JAKOB SE LEWE: HEILIGHEIDS REEKS NO.2 GEN.28-33 SPESIFIEK: 32:21-32

INLEIDING:

Ons het verlede week stilgestaan by die werklike betekenis van wedergeboorte. Ons het afgesluit by die verskillende karaktertrekke wat ons in Gal.5:22 kry wat die vrug van wedergeboorte uitspel.

Toe het ons aan u verduidelik dat dit so noodsaaklik is om met die Here Jesus te wandel. Dat daar niks mag wees waarin ons skipbreek mag lei in ons verhouding met Hom nie, en indien daar iets tussen ons en die Here staan, daardie saak dadelik reggestel moet word.

1) KOM ONS STAAN VANDAG BIETJIE STIL BY DIE WEERGEBORENE EN WAT DIE HERE VAN ONS VERWAG:

In Deut.8:26 het die Here gesê dat Hy Sy volk uitgelei het om hulle in te lei. Wat beteken dit, bloot dat ons van sonde uitgelei word om in die land Kanaan te kom. In die Bybel word verskillende prentjies gegee om aan ons verskillende aspekte daarvan oor te dra.

Almal beteken basies dieselfde maar die verskillende begrippe gee vir ons ‘n beter geheelbeeld van dit wat die Here vir ons wil sê:

Daar is begrippe soos:

1) Heiligmaking: 11Thess 4:13

“Dit is die wil van God julle heiligmaking.”

2) Heiligheid: Hebr.12:14

“Jaag die vrede na met almal en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie.”

3) Reinheid: Matt.5:8

“ Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.”

4) Kruisiging: Rom.6:6

“Aangesien ons dit weet, dat die ou mens saam met Christus gekruisig is, sodat die liggaam van sonde tot niet gemaak kan wees”

5) Doping: Matt.3:11

“Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur”

6) Volmaakte liefde: 1 Joh.4:17-18.

“Hierin het dieliefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag, want soos Hy is, is ons ook in hierdie wê-reld, daar is geen vrees in die liefde nie, maar die volmaakte liefde dryf die vrees na buit.”  

7) Tweede genade werk:

Ek het na julle gekom om die tweede genade te deel.

8) Vervulling: Efe.5:18       

“Maar word met die Gees vervul.”       

9) Reiniging: 1 Joh.1:9   

“En ons van alle ongeregtigheid te reinig”         

Hulle beteken een en dieselfde ni. Dat ons skoon gemaak moet word van alle sonde, en dat ons met die Here self nl. die Heilige Gees vervul moet word. Die belangrikste uitbeelding daarvan is volmaakte liefde. God is liefde. Wanneer daar oor die genade van die Here in die weergeborene gepraat word, is die eerste en belangrikste die van liefde.

Ons moet eerder die dertiende hoofstuk van 1 Kor.13 in ons lewens hê as die van hfst.14. Op ‘n latere stadium sal ons meer breetvoerig die liefde behandel waarvan die Bybel ons leer.

WYSES WAAROP DIE MENS DIE HERE

SOEK VIR HEILIGMAKING:

1) Daar is die wat nooit werklik weergebore is nie. Hy dink dat hy gered is maar wat in werklikheid met hom gebeur het is dat hy wakker geword het in sy behoefte van sy toestand na die Here. Sy emosies was opgewerk in die boodskap en kom gee sy lewe oor om van die ergste sondes soos dobbel, vloek, drank af te sterf en self by ‘n kerk aan te sluit en begin ‘n daadwerklike beter lewe te lei.

Nou soek hy heiligmaking en bely sy sondes en neem die Here as sy Heiligmaking aan en neem die beloftes in die geloof aan en gee dit ‘n benaming wat tweede genade werk genoem word. Hierdie persoon is nou dood gerus en gaan maar so voort en die duiwel is nie in die minste oor hom bekommerd nie.

2) In die geval het die persoon die getuienis van die Heilige Gees, hy is werklik vergewe en besef dat daar meer is waarna hy soek, en soek nou na heiligmaking. Hy het dinge gedoen wat hy voel hy nie moes gedoen het nie, en het nou ‘n probleem met sy humeur, en praat nie ordentlik by die huis nie. Hy raak ongeduldig met sy diere of met sy mense by die huis.

Hy voel jammer vir al die dinge en gaan vra vergifnis vir al die dinge Hy ween en bid totdat hy beter voel en dat alles nou onder die bloed is. Nou sê hy dat die seën van heiligheid is, wat in werklikheid bloot net die hesrtel van sy eerste liefde is.

