'n Voltooide Offer - Charles Spurgeon

“En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê: en dit sal vir hom aanvaar word om vir hom versoening te doen.” (Levitikus 1:4)

As deur die lê van sy hand op die bul, die bul die offer van die offeraar geword het, hoe veel te meer sal Jesus onsne word deur die lê van die hand van geloof?

My geloof lê haar hand
Op daardie dierbare hoof van U,
Terwyl ek soos ‘n berouvolle staan,
En daar my sonde bely.

As ‘n bul vir hom aanvaar kon word om versoening te doen, hoe veel te meer sal die Here Jesus ons volle en allesgenoegsame versoening wees?

Sommige stry oor die groot waarheid van plaasvervanging, maar vir ons is dit ons hoop, ons vreugde, ons roem, ons alles. Jesus is vir ons aanvaar om versoening vir ons te doen, en ons is “aanvaar in die Geliefde.”

Laat die leser dadelik sorg om sy hand op die voltooide offer van die Here te lê, sodat hy, deur dit te aanvaar, die voordeel daarvan mag bekom.

As hy dit al een keer gedoen het, laat hom dit weer doen.

As hy dit nog nooit gedoen het nie, laat hom sonder ‘n oomblik se versuim sy hand uitsteek.

Jesus is nou joune as jy Hom wil hê. Leun op Hom — leun sterk op Hom — en Hy is joune sonder twyfel; jy is met God versoen, jou sondes is uitgewis, en jy behoort aan die Here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00