HOE KAN JY SEKER WEES?
Dit was herfs en die Indiane het na hulle nuwe hoof gegaan om – soos wat die tradisie is – te vra of die winter koud gaan wees of nie so baie koud nie. Omdat hy die nuwe Indiane hoof in ’n moderne era is, het hy nie die ou geheime van die ou Indiane geleer nie. Hy het na die hemel gekyk en besef dat hy kannie sê of dit gaan koud wees of nie. Hy het toe veilig gespeel en gesê –ja, dit gaan ’n koue winter wees en die mense moet uitgaan om hout te versamel.
Hy was dan ook prakties en na ’n paar dae het hy die gedagte gekry om die Weerburo te skakel en uit te vind of dit gaan koud wees die winter. So gedink, so gemaak. Die weerman antwoord ja, dit gaan ’n koue winter wees. Die hoof het terug gegaan na sy mense en hulle aangespoor om meer hout te versamel want dit gaan ’n koue winter wees.
’n Week later skakel hy weer die Weerburo en vra weer of dit ’n koue winter gaan wees. Ja, antwoord die man dit gaan ’n koue winter wees. Die hoof gee toe weer sy mense opdrag om alle hout te versamel , ook die klein fein houtjies, want dit gaan ’n koue winter wees.
Twee weke later skakel hy weer die Weerburo en vra weer of dit ’n koue winter gaan wees. Ja sê die man dit gaan ’n koue winter wees. Die hoof vra hom toe: “Hoe kan jy so seker wees dat dit ’n koue winter gaan wees?” Die man antwoord:” Wel ek sien die Indiane maak al die hout bymekaar dus gaan dit ’n koue winter wees.”
Hoe kan jy seker wees?
HEBR. 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
:2 Want daardeur het die mense van die ou tyd getuienis ontvang.
:3 Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.
:4 Deur die geloof het Abel ‘n beter offer aan God gebring as Kain, waardeur hy getuienis ontvang het dat hy regverdig was, omdat God oor sy gawes getuienis gegee het; en deur dieselfde geloof spreek hy nog nadat hy dood is.
:5 Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het.
:6 En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek.
Glo God onvoorwaardiglik – Hy is God en kan en sal nie vir ons lieg nie.
Maar hier is die belangrikste vir jou:- 1 JOH. 5:13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.
Ja , jy kan al hier op aarde weet dat jy verseker Hemel toe sal gaan!
IS JY VERSEKER VAN JOU BESTEMMING NA DIE DOOD?
GEBED
Vader, baie dankie dat U die vlomaakte werk en plan vir ons beskikbaar stel! Dankie dat ek kan weet dat ek hemel toe sal gaan sodar ek sterf! AMEN
NS. Indien jy nie seker is nie – e-pos my dat ek jou die weg tot Saligheid kan
verduidelik?