Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

ROBERT LEROY PARKER.

 

Robert se pa was ’n ywerige Mormoon. Hulle het op ‘n plaas in Amerika ,Utah distrik gewoon.

 

Robert het een van die plaaswerkers “aanbid” vir wie hy was. Hierdie man was Mike Cassidy. Mike was ook ’n man wat rats en flink met die rewolwers was. Hy is later dood in ’n geveg en Robert Leroy Parker het toe sy naam aangeneem as – Butch Cassidy. Die naam Butch het hy gekry omdat hy by ’n slaghuis gewerk het. Nie lank hierna nie het hy by die Tom McCarty bende aangesluit.

 

Hulle het treine beroof en Butch het staat gemaak om met slim spel die treine te beroof eerder as om wapens te gebruik. Hy het manne op die trein geplaas wat wettiglik met kaartjies op die trein was. Butch en die res van die bende sou dan op ’n sekere plek waar dit eensaam is, die trein tekens gee dat gevaar voorentoe is, soos rots stortings op die spoor of ’n los of stukkende spoor.  Sodra die trein tot stilstand kom sal die bendelede op die trein die wagte oorrompel, die kluis met denamiet skiet en dan sal Butch en die res van die bende die buit neem.

 

In 1901 was daar talle speurders en polisie wat die Cassidy bende gesoek het. Butch het toe na Suid-Amerika gevlug saam met Sundance Kid en sy meisie Etta Place. Daar het hulle banke en myne beroof in Peru, Chile en Bolivia tot in 1911. Daar word vertel dat hulle in ’n lokval gelei is en doodgeskiet is. Ander meen dat Butch en Sundance Kid het terug gevlug na Amerika. Butch het ’n gesig operasie in Frankryk gehad en later sy eie besigheid bedryf. Daar word beweer dat hy om en by 1935/1936 oorlede is.

 

Wat wel die waarheid is sal ons hier op aarde nooit weet nie.

 

Die punt wat ek wil by uitkom is die feit dat Butch en al sy makkers rebelle was. Hulle het teen God en teen die owerhede gerebelleer. Maar weet jy wat?

 

Rom 3:23  “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,” Sommige mense is net slegter as ander in hul rebellie.

 

Hoe lank roep die Here jou om jou saak met Hom uit te maak? Hoe lank is dit dat jy rebelleer? Hoe lank sal jy daarmee aanhou?

 

Ai, is dit nie waarom al die dinge in jou lewe soms skeef uitwerk nie? Is dit nie roepstemme van God nie? Ek vra maar net!

 

Nou is die tyd om met die Here reg te maak! Moenie uitstel nie? Moenie dink dat jou sonde is te veel nie? Vir God is alles moontlik!

 

GEBED   Dankie Here dat ek kan kom net soos ek is. Ek gee my lewe aan U en wil nie meer teen U rebelleer nie. AMEN 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00