IS SONDE ‘N FOUT?
Ek kan onthou toe ek as kind waar ons in kringe, nie toegelaat was om op sondae te swem of te veel speletjies te speel nie. Ek onthou op ‘n keer toe ek op ‘n baie warm dag, op ‘n muur langs ‘n swembad geloop en per “ongeluk” ingeval het. Die snaaksigheid hieromtrent was dat ek gedink het dit is reg om vir ‘n rukkie in die water te bly met die hoop ek word nie per ongeluk op heterdaad betrap nie. ‘n Goedhartige tannie van die kerk het ons in die swembad gevind en ons gemaak rondhardloop totdat ons klere droog was sodat niemand daarvan sou weet nie. Dit was geweldig grappig en lekker en miskien was die sondagreel wettig, maar in ‘n sekere sin vertel hierdie storie ons die natuur van sonde. Baie keer begeer ons iets wat God in Sy Woord se, is verkeerd en dan se ons ons het dit per ongeluk gedoen. Op hierdie wyse klink dit minder verkeerd. Elkeen maak foute, maar hoe lank WIL jy “per ongeluk” in sonde bly.
ROY DANIEL: SUID AFRIKAANSE SENDELING. BESOEK WWW.ROYDANIELFAMILY.COM