KAPOKAARTAPPELLIEFDE
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za
KAPOKAARTAPPELLIEFDE
Leef ons ‘n soort liefde uit waar ons, ons persoonlike ruimte wil behou? Dink na oor die volgende gelykenis van ‘n ‘kapokaartappelliefde’:
Aartappels leef in hulle eie omgewings, in hulle eie plek onder die grond en hulle sê: “Hierdie is my plek” — hulle is altyd besig om mekaar te stamp vir ‘n plek. Wanneer die aartappels geoes en in die vragmotor gelaai is – hulle stamp mekaar die hele pad tot by die mark – sê elkeen: “Ek wil die oppermag hê, ek wil my eie plek hê, ek kry seer en dis moeilik vir my!”
Uiteindelik eindig hulle by die mark en ‘n vrou kom en koop ‘n kg aartappels en neem hulle huis toe. Hulle stamp mekaar nog steeds vir ‘n plek van hulle eie. Sy was hulle, sit hulle in ‘n drukkoker en wanneer sy hulle uithaal en afskil, maak sy hulle fyn en al die tyd sê hierdie aartappels: “Dit is ons, ons!” Vir die eerste keer sê hulle, “Eina, dit maak ons seer!”
Die gemeente is veronderstel om so te wees. Elke lid behoort te sê: “Ek is jou broer. Ek is jou suster en om jou voete te was, is my voorreg.”
Ons moet nederig wees, mense van genade, wat die denke van Christus sal hê by die tafel van diensbaarheid. Een wat sê, “Jou belange ag ek hoër as myne; ek is jou dienskneg in die Naam van Christus.”
Bron: You Tube, Pastoor A. Andrew
Die lering van Christus is baie duidelik. Ons is ‘n dienskneg vir Hom en almal om ons sal wees!
… En elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees
(Matt 20:27, NV).
Dis sterk woorde om te volg, maar om te klim tot by die top het ons nodig om onder te begin!
Toe sê sy eienaar vir hom:
“Mooi so! Jy is ‘n goeie en getroue slaaf.
Oor min was jy getrou,
oor baie sal ek jou aanstel.
Kom in en deel in my vreugde!” (Matt 25:21, NV).
Die Here Jesus is self getrou en prys getrouheid by sy diensknegte. Mettertyd sal Hy ons verhoog!
Onderwerp julle daarom in nederigheid
aan die kragtige hand van God,
sodat Hy julle kan verhoog op die tyd wat Hy bestem het
(1 Petrus 5:6, NV).
Ons sal beloon word in die hemel! Uit: Japan Sending