HOEKOM IS DIE TIER SO WILD?

DEUTER. 31:6

 

Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.

 

Die tier is ‘n dier wat geen gevaar sien nie en hy besit nie vrees nie! Die tier verdra geen uitstel en hy vlug nie vir sy prooi nie.

 

IS HIERDIE ASPEKTE OOK BY JOU TEENWOORDIG?

 

Ons moet voortdurend bewus wees dat God in ons midde is. God is teenwoordig waar ek ookal is en kragtig om my te ondersteun waar ek tot Hom roep.

 

 Ons het daaglikse verantwoordelikhede om na te kom.

 

Die nuwe dag het begin en voor jou is daar talle verantwoordelikhede wat jy moet nakom. Jy voel soms moedeloos en onbekwaam  maar weet – en maak dit jou eie – dat God is met JOU! Moenie oorgee aan die vrees wat die Duiwel in jou werk of wil werk nie! Kyk na God – Hy bring kalmte!

 

2 KOR. 4:16 “Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe.”

 

2 TIM. 1:7 “Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing.”

 

GEBED

 

Ons Vader baie dankie dat ek tot alles instaat is deur U wat vir my die krag gee. Dankie vir U teenwoordigheid waar ek ookal beweeg! Vader help my met al my take en verantwoordelikhede dat ek dit sal doen tot eer van U?

 

                                               AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00