BOODSKAP NR 13

SKRIFLESING: 1 JOH.4:17-5:5

TEMA: LEWE VOLUIT MET DIE VOLMAAKTE LIEFDE (2)

WAT IS VOLMAAKTE LIEFDE? 4:12, 17, 18

IN ONS VORIGE BOODSKAP UIT 4:7-16 GESIEN DAAR IS 3 DINGE RONDOM GOD WAT ONS MOET VERSTAAN AS ONS HIERDIE VOLMAAKTE LIEFDE WIL VERSTAAN

WIE HY IS -:7,8

GOD IS LIEFDE – VADER SEUN EN HEILIGE GEES

LIEFDE IS UIT GOD

WAT HY GEDOEN HET :9-11

DIE OPENBARING VAN SY LIEFDE

DIE WESE VAN SY LIEFDE

WAT HY BESIG IS OM TE DOEN :12-16

BEWYS SY LIEFDE

BEVESTIG SY LIEFDE

BEWAAR SY LIEFDE

AS EK DIE VOLMAAKTE LIEFDE VERSTAAN, KAN EK DIT LEEF

DIE VOLMAAKTE LIEFDE KOM UIT GOD

DIE BEWYS VAN VOLMAAKTE LIEFDE VD MENS IS EERSTENS TEENOOR GOD, EN NIE TEENOOR SY NAASTE NIE!!!

HY HET ONS EERSTE LIEFGEHAD

DAAR IS 4 DINGE AS BEWYS AS IEMAND DIT LEEF. – 4:17-5:5

1) VRYMOEDIGHEID TEENOOR GOD SONDER VREES – 4:17-18

2) EERLIKHEID TEENOOR GOD TEN ALLE TYE – 4:19-21

3) GEHOORSAAM AAN GOD SE GEBOD – 5:1-3

4) OORWINNING DEUR GELOOF IN GOD – 5:4,5

HIERDIE LIEFDE IS VOLMAAK, AS MY LIEFDE EERSTENS TEENOOR GOD GETOETS WORD, EN NIE TEENOOR MENSE

WNNR – TOETS DEUR DIE ONTWERPER

KYK NA VIER BEWYSE VAN HIERDIE VOLMAAKTE LIEFDE

1)    VRYMOEDIGHEID TEENOOR GOD SONDER VREES – 4:17-18

TWEE WOORDE WORD GEBRUIK “VREES” EN “STRAF”

IS DIT MOONTLIK DAT N K.V.G IN VREES VIR STRAF KAN LEWE?

JA, AS HY NIE VOLMAAKTE LIEFDE KEN EN HET NIE

AS HY NIE VRYMOEDIGHEID HET NIE

VOLMAAKTE LIEFDE BRING VRYMOEDIGHEID TEENOOR GOD

DIT IS VREES EN STRAF WAT VRYMOEDIGHEID STEEL

DIE WOORD VIR VREES IS “PHOBIA” WAT DIE VREES VIR IETS BESKRYF SOOS “HYDROPHOBIA” IS VREES VIR WATER

JY KAN VREES EN STRAF NIE SKEI VAN MEKAAR

MENSE LEEF IN VREES OOR 3 DINGE NL:

1) DINGE VAN DIE VERLEDE WAT HULLE JAAG,

2) DINGE VAN DIE HEDE WAT HULLE ONTSTEL

3) DINGE VAN DIE TOEKOMS WAT HULLE LEWE BEDREIG

WAT KAN HIERDIE VREES WEGNEEM?

“…DIE VOLMAAKTE LIEFDE DRYF DIE VREES NA BUITE…”

(HEB 9:27)

EN NET SOOS DIE MENSE BESTEM IS OM EEN MAAL TE STERWE EN DAARNA DIE OORDEEL,

GEEN VREES VANDAG VIR DIE TOEKOMS NIE

ROM 8:1

DAAR IS DAN NOU GEEN VEROORDELING VIR DIE WAT IN CHRISTUS JESUS IS NIE, VIR DIE WAT NIE NA DIE VLEES WANDEL NIE, MAAR NA DIE GEES.

GEEN VREES VANDAG EN MORE VIR DIE HEDE EN DIE TOEKOMS NIE

DIE STRAF VAN DIE KVG LE NIE IN DIE TOEKOMS , MAAR WEL IN DIE VERLEDE

ONTHOU  – VORIGE BOODSKAP – VOLMAAKTE LIEFDE? WIE HY IS, WAT HY GEDOEN HET EN WAT HY BESIG IS OM TE DOEN.

