IS JY HAASTIG OF GLO JY GOD?

Een van die grootste wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete. In die woestyn moes die Israeliete tog kos kry. Nou, hoe voed jy ongeveer 3,5 miljoen mense?

 

’n Kwartiermeester Generaal het berekeninge gedoen en bepaal dat Moses het ongeveer 1500 ton kos per dag benodig om die volk te voed. ’n Goederetrein van 6 kilometer lank sou benodig word om die kos te vervoer. Hierdie kos moes dan natuurlik gaar gemaak word, wat beteken dat hulle hout nodig gehad het. Dit moet net in gedagte gehou word , dat hulle in die woestyn was. Die hoeveelheid hout sou beloop 4000 ton per dag en ook dit sou ’n paar goederetreine verg van so 2 kilometer lank.

 

Ons moet dit nie uit die oog verloor dat hulle vir veertig jaar in die woestyn geswerf / getrek het nie.

 

Wat van water? Die water benodig vir drink en so bietjie opwas, sou 50 miljoen liter elke dag beloop. ’n Goederetrein met tenkwaens van so 19 kilometer sou benodig word vir die taak. Dit is bekend dat daar slegs ’n paar putte in die woestyn was – hoe het hulle water gekry? Wat van al die vee wat saam trek?

 

Ons weet dat hierdie volk uit Egipte getrek het en dat hulle deur die Rooi see moes gaan. Die volk het in een nag deur getrek en dit beteken dat sou hulle twee-twee deur die see loop, dit hulle 35 dae en nagte lank sou neem. Dit is dan duidelik dat daar ’n pad deur die see van 5 kilometer breed moes wees sodat vyfduisend mense langs mekaar kon loop om in een nag deur die see te gaan.

 

’n Verdere probleem was dat daar elke nag gekamp moes word. ’n Kampterrein van 1200vk kilometer was nodig , wat meebring dat dit ’n area van 40 kilometer breed en 48 kilometer lank moes wees om almal te akkomodeer.

 

Nou vra ek jou – dink jy dat Moses het al hierdie dinge haarfyn beplan en uitgewerk? Nee, hy was ’n gewone man maar met ’n onwrikbare geloof in God. Hy het geweet dat hy gehoorsaam moes wees en dat God vir alles sou sorg.

 

Jy lees hierdie stuk vandag maar in jou agterkop is daar probleme wat jy weet jy nie oplossings voor het nie. Kom vandag en buig voor God? Skep moed!!! God is in beheer en God sal vir jou voorsien! Ja, ek weet ons as mens, indien ons God iets vra dan soek ons dit mos NOU! Nee, vertrou God dat Hy dit vir jou op Sy tyd sal oplos en vir jou sal help. Al wat God van jou verlang is om gehoorsaam te wees aan Sy Woord. Daarom die eerste wat belangrik is, is dat jy sal seker maak dat jy weet Jesus Christus is in jou hart, dat jou sonde vergewe is en dat jy rein voor God en mens staan.

 

Weet en neem dit en maak dit jou eie – God sorg vir jou!! Elke dag sal Hy jou dra en help. Skep moed! Moenie haastig wees nie! Wag op die Here!

 

 Dit is dieselfde God wat ons aanbid vandag , wat die Israeliete versorg het in die woestyn vir 40 jaar lank. Elke dag kos, water, hout, kampterrein.

 

JESAJA 28:16 “daarom, so sê die Here HERE: …………….; hy wat glo, sal nie

 

                            haastig wees nie.”

 

GEBED

 

Here, baie dankie dat ek vandag opnuut kan weet dat U vir my sorg. Here, U ken al my bekommernisse en stryd! U weet dat ek het geen antwoord vir al die probleme waarmee ek worstel nie! Dankie dat ek alles by U kan laat en dat ek kan wag op U antwoord en leiding. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00