TEMA: SOOS DIE ARENDE

TEKS: JESAJA 40:30,31

Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

TEMA: SOOS DIE ARENDE

TEKS: JESAJA 40:30,31

Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Daar is n persoonlikheids toets wat maatskappye op mense doen, om hul persoonlikheid te bepaal, deur die mense drie keer na mekaar te vra watter dier hulle die graagste sou wou wees, en drie redes te gee waarom hulle hierdie dier sal wil wees. Elke keer moet die persoon n ander dier kies. Die eerste keuse dui gewoonlik aan wie die persoon graag wil wees en nie is nie, die tweede hoe mense jou sien, en die derde een wie jy werklik is.

Dit is selde dat iemand kies om n hoender, kalkoen,kraai of aasvoel te wees. Inteendeel, baie kies n Dolfyn of n Arend. Die Arend is in n klas van sy eie soos n Ferrari teenoor my ou 1976 Datsun 120y.

Hoeveel begeer nie daardie vryheid van die Arend nie, maar loop rond soos hoenders en skrop in die stof op die aarde. Met al die laste, stress en probleme wat net te veel raak om te hanteer. Al die dinge wat met ons gebeur en oor ons spoel sonder om te vra daarna.

Hoor wat se Jesaja 40:30 “ jonges word moeg ….struikel selfs…” oud en jonk, maak nie saak nie. Ons kan die gevolge van die sondeval nie ontduik nie. Ons het laste, dorings in die vlees en kruise om te dra wat nie altyd aangenaam is nie.

Dan kom die wonderlike woord  in Jesaja 40:31 “maar” wat se ons moet nie twyfel wat God kan doen, want ek leef  bo of “onder” omstandighede.

Ek het gehoor van die Arend wat saam met die hoenders uitgebroei is. Hy het saam met die kuikens groot geword en nie besef dat hy is n Arend nie. Hy het saam met die Hoenders in die stof rond geskop op soek na wurms, en as die storms kom, saam met hulle skuiling gesoek teen die storms.

Wat wil die Here he moet ons wees?

Waar wil die Here he moet ons leef?

Soos n Arend, of soos n hoender?

Die Woord se “Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag”. Die woordjie “wag” beteken nie om  agteroor te sit en wag dat God iets sal doen nie, maar om Hom ten volle altyd vir alles te vertrou. By God is alle dinge moontlik. Hy kan die lot van enige persoon verander.

Wat was die agtergrond met die skryf van hierdie woorde? Hoekom het hulle moeg en mat geword? Israel  was in ballingskap en het begin twyfel oor hulle toekoms. Hoor wat staan geskryf in:

Jesaja 40:27 

“waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: my weg is vir die Here verborge, en my reg gaan by my God verby?”

Dan antwoord die Here met hierdie woord:

JESAJA 40:30,31 

“..die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

Peter Lord  se boek “Turkeys and Eagles” saam met Terry Wipman se boek “The way of the Eagle” beskryf die kenmerke van die Witkop Arend, wat ook die embleem van die VSA  is, uitstekend. Deur jare se navorsing het hulle baie besondere en insggewende kenmerke ontdek. As jy dit lees, verstaan jy waarom praat die Bybel van “….vaar op met vleuels soos die Arende”

Watter ander voel sou ons kon gebruik om mense te bemoedig. Mense wat die Here dien, maar voortdurend deur geweldige stryd gaan? Mense wat sonder om daarna te soek in ellende, siektes en hartseer gedompel is. Watter ander dier sal werk om hulle moed te laat skep?

Die ou vuil Kraai met sy deurmekaar nes?

Die Aasvoel wat op dooie karkas aas?

Volstruis wat sy kop wegsteek?

Die pou wat loop en pronk?

Kom ons kyk na die eienskappe van die arend, en pas dit op ons lewens toe soos die Skrif ons leer om te wag sodat ons kan opvaar bo ons omstandighede en God deur dit verheerlik. Daar is sekere eienskappe wat jou bemoedig, maar dit gaan gepaard met wag in die stryd. Dit is nie n kitsoplossing om te wag nie.

