Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
PERD TE KOOP!
By die jaarlikse kermis het ’n kenmerkend geklede Kwaker ’n perd te koop aangebied. ’n Boer – nie Kwaker – het na die perd gekyk en het besluit om die perd by die Kwaker te koop. Die Kwakers het wel ’n reputasie gehad vir eerlike wyse van besigheid en nadat die boer die prys verneem het van die Kwaker het hy sonder om te stribbel die perd gekoop.
Die boer het die perd na sy plaas geneem en daar het hy ontdek dat die perd is lui en siek. Die volgende dag het hy die perd terug geneem na die kermis en die Kwaker gekonfronteer.
“Jy het geen klag teen my nie!”, het die Kwaker gesê. “ Sou jy my gevra het na die perd dan sou ek vir jou eerlik die waarheid omtrent die perd gesê het!”
“Al’s reg! Ek verstaan dit so.” Het die boer geantwoord. “ Ek verwag nie van jou om die perd terug te neem nie. Ek wil slegs die perd aan iemand anders verkoop. Al wat ek vra is om jou jas en jou hoed vir ’n tyd te leen?”
ESEG. 18:5 Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;
ESEG. 18:6 nie eet op die berge en sy oë nie opslaan na die drekgode van die huis van Israel en die vrou van sy naaste nie verontreinig en nie naby ‘n vrou kom as sy onrein is nie,
ESEG. 18:7 en niemand verdruk nie; wat hy vir skuld as pand geneem het, teruggee; geen roof pleeg nie; aan die wat honger het, sy brood gee en die wat naak is, met ‘n kleed toedek;
ESEG. 18:8 nie leen op rente en geen woeker neem nie; sy hand terughou van onreg, eerlike regspraak oefen tussen man en man;
ESEG. 18:9 in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel—hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
Is jy eerlik in jou lewns handel? Is jou woorde altyd die waarheid? Is jou motiewe opreg? Wandel jy altyd in die lig met alles wat jy doen?
GEBED
Vader, daar is tye dat ek nie altyd eerlik handel nie , vergewe my? Amen