GOD GEBRUIK RUBBER STEWELS
Na die Japan 3/11/11 driedubbele ramp, noop God Tim Cole (wat as ʼn sendelingkind in Japan grootgeword het) om saam met sy vrou, Katie vanaf die VSA na Japan te kom om te help met opruimingswerk. Hy, Katie en sy span Christene vind 100 ontruimde mense in ʼn Boeddhiste tempel in Onagawa. Die tempelpriester is aanvanklik huiwerig om enige hulp van Christene te aanvaar, maar nadat Cole en die priester begin gesels, ontdek hulle dat hulle in dieselfde kleuterskool was.
Die priester se vrou is baie opgewonde toe sy hoor dat Cole en sy helpers Christene is.
“Jy moet hulle jou laat leer om effektiewe preke te lewer”, sê sy vir haar man.
“As jy uit die Bybel praat, sal dit ʼn groot verskil maak,” stel Cole en sy span voor en die priester vind dit ʼn interessante voorstel.
As gevolg van die goeie verhouding wat hulle begin bou, word Cole en sy span toegelaat om kos en baadjies te bring en ook te vra wat nog nodig was. Die ontruimdes het veral gevra vir rubber stewels. Op Cole se volgende rit na Onagawa maak hy seker dat hy ʼn goeie voorraad rubber stewels het. Sy vrou, Katie bring ook bokse tuisgemaakte brood en koekies saam. Terwyl hulle dit uitdeel, begin die priester se vrou met Katie gesels.
“Miskien moet ek my Bybel uithaal en dit weer begin lees,“ sê sy.
Watter wonderlike dinge gaan God nie nog in hierdie Boeddhiste tempel se terrein tot stand bring nie? Bron: Crash Japan 2011-05-28
God wil dat almal gered moet word en tot kennis van die Waarheid kom!
Want so lief het God die wêreld gehad dat hy sy eniggebore Seun gegee het,
sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie,
maar dat die wêreld deur Hom gered kan word
(Joh 3:16-17, NV). UIT: JAPANSENDING