3) Hierdie geval is ‘n persoon wat ‘n heilige lewe lei. Hy is verlos van allerhande ledige praatjies en terugpratery, en van die gesindheid dat hy sal vergelede, van oneerlikheid, en vervalle aptyte. In kort wandel hy in die lig, en geniet di gemeenskap van die Gees, en het aan die wil van die Here toegewy vam alles wat hy weet en van alles wat aan hom geopenbaar is.

Nieteenstaande dit nie, sukkel hy met vleeslike steuringe en onaan-gename emosies wat hy by tye voel. Hy hoor dat hy heiligheid nodig het en volg nou die instuuksie waarin hy nou iets soek in plaas van om van iets ontslae te raak. Hy wy nou weer sy lewe aan die Here toe, en kan die Here hom nie gebruik nie, omdat die “ou mens” nog in sy hart heers.

Hy hoor dat hy alles op die altaar van die Here moet neerlê, omdat die altaar die middel reinig. Hierin vaal hy want niks wat onrein is kan by die altaar kom nie.

Die dood moet plaasvind, en alle onreinheid moet verwyder word. Hy wei alles aan die Here toe, en niks gebeur nie. Hy ontvang dalk ‘n heerlike seën en begin te getuig van die heerlike seën terwyl dit nooit heiligmaking is nie.

Hierdie arme misleide siel gaan nou voort om te ondek dat hy nie oorwinning oor sonde ervaar nie. Mense wat waarhede werkeerdelik verkondig is vir hierdie misleidinge verantwoordelik.

4) Hierdie persoon het alles gedoen wat die vorige gedoen en kry dit selfs reg om sy sondes te onderdruk soos wortels van bitterheid en leef ‘n beter lewe as baie heiliegheids mense, uiterlik sal u dink dat hy gereinig is. Hy lees of hoor iets van heiligheid en hoor die Heilige Gees se stem wat vir hom se dat dit is wat hy nodig het. Nou vas en bid di persoon, en sien die onreinheid van sy siel, en bly steeds af-gunstig, jaloers, partydig, self regverdigend, veroordeel. Trots for-meel ens.

Hy is op die regte pad, en begin hierdie gesindheid te bely, terwyl die krag van die Heilige Gees op hom is, en kom die ware toets. Ongeloof van binne en die aanslae van die duiwel van buite saam met die swakheid van die liggaam rys soos berge voor die persoon op en word ontmoedig en word tien duisend verskonings voorgehou om volle reininging van die Heilige Gees deelagtig te word terwyl die Here wil hê dat hierdie ou natuur van sonde uit sy lewe uitgeban moet word.

Kom ons kyk na ‘n Bybelse prentjie in die O.T. van hierdie waarheid en sal ons in die volgende weke ander prentjies ook aan u deurgee.

JAKOB AS EERSTE PRENTJIE:

Sy naam beteken bedrieër.

In die prentjie waarna ons gaan kyk kry ons ‘n duidelike beeld van die wyse waarop die Here met ons wandel.

Hierdie gesindheid wat in hom was, wa ook in sy pa nl. Isak wat teenoor Abimeleg ontken het dat Rabekka sy vrou is. Gen.26:7.

Ook Abraham sy oupa het teenoor Faroa ontken dat Sara sy vrou is Gen.12:12-13.

JAKOB VOOR SY ONTMOETING METDIE HERE:

In sy hart leef bedrog en lees ons hoedat hy in Gen.25 sy broer Esau met die pot lensiesop omgekoop het om sy eersgebore reg prys te gee ook Judas, Pilatus, en Felix het dieselfde gedoen. Ek wonder waar-mee ons ons siele sal verruil.

DIE HERE WOU JAKOB SY SEëN GEGEE HET, MAAT HET DIE VERKEERDE METODE GEVOLG: Gen.27.

Jakob vermom sy persoonlikheid deur hom voor te doen wie hy nie is nie Vs.15-16 en vertel ‘n blatante leuen. Vs.24.

Jakob het oënskynlik voorspoed gesmaak vs.28-29 en deur sy bedrog ontneem hy Esau van sy seën, hoewel Esau vuuriglik daarna verlang het Hebr.12:17.

GEVOLGE VAN JAKOB SE LEWE:

1) Jakob het nooit weer sy moeder gesien nie, en was sy moeder jare later toe hy teruggekeer het reeds dood. Jakob het sy goeie naam verloor Gen.27:36.

2) Sy broer het sy respek teenoor hom verloor vs.41.

3) En Jakob moes uit sy pa se huis vlug vs.43.

1) DIE LOON VAN DIE SONDE IS:

1) Dood: Rom.6;23   2) Toorn Efe.2:3.         

3) Maerte in u siel: Kla.11:9    4) Ewige sweal brand hel Ope.14:11

2) JAKOB SE ONTMOETING BY BET-EL.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00