KENMERKE VAN DIE WITKOPAREND

1)        Die arend IS DIE VINNIGSTE VOEL IN DIE LUG

Hy kan tot 200 kph  in die lug vlieg en tog sweef hy rustig op die strome van die wind en niks jaag hom nie. Daarom dat baie begeer om n Arend te wees, en nie n kalkoen op die grond nie.

2)       Die arend KAN VER EN WYD SIEN

Hy kan n Haas op3000 meter raak sien en  op 1000 m kan hy wat in 3 vk meter gebeur alles sien. Terwyl die hoender en kalkoen net om hom sien wat gebeur.

Job 9:26 

Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos ‘n arend wat neerskiet op sy prooi.

Wie begeer nie om soos die Arend te wees nie? Wat sien die hoender raak?

3)       Die arend EET NIE AAN DOOIE AAS NIE

Hy eet nie soos die Aasvoel en Kraaie die diere wat deur motors dood gery is langs die pad nie. Gaan ry deur Botswana  dan sien jy hulle orals langs die pad, maar die Arend vang sy kos vars en vang nie vir more ook nie.

Wat sou jy verkies tussen dooie vrot aas en vars voedsel elke dag?

4)      Die arend HET NIE N AANLOOP NODIG OM TE BEGIN VLIEG NIE

Kyk na die kraaie en aasvoels wat eers so paar spronge moet maak om hulle te help. Daarom dat die Skrif se “Hy “vaar op met vleuels”

Die Arend is in n ander klas as die kraaie en aasvoels.

5)      Die arend IS DIE VOEL WAT DIE HOOGSTE KAN VLIEG

Hy kan vlieg tot in die 2 de hemel , die Mesos oranos wat tot 3-5 km hoog die lug in is. Daarom is sy vere van so aard dat dit hom beskerm teen die koue.

(Ons het drie hemele – Atmosferiese, Sterrehemel, en Hemel waar God woon)

Daar was n berig in n koerant waar n  VSA vlieenier vertel van n vis wat hy in die lug gesien het. Op daardie hoogte was die enigste verklaring dat dit uit die bek van n Arend geval het. Visse kan mos nie vlieg nie, of hoe?

Hy vlieg daar waar dit die veiligste is, en kraaie net van droom.

6)      Die arend VLIEG BOKANT DIE STORMS UIT

Ander diere moet skuilplek soek, maar nie die Arend nie. As daar storms kom, dan vlieg hy bo die storms terwyl die kraaie en kalkoens skuiling soek.

Die storms het geen uitwerking op die Arend nie

7)      Die arend KYK NIE VIR JOU, MAAR DEUR JOU

Die Rooi Indiane se dat die Witkoparend kyk nie vir jou nie, maar deur jou. Hy sien die vis in die water – Hy het oe wat niks mis kyk nie.

Gaan kyk weer na die fotos van die Arend.

Dit verskil nogals van die hoender en die kalkoen

8)      Die arend IS DIE ENIGSTE DIER WAT REGUIT IN DIE SON KYK

Daar is n vlies oor sy oog wat hom beskerm en maak dat hy reguit in die son in kan vlieg. Sy vyande, soos die Condor en Aasvoels, kan hom nie vang nie. Hy vlieg die meeste van die tyd alleen, en dit dien tot beskerming vir hom. Tydens n  aanval vlieg hy reguit in die son in.

Die kalkoen en hoender soek skuiling op aarde.

9)      Die arend WORD TOT 120 JAAR OUD

Die Arend kies in hierdie 120jr net een maat, en bly by hierdie een maat tot aan die einde van sy lewe. Ons leer van die Arend, oud en jonk. Wanneer hy sy maat gekies het, vlieg hy hoog in die lug met haar, en hou haar met sy vlerke vas. Dan sal hy na die grond toe val, en net voor hulle naby die grond is, haar los dat sy kan vlieg voor sy op die grond val. Hy doen dit drie keer, en dan doen sy dieselfde. Hulle leer om mekaar te vertrou. Nou eers sal hulle paar.

