleeg wat ekself in my lewe toelaat.
Vir siektes moet ek hulp van buite inroep om my te help en te bestuur, maar vir my eie sondes moet ek eie verantwoordelikheid op my neem. In hierdie verband is die krankheid ‘n fisiese siekte wat ‘n merk op die siel van die mens gemaak het en wat nou bely moet word.
b) Misdade:Vs.16
In die konteks van die gedeelte misdade as verkeerde handelinge beskou: Die woord vir sonde hier is PARAPTOMAH: Dit dui daarop aan dat ek in my toewyding in die Here skade ondervind, of dat ek op ‘n dwaalweg gegaan het, of dat ek in ‘n fout geval het of aanstoot veroorsaak het of bloot oortree het. Hier was my wil ten volle betrokke en lê hierdie sonde in die vlak van die siel van die mens.
Misdade verwys verder na ’n morele verval of ‘n oortreding soos ook in Rom.11:11 Struikeling om te val het die saligheid na die heidendom gekom.
In Jak.5:15 het die siekte op die persoon gekom weens sonde. Soos drank die lewer beskadig so kan siektes die mens ruineer a.g.v. sondes. Wanneer ek hierdie sonde bely word ek in die regte verhou-ding tot die Here gebring en dan kan ons vrymoedigheid hê om vir mekaar te bid.
Die vurige gebed van die regverdiges het groot krag:
Vurige is die woord: ENERGEHO waarvan energie afgelei is, verwys na die wat waarlik in kontak met die Here bid, wat magtig is in gebed waardeur die Here kan werk.
Regverdige: is die woord dekahyos die wat toegerus is weens hulle lewenswandel, wat onskuldig en rein leef, wat opreg voor die Here en medemens wandel.
Die siekte wat oor die mens gebring was, was waarskynlik ‘n straf van die Here se kant sien ook 1 Kor.11:30. Waar gesê word as die wat siek is belydenis doen van hulle sondes sal dit in verband met gebed staan en sal dit ‘n belangrike middel wees tot herstel van die gesondheid.
As ons siek is en weet dat ons iemand benadeel het moet ons dit teenoor die persoon bely, en is in die voortdurende tyd nie net by spesiale geleenthede nie, gesondheid is baie kere verwaarloos omdat daar ‘n spesifieke eis is wat aan genesing gekoppel word. Dit dra by tot die genesing van die siel van die mens.
Wat op twee vlakke lê
1) As siekte deur ‘n spesifieke handeling op iemand gebring is, deur ‘n Goddelike besoek vir die sonde, word daar vertrou dat wanneer die spesifieke sonde bely word dat die hand van tugtiging van die Here onttrek mag word.
2) As die gedagte vasgevang was deur die versameling van skuld, word daar vertrou dat die kalmte en vrede as ‘n resultaat van bely-denis gunstig sal wees tot die genesig van die persoon se gesondheid.
Siektes word dikwels veroorsaak deur ‘n bekommerde gemoed wat uit diepe skuld gevoelens bestaan en in sulke gevalle sal niks meer genesing kan bring, dan die herstel van die siel van die mens wat onder die veroordeling gestaan het nie. Die herstel kom deur belydenis.
3) SWAK GEDRAG:
Die woord afgedwaal: Is die woord PLANAH:O Wat beteken om my waardes te verander of af te dwaal, of in dwaling verval het of moreel oortree het of my rug op Bybelse waarhede draai.
Om van die regte pad af te dwaal is om verkeerde paaie te bewandel. Dit beteken om die regte weg te mis, in morele of Bybelse beginsels of om ernstige foute te begaan.
Om ‘n fout te maak, of om verkeerdelik te handel, deur onkunde of deur doelbewuste oortredinge. Of om weg te rommel of deur strome of storms van invloede meegesleur te word, deur wat die ore hoor of oë sien.
Om weg te dwaal begin waar ek teen my gewete in gehandel het dit is altyd teenstrydig teen eenvoudige waarhede, en dat ‘n mens die vrug van die optrede kan bemerk. Die Skrif sê dat jy so iemand moet red. Eseg.33:3 as my broeder sien sonde doen moet ek hom waarsku, sodat sy bloed nie op my hande kom nie.
Die woord bekeer word nie in die konteks van redding gebring nie, dit kan ook maar beteken om terug te draai op my paaie van gereg-tigheid.