GEKOPPEL AAN ’N RENOSTER.

Die volgende insident het die tweede prys behaal van die 1999 Darwin Awards.

Ronald Demuth het homself in ’n baie moeilike situasie beleef , terwyl hy saam ’n groep toneelspelers van Rusland getoer het. Hulle het ’n dieretuin besoek en tydens die besoek wou hy een van Amerika se wonders aan hulle demonstreer naamlik “ CRAZY GLUE”.

Hy wou bewys en demonstreer hoe goed die gom is en toe het hy van die gom aan sy hande gesmeer en grapender wys dit op die mak renoster wat in die dieretuin rondloop se agterkant geplaas. Die renoster, dertien jaar al deel van die dieretuin,  het aanvanklik niks gedoen nie, want sy is gewoond daaraan dat die mense aan haar vat van kleins af.  Die renoster het later besef dat iemand aan haar vasgeplak is en toe in die dieretuin rond begin hardloop.

Sally , die renoster, het die afgelpoe tyd nie te wel gevoel nie. Sy was verstop – hardlywig – en die werkers het haar lakseermiddel gegee en medisyne om te ontspan.

Sally , in haar rond gehardlopery , het twee heinings gebreek, ’n muur gebreek van ’n hok,  waaruit diere ontsnap het en ‘n bok en eend gedood.

Dieretuin werkers het natuurlik die dier verdoof om Ronald Demuth te help. Sally is gevang en toe tot bedaring gebring maar in hierdie tyd het die lakseermiddel sy werk gedoen. Ronald het ’n stort  van Sally se ontlasting en water ontvang.  Die werkers was ook besmeer.   Ja, mens kan met vrymoedigheid noem dat Ronald tot by sy nek in die “moeilikheid” was. 

Sally is verdoof en sekere middels is aan Ronald se hande gesmeer om hom te verlos van die renoster.

Hierdie is ’n les wat ons elkeen baie goed moet leer. Wanneer jy jouself verbind aan iets groots en kragtig en dit is nie God nie, gaan die uitkoms verseker ’n ramp wees.  Ja, jy gaan vuil word.

God is die een wat beskerm en ons lei. Elkeen moet sorg dat hy/sy elke dag aan Hom gekoppel is.

GEN. 15:1  Vrees nie, Abram, Ek is vir jou ‘n skild en jou loon is baie groot.

2 SAMUEL 22:31 Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is ‘n skild vir almal wat by Hom skuil.

PSALM 3:4 Maar U, HERE, is ‘n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.

GEBED

Here , ek verbind my aan U wat my skild is in hierdie lewe. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00