HOE ROEI JY?

Baie lank gelede was daar ’n Skotsman wat mense van die eenkant van die rivier na die anderkant in sy bootjie geroei het. Op die een roeispaan het hy die woord   “ GELOOF” uit gekerf en op die ander roeispaan het hy die woord “ WERKE” uit gekerf.

 

Dit was een sonnige dag dat hy besig was om mense van die eenkant na die ander te roei toe een van die mans vir hom vra wat die twee woorde beteken. Wel die Skotsman het dadelik “GELOOF” uitgehaal en net met “WERKE” geroei en die bootjie het al in die rondte gevaar. Na ’n tyd het hy met “GELOOF “ geroei en “WERKE” weer uit gehaal. Die bootjie het weer in die rondte gevaar maar hierdie keer in die teenoorgestelde rigting. Hy het toe met albei roeispane geroei en die mense veilig aan die oorkant gebring. Voordat die mense afklim het hy gesê:-     “’n Christen moet in sy lewe roei met albei spane “ GELOOF” en “WERKE”.”

 

Is dit nie so dat ware geloof die hart beinvloed sodat ons God gehoorsaam en ander dien nie?

 

Die Thessalonicense gemeente het hulle geloof in werke uit gelewe. Paulus skryf vir hulle oor hulle vreeslose prediking ten spyte van die vervolging.

 

1 THESS. 1:5  Want ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees en in volle versekerdheid, soos julle weet hoedanig ons onder julle om julle ontwil gewees het.

 

1 THESS. 1:6  En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,

 

GEBED

 

Here, die aanslae is somtyds so hewig maar ek wil volhard om U te gehoorsaam en aan te hou om met GELOOF en WERKE te roei in my Geestelike lewe. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00