AS DIE HEERLIKHEID VAN DIE HERE KOM.

SKRIFLESING: 2 KRONIEKE.5:1-6:14

 

TEKS: 2 KRONIEKE 5:14 En die priesters kon vanwee die

 

wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.

 

INLEIDING:

 

Vorige boodskappe het gehandel oor:

 

Beskikbaar vir n besondere taak: 1 Kronieke 10 en 11.

 

Dawid was beskikbaar vir die voorbereiding van die bou van die tempel.

 

n Nuwe seisoen breek aan – Saul is dood.1Kronieke 12.

 

Dapper manne wat toegerus is, vol van die Heilige Gees, kundige manne wat weet wat om te doen, nie dubbelhartige manne.

 

Die Ark moet terug op sy plek – 1 Kronieke 13.

 

Dawid deel die visie, ander verstaan en word deel van die visie, die Heiligheid en seen van die visie.

 

DAAR WAS LANK VOORBEREIDING GEDOEN :

 

Hoe lank het dit alles gevat?

 

2 Kronieke 8:1 En aan die einde van 20 jaar waarin Salomo die huis van die HERE,en sy huis gebou het.

 

– 20 jaar gebou aan die Tempel, en voor dit het Dawid baie voorbereiding gedoen

 

Die Here werk agter die skerms waarvan ons niks weet. Kyk na die groot Herlewings en die Reformasie 500 jaar gelede. Hoe lank bid mense al? Ek bid al vanaf 1983, dit is 34 jaar. Betrokke by Herlewingskongresse Suid Afrika saam met Dr Johannes vd Colff en Dr Willie Marais vanaf 1992, dit is 25 jaar.

 

DAAR WAS BAIE MENSE MET DIESELFDE PASSIE: 2 Kronieke 5:2,3 En Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde , die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion opwaarts gebring. En al die manne van Israel het by die koning saam gekom op die fees, dit was die sewende maand.

 

Hulle het n passie dat die Ark op sy plek moet kom. “saamgekom op die fees” Klink of hulle dit geniet het.

 

Jy hoef nie iemand te smeek as hy n passie het vir die Here en Sy saak. Wanneer mense dit begin geniet wat hulle doen omdat hulle dit vir Jesus doen.

 

Dan is dit lekker om Sondagskool toe te gaan en te gee, lekker saam met Senior burgers Woensdae, lekker om sang te lei, klank, kantoor ….. so kan ons aangaan. Klomp mense wat lekker saam werk vir Jesus.

 

DAAR WAS VOLGENS GOD SE INSTRUKSIES GEWERK : 2 Kronieke 5: 2,3 En Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde , die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion opwaarts gebring. En al die manne van Israel het by die koning saam gekom op die fees, dit was die sewende maand.

 

Hulle het dit gedoen soos die Here bevel. Die Leviete het dit gedra. Nie soos Dawid in vorige boodskap.

 

Dit wys op Skrifgefundeerde handelinge en ons sien al hoe meer mense keer terug na sulke gemeentes, want mense moeg vir “foefies” op soek na die waarheid van die Woord.

 

DAAR WAS BAIE OFFERS DEUR HULLE GEBRING: 2 Kronieke 5 :5,6 . En die ark en die tent van samekoms met al die heilige voorwerpe wat in die tent was, gebring; die Levitiese preisters het dit opwaarts gebring. En toe koning Salomo en die hele vergadering van Israel wat by hom byeen was, voor die aek staan, het hulle kleinvee en beeste geoffer wat vanwee die menigte nie getel of bereken kon word nie.

 

Daar ws geen beperking in die offers. Offers verskil van persoon tot persoon, oofers beteken dit kos my iets. Dalk geld,  mammon, tyd om eers my pa te begrawe, persoonlike offers, geloofs offers en vele meer. Elkeen moet offers bring vir Hom wat Sy lewe geoffer het as ons Hom wil sien.

 

DAAR WAS N VISIE EN N MISSIE GEWEES : 2 Kronieke 5:7 Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gerubs in.

 

Verlede week daarna gekyk. Sonder n visie is ons rigtingloos? Ons visie? Dissipels van en vir almal van en vir Jesus.

 

Ons is besig met “Reconnect” om in kontak met God te wees. Om weer die vreugde te smaak waar Jesus praat. Om n verskil in ander se lewens te maak. Gewillig om van ander dissipels te maak.

 

DAAR WAS NIKS ANDERS IN DIE ARK AS DIE TWEE TAFELS : 2 Kronieke 5:10 Daar was niks in die ark nie as net die twee tafels was Moses by Horeb inggesit het, toe die HERE ‘n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipte.

 

Niks anders? Wat is die Wet? Die Woorde van God op kliptafels. Wie is die Woord?

 

Johannes 1:1-4 IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe , en die lewe was die lig van die mense.

 

Johannes 1: 14 En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eersgeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid. 

 

Jesus en niks anders nie. Kyk waarvan is mense se harte vol. Kyk na hulle wie se harte vol van Jesus is

 

DAAR WAS EENSGESINDHEID EN SAMEWERKING: 2 Kronieke 5:13 en toe die trompetblasrs en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente en met:Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! – is die huis, die huis van die HERE, vervul met ‘n wolk.

 

2 Kronieke 5:11-13  – al, almal, saam. Daar is net een manier, en dit is as almal se oog op Jesus is terwyl hulle saam is.

 

Hebreers 12:1,2 DAAROM dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuienis rondom ons het, laat ons ook elke las afle en die sonde wat ons so gemaklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons le, die oog gevestig op Jesus , die Leidsman en Voleinder van die geloof , wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het e naan die regterhand van die troon van God gaan sit het.

 

Unity in essentials, liberty in non essentials and charity in all other things. Dan kan verskillende kerke saam werk en eensgesind wees.

 

DAAR WAS N OOMBLIK DEUR GOD BEPAAL:         2 Kronieke 5:13,14 en toe die trompetblasrs en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente en met:Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! – is die huis, die huis van die HERE, vervul met ‘n wolk. En die priesters kon vanwee die die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.

 

Die dowwe lamppit begin weer helder brand, die geknakte riet word weer herstel, die lam kniee kom in beweging, die slap hande word word bruikbaar, die krom paaie word reguit gemaak.

 

Hoe lyk dit in die praktyk? Huwelikke wat verflou word brandend, gesinne en verhoudings wat verbrokkel word herstel, wonders vind plaas in finansies en tydelike.

 

Hand van beskerming teen onheil, verlossing uit die gat van depressive en mense getuig van verlossing uit sonde

 

Gaan lees die boeke “Flickering lamps van Dr Henry  Blackaby” From embers to flame van Dr Harry Reeder” en “Reconnect van Dr Francois Carr van Heartcry SA”.

 

Almal wys “terug na Jesus”.

 

Die vraag is: Is jy waarlik gered? Is daar sonde waarmee jy worstel? Is daar ‘n offer wat jy moet bring? Wil jy deel wees van wat die Here wil doen? Begeer jy die heerlikheid van God?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00