Geskryf deur THEUNIS

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

NET VIR JOU!

 

Ons almal is menslik,en almal kry seer…

 

Ons het almal ons lesse om uit die lewe te leer…

 

Ons almal wil graag vergifnis hê,

 

Maar dis soms so moeilik net om jammer te sê…

 

Ons almal het stories,van triomf en spyt…

 

Ons almal het verhale van liefde en verwyt…

 

Niemand is perfek nie, en nie almal is mooi nie…

 

Maar onthou die lekkerste appels is nie altyd rooi nie…

 

Vergewe en vergeet is soos bitter en soet …

 

Die soet laat jou hart klop en die bitter vergiftig jou bloed…

 

Om kwaad te bly maak niemand dood behalwe jou nie…

 

Dis nie die moeite werd om dinge teen mense te hou nie…

 

Leer om te lewe en ander te laat leef…

 

Leer om na die goeie in die lewe te streef…

 

Daars net een van jou en net een kort kans…

 

Om op die ritme van jou geluk in die lewe te dans…

 

Maak stupid grappies en lag hardop vir jouself…

 

Daars beter dinge as rykdom en geld…

 

Al bly jy in ñ tent iewers in die veld…

 

Dis jou eie keuse maak of breek…

 

Kyk bietjie wat jy in jou binneste wegsteek…

 

Tel op jou kop hou jou trane vir ñ ander dag…

 

Dink terug aan goeie tye en mis dit vir ñ slag…

 

Dink aan al die dinge wat jy al behaal het…

 

En buitendien is dit God wat jou lewe bepaal het…

 

Voel die verligting van vergifnis in jou are…

 

Voel die speling van gevoel oor jou hart se snare…

 

Lewe en laat leef die res kan maar staak…

 

Want dis meer as asem haal,wat in jou lewe saak maak….

 

‘n mens lewe nie van brood en water alleen nie…

 

En God het jou nie verniet aan die wêreld geleen nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00