Vervolging in Tanzania 
 
Krediet Open Doors Web Werf  http://www.opendoors.org.za/
 

 
Brandstigters het ’n kerk in Tanzanië, in die semi-outonome streek van Zanzibar, op 19 Februarie afgebrand, twee dae nadat gewapende mans ’n Katolieke priester daar vermoor het.
 
Die Evangeliese Kerk van Siloam is vroeg op 19 Februarie deur ’n onbekende groep mense aan die brand gesteek, het die polisie woordvoerder Mohamed Mhina gesê. Niemand is beseer nie en die vuur was geblus, het hy bevestig.
 
Twee dae vroeër, op Sondag, is ’n Katolieke priester vermoor deur gewapende mans in die Motni gebied, in die stedelike weste van die eiland.
 
Die voorvalle is die jongste in ’n reeks van aanvalle teen kerkleiers en Christeneiendom regoor die land. In die afgelope paar maande het geweld teen die klein Christenminderheid toegeneem.
 
Krediet Open Doors Web Werf  http://www.opendoors.org.za/
 
 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00