Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
ROEM IN DIE KRUIS.
Wat in die Bybel maak regtig saak? Wat is die belangrikste? Ja, die kruis!!
Ons as mens kan in baie dinge roem maar vir die kind van God is dit belangrik om in die kruis te roem.
1. Roem on die kruis want ons sien die liefde van God word geopenbaar.
JOH. 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
1 JOH. 4:9 Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.
God se liefde is oorweldigend dat Hy sy Seun gee vir ons.
2. Roem in die kruis want ons sien die liefde van Christus vir ons.
GAL. 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.
JOH. 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Die spykermerke in Christus se hande is die beys van sy liefde vir ons.
3. Roem in die kruis want daardeur is sondaars versoen met God.
ROM. 5:10 Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.
KOL. 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael,
Die enigste weg tot vrede , vreugde en geluk in God se teenwoordigheid is deur versoening. Die enigste weg tot versoening is deur die kruis van Christus Jesus. Is jy met God versoen?
GEBED
Dankie Here dat ek in die kruis kan roem vir dit wat U vir my gedoen het. AMEN