God se doel is om elkeen van ons te verander sodat ons aan die beeld van Sy seun gelykvormig kan word (Ro 8: 29) en Hy ons kan gebruik om tot seen te wees vir andere in die wereld. Elke mens het dus ‘n doel en speel ‘n belangrike rol in die koninkryk van God en Sy missie.
Elkeen se opdrag verskil van mekaar. Sommige is ook belangriker as andere, maar almal word deur God gebruik. Dit is nie wat ons vir God doen nie, maar wat God in ons en deur ons doen wat saak maak. Die Here het ons doelbewus inter-afhanklik gemaak van mekaar sodat ons mekaar kan help en ondersteun om Sy opdrag uit te voer. Ons het almal verhoudings waarvan die vlakke verskil van mekaar. So het ons duisende kennisse, baie vriende, selfs vennote en selfs metgeselle.
‘n Kennis is iemand wat ons ken, maar min van weet
‘n Vriend is iemand met wie ons ons hartsverlange kan deel
‘n Vennoot is iemand wat ons doel en ons belange deel
‘n Metgesel
Die woord metgesel kom van ‘n Griekse woord wat letterlik beteken om aan dieselfde juk te trek, mekaar te komplimenteer vir ‘n gemeenskaplike doel.
‘n Metgesel is iemand wat sy lewe daaraan wy om andere te help om God se wil te volg.
‘n Metgesel bemoedig jou, moedig jou aan, bid vir jou, ondersteun jou en dra selfs finansieel by.
‘n Metgesel weerhou jou selfs van verkeerde besluite of selfs verkeerde verhoudings.
‘n Metgesel is iemand wat sy liefde en verbintenis aan jou, gewillig is om soms met groot persoonlike moeite, koste en opofferring jou te ondersteun en te help sodat jy aan God gehoorsaam te kan wees en Sy wil uit te voer.
Elke huisgesin en familie bestaan uit lede wat eintlik medewerkers is op ons lewensreis. Die Here gebruik ons en gee vir ons metgeselle om ons te help en ander kere help ons weer mense as ‘n metgesel sodat hulle hul opdrag kan uitvoer. Elkeen van ons is ‘n Metgesel vir iemand. Is jy dit vir jou geliefdes in die gesin?