God’s Man – Francois Carr
N BELANGRIKE KEUSE
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
’N BELANGRIKE KEUSE.
Baie jare gelede het Charles G. Finney gepreek in New York. Heel bo in die gallery het daar ’n briljante man gesit. Hy was die Hoof regter van die hof in New York. Hierdie man het aandagtig gesit en luister na Finney se preek en onder die besef gekom dat hy het Jesus Christus nodig in sy lewe. “Daardie man praat die reine waarheid.” , het hy vir homself gesê. “Ek moet nou dadelik reageer!” Het hy weer vir homself gesê. “Ek moet nou opstaan en ’n publieke belydenis maak!”
Daar was ook ’n ander stem wat hom vermaan het oor die belangrike posissie wat hy beklee – en wat sal die mense sê? Die stem het hom ook daarop gewys hoe vernederend dit vir hom sal wees om voor al die mense sy belydenis as sondaar te maak. Die man was bang dat hy sou lafhartig word. Hy het dadelik uit sy stoel opgestaan en die trappe af gestap en toe in die lang paadjie na die kansel. Hy het vir Finney aan die mou getrek en gesê:- “Indien jy enige uitnodiging gaan maak dat ons na Jesus Christus moet kom, dan is ek nou gereed om te kom!”
Hierdie moedige keuse wat hy gemaak het, het nie net vir hom gehelp om by Jesus Christus uit te kom nie, maar ook het hy ander gehelp om hul keuse daardie dag vir Jesus Christus te maak.
Liewe vriend, het jy al jou keuse vir die Here gemaak? Indien jy “ja” antwoord, het jy dit al getuig aan die mense? Is jy besig om ander te help om na Jesus Christus te kom? Daar is baie mense rondom jou wat in hul hart die nood het na die verlossing van Jesus Christus. Hierdie mense sal en wil nie oor hul sondige toestand praat nie, MAAR jy kan die verskil maak om te begin. Al wat jy hoef te doen , is om hulle te vertel wat God vir JOU gedoen het. Vertel hulle hoe Hy jou siel gered en jou lewe verander het. Vertel hulle wat die Here vir jou in jou stiltetyd beteken en gesê het! Vertel hulle JY is ’n kind van God!
Elkeen van ons moet die belangrike keuse in ons lewe maak. Indien jy dit nog nie gedoen het nie, 1. Erken jou sonde voor God – alles 2. Vra God om al jou sonde met Jesus se bloed weg te was. 3. Vra vir Jesus om in jou lewe in te kom 4. Sê vir Jesus dankie dat hy jou sonde vergewe het en in jou hart woon. Lees dan aandagtig:- JOHANNES1:12 “Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;”
GEBED
Dankie Here dat ek hierdie keuse kon maak vir U en nou U kind is! AMEN