Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE

Geloof moet gekoppel wees. ‘n Groep Valskermspringers het uit ‘n vliegtuig gespring soos beplan was. ‘n Fotograaf was onder hulle wat elke beweging op sy kamera vasgevang het. Na die tyd kon mense sien hoe egalig en reëlmatig die weërspieling was totdat die film wild heen en weer gewys het. Die fotograaf het op daardie stadium met vrees ontdek dat in sy haas om uit die vliegtuig te spring en deel van hierdie besondere belewenis te wees, hy nooit sy valskerm aangesit nie! In sekondes het hy die aarde getref en homself dood geval. Sy geloof in ‘n valskerm het hom nie gebaat nie omdat die valskerm nie self aan hom vasgemaak was nie. So ook, as ons geloof in die Here Jesus nie persoonlik vasgemaak is nie sal ons saam met die duiwels glo en tog in die verderf land !

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00