Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WIE SE KIND IS JY?
Dit is somer en die predikant en sy vrou het hulle jaarlikse verlof geneem. Een aand het hulle ’n klein stil restaurant gevind waar net hulle twee rustig kan sit en eet. Hulle het soos twee verliefdes by die tafel gesit en wag, dat hulle toe opmerk dat daar ’n gryskop man van tafel tot tafel beweeg. Die man het met die gaste gekuier en die predikant het oorgeleun na sy vrou en gesê dat hy hoop nie die man kom hier na hulle toe nie. Hy wou nie gahad het dat enige persoon hul private tyd opneem nie. Tog het die man gekom na hulle tafel en dadelik gevra waar hulle vandaan is.
Die volgende vraag dan ook sommer gou:”Wat doen jy vir ’n lewe?” Dit is toe hy antwoord dat hy ’n predikant is, dat die man sommer die stoel uittrek en by hulle aan tafel gaan sit. Die predikant noem dat hy so in sy gemoed gekla het dat hier kom alweer ’n predikants, storie. Almal het mos een.
Die man het sy hand uitgesteek en – “Ek is Ben.” Ek is van die omgewing en nie baie ver hiervandaan , net agter die berge, is ek gebore. Ek en my ma het alleen gelewe en ek het nooit geweet wie my pa is nie. Die kinders by die skool het my baie gespot en speeltye het ek maar alleen daar eenkant gesit. Almal het my altyd aangekyk met die vraag in my eie gemoed van “Wie is my pa?”.
Ek was twaalfjaar toe ek in die kerk sit en ’n nuwe prediker gepreek het. Ek het altyd laat ingekom en altyd vroeg uit gegaan, want ek wou nie die mense se gepraat hoor nie. Dit is die dag met die nuwe prediker dat ek te laat was en hy my voorkeer. Hy vra toe wie ek is en wie se seun ek is? Dit was soos ’n groot donker wolk wat op my toesak. “Wag so bietjie , nou sien ek die trekke wie se seun jy is.” het hy gesê.
Kan die mense die trekke van die Here Jesus in jou sien? Kan die wêreld sien dat God is jou Vader? Het dit nie tyd geword om die Woord van God te bestudeer en die eienskappe van die Woord aan te trek nie? Ons moet waak dat ons nie vasgevang word in die gejaag van die lewe en dan optree, praat, handel en dink soos die wêreld nie!
ROMEINE 13:14 “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.”
GEBED
Here baie dankie dat ek kan weet ek is U kind. Verander my Here dat ek al die eienskappe van die Here Jesus sal vertoon? AMEN