Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
’N PROBLEEM WORD ’N WINS!
Dit is omtrent honderd jaar gelede dat daar ’n kersmaker was. Gereeld het hierdie man, nadat hy gewerk het, oppad huistoe by die vismark gestop en dan vir sy aandete ’n vars vis gekoop. Hierdie vis was dan in gewone papier toegedraai wat dan deurweek geword het van die water. Die man het ook daarna een van die straatvoertuie (Taxi’s) gebruik om huistoe te gaan. Die ander persone wat saam met hom in die voertuig gery het, het dan gekla oor die nat papier en die stink reuk van die vis wat afgegee is.
Die kersmaker het toe een more papier geneem en dit in die was gedoop en gedroog. Daardie aand het hy sy vis in die bewerkte waspapier toegedraai en weer dieselfde roete en prosedure gevolg huistoe. Die papier het nie nat geword en daarom dan ook geen onaangename reuk gegee nie.
Dit was die geboorte van waspapier. Sy probleem het vir hom winsgewend geword.
Watter probleem staan voor jou? Hoeveel keer het jy al gewens dat die probleem moet verdwyn? Het jy al die probleem vervloek? Nee, Moenie die probleem vervloek nie, soek eerder ’n oplossing daarvoor! Neem die energie wat jy uitgee op die negatiewe en draai dit om en wend dit positief aan.
1TIM. 6:6 Maar die godsaligheid saam met vergenoegdheid is ‘n groot wins.
:7 Want ons het niks in die wêreld ingebring nie; dit is duidelik dat ons ook niks daaruit kan wegdra nie.
:8 Maar as ons voedsel en klere het, moet ons daarmee vergenoeg wees.
:9 Maar die wat ryk wil word, val in versoeking en strikke en baie dwase en skadelike begeerlikhede wat die mense laat wegsink in verderf en ondergang.
:10 Want die geldgierigheid is ‘n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.
GEBED
Vader, stel my instaat om die probleem ’n wins te maak! AMEN