Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

 

 

 

WOEDE!

 

 

 

 

Dit is laat die nag dat die groot trok by die oornag stop tot stilstand kom. Die groot fris drywer klim uit en stap na die restaurant. Hy sit rustig en plaas sy bestelling. Heerlike warm hamburger en skyfies met ’n glas koue Coke en ys word vir hom bedien.

 

Die volgende oomblik kom drie “bikers”, daardie tipe wat soos die “Hell’s Angels” van ouds lyk, aangestap. Die een druk die burger plat, die ander een vat ’n hand vol skyfies en die derde drink die koeldrank. Hulle tart die groot trok drywer.

 

Hy staan op en neem die strokie na die toonbank en betaal sy bestelling. Hy stap uit na sy trok en vertrek.

 

“Hy is ’n regte ou sissie” sê die een vir die dame agter die toonbank. “Ja, ek weet nie van dit nie, maar wat ek wel weet is dat hy nie ’n goeie drywer is nie want hy het so pas oor drie motorfietse gery!”

 

 

 

 

Sulke insidente gebeur daagliks in ons land en soms in ons lewe ook. Hoe hanteer jy dit? Word jy kwaad as die ander voertuig voor jou inry? Hoe hanteer jy woede by die werk? Of by die huis? Wat van die sportveld?

 

 

 

 

Die Woord van God noem vir ons vier tipes van woede.

 

 

 

 

1.     Spreuke 14:17  Wie kortgebonde is, begaan sotheid;  Hier het ons te doen met skielike woede. Aaaag, dit is as gevolg van my herkoms of my rooi hare!

 

Hierdie woede veroorsaak dat jy sotheid begaan. Jy sê dinge en doen dinge waaroor jy spyt gaan wees. Hierdie woede moet beheer word.

 

2.     Mat 5:22  Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede

 

     kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy

 

     broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en

 

     elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

 

     Hier het ons te doen met sondige woede. Ons moet nie vir mekaar kwaad 

 

     wees nie, ons moet eerder mekaar ondersteun en help. Hierdie woede moet 

 

     bely word.

 

3.     EFES. 4:26  Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan  

 

     oor julle toorn nie;

 

     EFES. 4:27  en gee aan die duiwel geen plek nie.

 

     Hier het ons te doen met hardnekkige woede. Dit is woede wat altyd daar is, 

 

     dag vir dag vir dag. Woede vir jou vrou/man/kinders/ son skyn in jou oë/…..

 

     Hierdie woede moet oorwin word.

 

4.     EFES. 4:26  Word toornig en moenie sondig nie; Lees ook Markus 3:1-5. Hierdie sal ons Geheiligde woede noem. Hierdie woede moet in die regte rigting gekanaliseer word tot eer van die Here.

 

 

 

 

Kom laat ons elkeen onsself in die Lig van die Woord ondersoek? Kyk wat is by jou teenwoordig? Bring dit vir die Here en gee jou wil en keuses en lewe vir Hom?

 

 

 

 

 

 

 

GEBED

 

Here, ek raak soms so woedend, wees my genadig en vergewe my? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00