DIE VOLMAAKTE LIEFDE DRYF DIE VREES VIR STRAF UIT

HY HET ONS VERLEDE UITGEDELG

GOD IS LIEFDE EN DIE LIEFDE IS UIT GOD

HY HET ONS TOEKOMS VERANDER

ROM 8:15

WANT JULLE HET NIE ONTVANG ‘N GEES VAN SLAWERNY OM WEER TE VREES NIE, MAAR JULLE HET ONTVANG DIE GEES VAN AANNEMING TOT KINDERS, DEUR WIE ONS ROEP: ABBA, VADER!

2TI 1:7

WANT GOD HET ONS NIE ‘N GEES VAN VREESAGTIGHEID GEGEE NIE, MAAR VAN KRAG EN LIEFDE EN SELFBEHEERSING.

DIE VOLMAAKTE LIEFDE DRYF DIE VREES UIT

ROM 8:35-39

WIE SAL ONS SKEI VAN DIE LIEFDE VAN CHRISTUS VERDRUKKING OF BENOUDHEID OF VERVOLGING OF HONGER OF NAAKT -HEID OF GEVAAR OF SWAARD? SOOS GESKRYWE IS: OM U ONTWIL WORD ONS DIE HELE DAG GEDOOD, ONS IS GEREKEN AS SLAGSKAPE.  MAAR IN AL HIERDIE DINGE IS ONS MEER AS OORWINNAARS DEUR HOM WAT ONS LIEFGEHAD HET. WANT EK IS VERSEKERD DAT GEEN DOOD OF LEWE OF ENGELE OF OWERHEDE OF MAGTE OF TEENWOORDIGE OF TOEKOMENDE DINGE; OF HOOGTE OF DIEPTE OF ENIGE ANDER SKEPSEL ONS SAL KAN SKEI VAN DIE LIEFDE VAN GOD WAT DAAR IN CHRISTUS JESUS, ONSE HERE, IS NIE.

2)    EERLIKHEID TEENOOR GOD TEN ALLE TYE – 4:19-21

1JO 4:20

AS IEMAND SÊ: EK HET GOD LIEF—EN SY BROEDER HAAT, IS HY ‘N LEUENAAR; WANT WIE SY BROEDER WAT HY GESIEN HET, NIE LIEFHET NIE, HOE KAN HY GOD LIEFHÊ WAT HY NIE GESIEN HET NIE?

WEES EERLIK – VERSTAAN EK :19 “…HY HET ONS EERSTE LIEF GEHAD….” DIE TOETS IS VRYMOEDIGHEID SONDER VREES

VORIGE BOODSKAP “….WAT ONS SE EN DOEN…”

KENMERK VAN VREES VIR MENSE EN DINGE, IS N VOORGEE LEWE

EERLIKHEID HELP DAT DIE VRESE KAN VERDWYN.

WAAROM HET ADAM EN EVA VIR GOD WEGGEKRUIP?

MENSE STRAF HULLESELF HEELTYD DEUR TE WONDER “WAT DINK DIE MENSE VAN MY… WAT WEET HULLE ALLES REGTIG V MY…”

PROBEER SO HARD OM MENSE TE BEINDRUK

IS DIT LIEFDE, OF ONEERLIK TEENOOR HULLE EN JOUSELF?

WAT IS DIE ANTWOORD?

AS MENSE DIE VOLMAAKTE LIEFDE HET NL OM GOD LIEF TE HE, BETEKEN DIT AS EK EEN PERSOON LIEFHET, SAL EK ANDER KAN LIEFHE.

JY KAN NIE MENSE LIEFHE AS JY GOD NIE LIEFHET

DRAAI DIE ORDE OM, EN WEES EERLIK

JY KAN GOD EN MENSE NIE FLOUS NIE

BYBELSE VOORBEELD – ANNANIAS EN SAFFIRA – VOORGEE

VOLMAAKTE LIEFDE DRAAI DIE FOKUS NA GOD TOE

VRYMOEDIGHEID TEENOOR GOD EN EERLIKHEID TEENOOR JOUSELF EN ANDER WERK VOLMAAKTE LIEFDE

3)    GEHOORSAAMHEID AAN GOD SE GEBOD – 5:1-3

(1JO 5:2)

HIERAAN WEET ONS DAT ONS DIE KINDERS VAN GOD LIEFHET: WANNEER ONS GOD LIEFHET EN SY GEBOOIE BEWAAR. :3 WANT DIT IS DIE LIEFDE TOT GOD, DAT ONS SY GEBOOIE BEWAAR; EN SY GEBOOIE IS NIE SWAAR NIE.

