GOD VEG VIR JOU!

EXODUS 14:13  Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.

:14  Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees.

Om ‘n positiewe uitkyk op die lewe te behou terwyl daar niks positief gebeur nie, is nogal moeilik. Laat ons dit nou maar teenoor mekaar erken, indien dinge in die lewe sleg gaan, werklik sleg , dan het ons nie die konfrontasie van ‘n ewige optimis nodig nie. Dit is die laaste wat jy nodig het. Jy sal eerder wil hoor,”Jou arme ding” as om te hoor “ Dit kon erger gewees het!” Ja, dit kon erger gewees het , maar jy wil nie hoor van versteekte probleme nie. Indien jy die “sleg” van die lewe ervaar soek jy simpatie en indien die ander dit nie ervaar, dit wat jy ervaar nie, dan moet hulle ten minste voorgee dat hulle simpatiek is.

Die lewe is nie regverdig nie, ander het meer skoonheid,geld, besittings, invloed en meer en meer as jy – dit is die bewys dat die lewe nie regverdig is nie. Daar is tye dat jy net wil weg sink in die dieptes van onbillikheid en daar bly lewe. Jy voel dit is goed om te leer om saam met die onregverdigheid te lewe, want dan het jy darem iets in die lewe bereik.

Indien ons die deur van, “jy is oorwin”, open, dan maak jy ook die deur van bitterheid en negatiwiteit oop.  Dit is dan dat die doel van die lewe vir jou verdwyn.

Charlotte Elliott het die lied , NET SOOS EK IS , GEEN HULP NABY , geskryf toe sy 37 jaar oud was. Sy was verlam van haar kinder dae af en bitterheid en kwaad het haar gemoed gevul. Sy het later haar lewe vir die Here gegee en 14 jaar later die lied geskryf. Hierdie lied het vir baie mense meer beteken as haar broer se prediking – so het haar broer geglo.

Die derde vers is haar lewens beskrywing :- Net soos ek is, ofskoon altyd gepla deur twyfel , haat en nyd; van binne vrees, van buite stryd- o Lam van God ek kom!

Vandag nooi die Here jou om te kom net soos jy is. God ken jou ALLES! Kom na Hom, want Hy sal die stryd vir jou stry! Ja, Hy veg vir jou!

GEBED

Here, vandag is daar baie dinge wat my platslaan. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek weet nie hoe om te bid nie. Ek twyfel oor so baie dinge in my lewe! Maar Here, ek kom na U – o Lam van God – veg U vir my asseblief? AMEN. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00