Dit wat nodig is vir  n goeie gesonde verhouding, is nou gebou naamlik:liefde , respek en vertroue

10) die arend het N PAAR BESONDERE GEWOONTES

Hulle bou hul huis hoog op die rotse. Dit is 3m dik en weeg tot 2 ton. Hy bou dit weg van al die gevare  naby riviere en blomme. Jy onderskei sy nes duidelik van die kraai, kalkoen, hoender. Die wrede skerp kloue sal nie kleintjies seer maak op enige stadium nie, tog skop hy hulle op n bepaalde tyd uit die nes.

Dit kos niks om die hoenders se eiers te gaan uithaal.

11)  Die arend SE BESONDERE GEBEURTENIS AS HY OUER WORD

Op 40-60 jr is hy nog baie sterk. Hier gebeur iets wat min mense van weet. Na al die gevegte, huis bou, aas soek en kinders groot maak, vorm daar kalsium om sy bek wat sy bek laat swel. Hy begin om sy kragte te verloor, en moet wegkruip in storms en kan nie jag soos voorheen.

Die aas word vir hom aangedra deur die wyfie, en die reuk van bloed maak dat hy sy kop wegdraai van die aas. Hy weier om te eet en onthou hoe hy was.

Sy naels word letterlik deur hom uitgeskeur, vere word uitgepluk en hy kap sy bek tot die bloed loop teen die rotse om die kalsium af te kry. Hy lyk aaklig om die minste daarvan te se. Wat sal mnr Kraai en kalkoen nou van hom se?

Dan gebeur daar iets wat vir ons baie lesse leer. Die wyfie voer hom heuning en staan hom by in hierdie moeilike tydperk. Na 30 dae is sy naels, vere en bek volkome genees . Hy het gewag!! Na 40 dae is hy op die rots en hy Wag!!!

Dan, op n gegewe stadium, kyk hy reguit in die son dat daar letterlik trane uit sy oe kom. Die volgende oomblik sal hy opvaar  met nuwe krag. Hy maak n besondere geluid as hy opvaar, hy sing vir die eerste en enigste keer n “lied” ,n lied van oorwinning. Hy het gewag, maar vaar nou op met nuwe krag.

Daarom dat die Here die Arend gebruik en nie die kalkoen of kraai nie. Hulle bly in die stof met al die storms wat dreig.

Leer van die Arend, en word soos die Arend wat bokant die storms vlieg.

Moenie moed opgee nie, wag!

In tye van swakheid, wag!

Die Here herstel die wat op Hom wag!

Die antwoord om soos die Arend te wees le in:

“Maar die wat op die Here wag….”

Die antwoord le nie by mense nie. Hoor wat se die Skrif:

JESAJA  40:29 

Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen kragte het nie.

Ek kan nie op gister se krag of swakhede fokus nie:

“nuwe krag”

JESAJA 40:30 

Die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs;

Wat sal my lot verander as almal moeg en mat word en selfs struikel?

“maar”  verander die hele prentjie

Wie vind baat by dit?

“die wat wag”  Die wat Hom vertrou word soos die Arend

Leef soos die Arend!

Vaar bo jou omstandighede uit

Moenie soos die hoender in die stof skrop.

Kyk om ver en wyd te kan sien, nie soos n perd met oogklappe nie.

Kry elke oggend vars voedsel wat die Here gee

Vaar op met die krag van die Here

Sien al die gevare en moontlikhede raak

Vlug reguit na die Here toe as die vyand jou aanval

Kry jou huis in orde weg van die wereld

Deur dit alles word jy sterker as ooit tevore

Wat wil jy graag wees? Kalkoen of  die Arend?

Daar is nie kitsoplossing nie – Wag op die Here.

Mag ook jy die vreugde smaak van die nuwe krag om op te vaar.

Om bokant jou omstandighede te leef.

JESAJA 40:30,31 

“..die jonges word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

DIE KEUSE: WAG EN VAAR OP, OF SKROP EN BLY IN DIE STOF

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00