INSEENING VAN ‘N KIND: ANDRIES JOUBERT:

INLEIDING:

Die feit dat jy Alisia hierdie seuntjie bring om opgedra te word sê dat jy die begeerte het om hierdie kind in die vrese van die Here groot te maak.

‘n Prediker vertal in sy boekie hoe hy by Kanada in ‘n klein groepie betrokke geraak het terwyl hy ‘n prediker in California was. Hierdie groepie was totaal moedeloos en het geen lig meer vir hulle as gemeente gesien nie. Hierdie prediker het orbeweeg na hierdie gemaante nadat die sowat 10 vir die laaste keer tot die Here geroep het om te weet wat hulle moet doen. Hy het gehoorsaam en gegaan. Dit was in die 70 tigs gewees. Hulle was op die punt om toe te maak.

Op die eerste Saterdag toe hulle daar aankom, kom daar stop daar ‘n motor met 5 mans en vra aan die prediker of hy nie ook hulle predikant sal wees nie.  

Ons moet weet dat die agenda van die Here nie my en jou agenda is nie. Hy is die Here en doen wat Hy wil. As ons aan Hom behoort kan Hy met ons maak soos Hy wil.

Hierdie prediker moes twee keer ‘n week 140 km ry na die ander gemaante terwyl hierdie klein groepie net spook om aan die lewe te bly. As ons Kanada ken met die vreeslike koues gedurende die winter waar sneeu hoe dik lê, dit het veroorsak dat hierdie klein gemeente wat net aan hulleself gedink ht begin ‘n wisie kry, terwyl hulle net gedink het hoe hulle moes oorleef. Die Here was besig om te werk.

1 Joh.5:19-20 In ons verhouding met die Here sal Hy waarheid aan ons kom openbaar. Wat is die toekoms van hierdie gemeente en wat die toekoms van elkeen van ons se lewens is. As die waaragtige die waarhede aan ons bekend maak oor ons toekoms sal ons verstom staan. Daar is ‘n algemene probleem dat iendien iemand geroep raak en bekwaam raak, beleef ons so iemand as ‘n bedreiging.

Soms gee ons onsself en lei mensies op en dan gebeur dit dat die Here hulle wegstuur, ons moes leer dat ons nie mensies verloor as ons vir hulle bid en hulle wegstuur ne, die Here sal ander weer opwek. As ons as Middelburg gemeente kan besef dat ons hier ‘n beginpunt is van vele wat bloot net hier verbytrek om een of ander basis opleiding te kry om dan verder te beweeg, sal ons so geseën word as ons onsself gewillig verklaar om deur die gebruik te word.

As ons dan weggestuur word en op ‘n ander plek is sal ons so eensaam voel. ‘n Appelboom se vrug is nog ‘n appelboom. Ons het nie die reg om die Evangelie van Christus vir onsself te hou nie, tewryl daar mensies is wat dit nog nooit gehoor het nie. Baie word in kerke groot wat nie beteken dat so ‘n persoon gered is nie. Daar is die wat goed doen wat mooi en goed en gaaf is, maar hulle het geen verhouding met die Here Jesus nie. Ons mag nie na ‘n ander pad kyk nie.

Ons word nie gered om net as ‘n groepie bymekaar te bly en mekaar se teenwoordigheid te geniet nie, en dit stop net daar nie. Groei mag nie net hier binne hierdie vier mure plaasvind nie. Ooral waar ons gaan moet ons mense vir die Here Jesus te deel. Hierdie klein gemeente het ‘n passie in hulle harte gehad vir ‘n Universiteit nabyy hulle. Ons sou sê wat kan tien mensies doen. Dit wa ‘n klomp ou mensies. Hierdie mensie het begin bid, en die Here gesoek en gevra dat die Here hulle moet help om ‘n verskil te maak.

Toe hulle hul oë oopmaak stuur die Here vir hulle ‘n jong gesin wat ‘n professor was en weergebore kinders van die Here was in die universiteit. Binne ‘n kort periode. Binne twee jaar het hierdie gemeente 160 mense na die Here toe gelei. Studente, die helfte van hulle staan nog waar hulle in voltydse bediening in geroep was.

Hulle begin ‘n Bybel kolledge en besef hoe belangrik dit is om mense opleiding te gee. Binne 10 jaar het hulle 400 studente opgelei. Wat gaan met ons aan, dat ons nie ‘n visie het vir die uitbreiding van die Koninkryk nie. Ons moet begin wakker word.

Ons is nie vir ander denomisnasies verantwoordelik nie, maar ons het ‘n roeping om aan hierdie wêreld die boodskap van volle verlos-sing te verkondig. Binne die raamwerk van ons kerk moet ons die sout van die aarde n die Lig van die wêreld wees. Ons durf nie agteroord\sit en hande vou en sê alles gaan goed en wel met ons nie. Ons gemeente moet ‘n evangeliserende gemeente word. Wat hom-self soos ‘n liggaam reproduseer, selle reproduseer om volwasse te word.

Die ware vrug van ‘n appelboom is nog ‘n appelboom. As ons getrou gaan wees in die mate waartoe die Here ons toevertrou, salons verstom staan oor wat die here in hierdie gemeente kan doen. Die Here sal ons beloon as ons getrou sal wees. Die Here beloon getrouheid deur groter veantwoordelikhede aan ons te gee.

As jy getrou is, sal die Here oor groter aspekte vertrou, dit is Skriftuurlik, mooi so goeie en getroue dienskneg oor drie stede was jy getrou, oor vier en tien sal Ek jou aanstel.

Jy moet net beskikbaar wees om deur die Here gebruik is. Ons is finasieël vry wees om ons te stuur. Beleef wonderwerke in ares van finansies. Ons moet begin uitbeweeg om geseën te wees.

WAT LAAT EK VIR MY KIND NA:

Jos.1:8 “Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag; sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.”

Die doel van ‘n seen is om iets van die heerlikheid van die Here af te bid, om Hom wat ons geskape het en reg het op ons lewns Sy regmatige plek te gee om te doen wat Hy behaag om in lewens te doen.

Dan die seën: Dat hierdie kindjie sal grootword met ‘n Godbewustheid,

met ‘n liefde vir die Woord

met ‘n wandel wat ander dors sal maak (soos sout van die aarde)

met ‘n passie vir siele,

met ‘n reinheid van lewenswandel ‘n verlange om die Here te behaag en te gehoorsaam,

met ‘n stedfastness om nooit terug te val in haar lewe nie, en

om leiding te neem in die ware dinge van die Here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00