DIE EEN WAT GEHOORSAAM IS, HET VOLMAAKTE LIEFDE ONTDEK

WAAROM HET N MAN SY VROU LIEF?

WAAROM LEWE KINDERS IN GEHOORSAAMHEID?

DIE HELE SKEPPING ONDERWERP HOM AAN GOD SE WIL, BEHALWE SY HOOGSTE SKEPPING, DIE MENS

LEES JONA? – DIE WIND, SEE, EN VIS IS GEHOORSAAM

WAT DOEN JONA?

IEMAND WAT GOD LIEFHET VIND DIT MAKLIK OM GEHOORSAAM TE WEES AAN GOD SE WOORD

HOE WEET N MENS OF IEMAND VOLMAAKTE LIEFDE HET?

LEES DIE 10 GEBOOIE

DIE WOORD VAN DIE HERE IS VIR HOM SOOS N LIEFDESBRIEF NIE NET N KLOMP WETTE WAT SY PRET BEDERF

KYK NA DAWID – IEMAND WAT DIE HERE LIEFHET:

LEES PS 119 EN KYK NA ELKE VERS WAARNA WYS DIT?

HOE SIEN HY DIE WOORD?

(PSA 119:14)

EK IS VROLIK IN DIE WEG VAN U GETUIENISSE SOOS OOR ALLERHANDE RYKDOM.

(PSA 119:16)

EK SAL MY VERLUSTIG IN U INSETTINGE, U WOORD SAL EK NIE VERGEET NIE.

(PSA 119:54)

U INSETTINGE WAS GESANGE VIR MY IN DIE HUIS VAN MY VREEMDELINGSKAP.

(PSA 119:97)

HOE LIEF HET EK U WET; DIT IS MY BEPEINSING DIE HELE DAG.

(PSA 119:103)

HOE SOET IS U BELOFTES VIR MY VERHEMELTE, MEER AS HEUNING VIR MY MOND.

IEMAND WAT LIEFHET, KRY DIT REG OM GEHOORSAAM TE WEES

4)    OORWINNING DEUR DIE GELOOF – 5:4-5

(1JO 5:4)

WANT ALLES WAT UIT GOD GEBORE IS, OORWIN DIE WÊRELD; EN DIT IS DIE OORWINNING WAT DIE WÊRELD OORWIN HET, NAAMLIK ONS GELOOF. :5 WIE ANDERS IS DIT WAT DIE WÊRELD OORWIN AS HY WAT GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS?

DIE GRIEKSE GODIN VIR OORWINNING WAS NIKE

SLEGS DEUR VOLMAAKTE LIEFDE KAN DIE WERELD OORWIN WORD

(1JO 2:15)

MOENIE DIE WÊRELD LIEFHÊ OF DIE DINGE WAT IN DIE WÊRELD IS NIE. AS IEMAND DIE WÊRELD LIEFHET, DAN IS DIE LIEFDE VAN DIE VADER NIE IN HOM NIE.

SOOS EK DIE WOORD LEES, GROEI MY GELOOF, EN HOE MEER MY GELOOF GROEI, HOE MEER OORWIN EK DIE WERELD.

HOE LIEWER EK IEMAND KRY, HOE MEER VERTROU EK HOM

DIT IS NIE N VERTROUE IN MYSELF NIE, MAAR IN CHRISTUS

(1JO 5:5)

WIE ANDERS IS DIT WAT DIE WÊRELD OORWIN AS HY WAT GLO DAT JESUS DIE SEUN VAN GOD IS?

VOLMAAKTE LIEFDE WORD GEKOPPEL AAN:

VRYMOEDIGHEID

EERLIKHEID

GEHOORSAAMHEID

GELOOF

HOE SAL DIE WERELD LYK MET DIE VOLMAAKTE LIEFDE?

PERSOONLIK

GESINNE

GEMEENTES

DIE WERELD

WAT IS DAAR IN JOU LEWE WAT VOLMAAKTE LIEFDE KEER?

VRYMOEDIGHEID

EERLIKHEID

GEHOORSAAMHEID

VERTROUE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00