Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
PRIORITEITE!
Daar is iemand iewers wat gaan sit het en ’n paar berekeninge vir ons gedoen het, wat ek graag met u wil deel.
Lees dit stadig en aandagtig en bedink dit voor die Here.
Indien ons sou lewe tot 75 jaar , dan:-
1. Sal ons drie jaar in die skool spandeer – sou ons dit 24 uur per dag bywoon.
2. Sal ons vir sewe jaar eet.
3. Sal ons vir veertien jaar werk.
4. Sal ons vir vyf jaar motors bestuur of vlieg in vliegtuie.
5. Sal ons vir vyf jaar praat – ( Sommige meer???)
6. Sal ons een jaar herstel van siekte.
7. Sal ons vier-en-twintig jaar slaap.
8. Sal ons vyftien jaar ons self vermaak.
9. Sal jy – indien jy elke Sondag, vanaf 0-75 jaar , in die kerk wees , sal dit vyf en ’n half maande wees.
10. Sal jy – indien jy Sondae en Woensdagaand kerk toe kom – elf maande wees in die kerk.
Ons lewe is so kort! Is dit dan nie belangrik dat ons meer aan Hom moet spandeer wat ons die lewe gee nie?
Hoe lyk jou prioriteite?? Is die Here eerste in jou lewe?
JESAJA 44:6 “So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.”
GEBED
Here, dankie dat U my altyd uitwys wat is die belangrikste in my lewe! U ,o, Here wil ek volkome eerste stel in my hele lewe! AMEN