Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
WANDEL MET VERTROUE IN GOD.
Elke kind van God kan met vertroue in God wandel, omdat hierdie God selfstandig is.
JOH. 1:1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.
:2 Hy was in die begin by God.
:3 Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.
Paulus vertel ons van die Oppergesag van God:-
KOL. 1:16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte—alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.
:17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.
:18 En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.
Jesus Christus is die Een wat alles bymekaar hou. Hy is die argitek van die heelal en die doelwit waar alles sal eindig. Dit is Hy wat, vandat die aarde en die sterre en alles geskape is, tot die dag dat die nuwe hemel en die nuwe aarde sal kom, alles instand hou. Al die wette van die wetenskap word deur Hom beheer.
Hy is die Eerste van alles.
Kom by die punt om Hom toe te laat dat Hy ook eerste in jou lewe is. Gee Hom al die laste en probleme van jou lewe? Ja, gee Hom jou hele lewe!! Is dit dan nie Hy wat ook vir jou sorg en dra en voorsien nie? Wandel met vertroue in God!
GEBED
Here, ek plaas my hele lewe in U hande en vertrou U vir elke tree en sekonde van my lewe! AMEN