KOLIBRIE GEVEG!

Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE  tjcloete@absamail.co.za

 

KOLIBRIE GEVEG!

 

Kolibries is onder die kleinste van voëls en sluit in die Bee Hummingbird. Hulle vlerke kan 12-90 keer per sekonde wapper. Hulle is dan ook die enigste voël wat agteruit kan vlieg. Hulle drink die nektar van blomme.

 

Jay E, Adams vertel dat onder sy dak by die huis het hy ’n houer met suiker water in, waar die Kolibries kom drink. Daar is vier openinge waar die voëls kan kom drink. Dag na dag tot sons ondergang sal die voëls veg by die houer. Die een sal die ander wegjaag van die houer.

 

Ja, daar is vier openinge wat die voëls op een slag kan voed, maar die sterker een wat die “houer” besit , sal die ander wegjaag. Die hele dag lank sal die “eienaar “ van die houer op ’n tak naby sit en waak oor sy eiendom.

 

Hierdie lewe van konfrontasie sal aangaan en aangaan. Die voëls sal vlieg op die werf en die koning Kolibrie sal die indringers verjaag. Terwyl hy so agter die voëls aan vlieg sal die ander gaan en van die water drink, net om weer verjaag te word as die koning terugkom.

 

Hier is die les wat ons leer, skryf Jay E. Adams: – “Ek het die houer gekoop, ek voorsien die suikerwater. Die voëls verdien of besit nie die houer nie. Hulle ontvang die suikerwater slegs deur genade.  Tog sal hulle dag na dag veg vir die water.”

 

Is dit nie ook so met die mens nie? Al wat ons is en verkry is deur die genade van God. Tog is die mens trots, selfgesentreerd, jaloers en kla oor alles. Soms veg die mens ook oor die genade gawes van God, as om eerder die Here te dank met nederigheid. “ Net soos ek daagliks gekonfronteer word met wedywering in my agterplaas, so word God ook in Syne daagliks gekonfronteer met wedywering!”

 

Dank jy, of veg jy daagliks? God se genade is vir elke mens op hierdie aarde en ons moet leer om ook ander die genade van God te gun.

 

GEBED

 

Vader , baie dankie vir die onverdiende genade wat ek elke dag ontvang? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00