IS JY WEERGEBORE BEKEERD?

Dr. D.L. Moody was ’n wonderlike Evangeliese prediker vanuit Chicago. Op ’n tyd het hy na Engeland gegaan en daar het hy ’n jongman ontmoet wat baie graag in Moody se kerk wou preek. Moody het ingestem , met die gedagte dat hy nooit weer die jongman sal sien nie.

Verbaas was Moody toe hy eendag ’n brief kry met die inhoud dat die jongman op ’n sekere tyd in die stad sal wees en dat hy Moody op sy offer wil aanneem. Moody was weer in daardie tyd, wanneer die jongman in die stad sou wees, uit stedig en daarom het hy dit toegelaat. Hy het sy kerkraad baie goed ingelig en hulle laat verstaan dat hulle moet ingryp indien die jongman ’n groot flop van die prediking sou maak.

Moody het terug gekom en dadelik het sy vrou hom ingelig dat herlewing in die gemeente begin het. Sy het vir Moody gesê dat hy moet tot bekering kom. Die jongman het elke aand uit Johannes 3:16 gepreek oor die liefde van God vanuit sy hart.

Moody het later gesê dat hy wel tot bekering gekom het. Hy het gesê dat hy het altyd oor die oordeel kant van die kruis gepreek , maar nou preek hy oor die genade van die kruis. Ja, ek het oor die wraak van God gepreek , nou is dit oor die liefde van God. Moody se lewe en bediening het vir altyd verander.

Herlewing is nie ’n week lange vergadering nie, dit begin nie in een oomblik nie, herlewing word nie deur die mens beheer nie. Herlewing is altyd ’n hart’s aspek wat voortgebring word deur bekering van weergeborenes en ’n ywer om opnuut die Here te dien en te gehoorsaam.

Is jy weergebore bekeerd? Soek die Here vir herlewing in jou hart!

God verlang ’n rein hart van elkeen van Sy kinders.

PSALM 85:7 Sal U ons nie weer lewend maak, sodat u volk in U bly kan wees nie?

MATT. 5:8  Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

GEBED

Here, ek erken my sondige toestand voor U en ek vra U vergifnis en dat herlewing in my hart – ‘n rein hart voor God – sal begin? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00