EN HIERNA...

Die storie word vertel van die Bybelstudie groep wat gevra is :- “ Wat is julle geliefde teks in die Bybel wanneer julle mismoedig is?”

’n Jong seun het opgestaan en gesê Psalm 23 “ Die Here is my Herder”.

’n Middeljarige vrou het gesê Psalm 46:2 “ God is vir ons ’n toevlug en sterkte.”

’n Ander vrou het gesê Johannes 16:33  “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin. “

Hierna het ou oom Johannes opgestaan. Hy is al tagtig jaar oud , sy hare is spier wit en sy vel al donker bruin gebrand van die son. Sy geliefde teks is, asook die wat begin of die woorde bevat  “EN HIERNA” of  “En na..”. Die groep het begin lag en dink dat oom Johannes se geheue is nou nie so goed nie. Dit is toe die giggels tot bedaring kom dat oom Johannes vertel. Op dertig het ek my werk verloor met ses honger monde en ’n vrou. Ek het nie geweet hoe ek dit sal maak nie. Op veertig het my oudste seun in die oorlog gesterwe. Sy afsterwe het my teen die grond gehad. Op vyftig het my hele huis gebrand en daar was niks , ja, niks wat ek kon red uit die huis nie. Op sestig het my vrou van 40 jaar getroude lewe kanker gekry. Die kanker het haar stadig verteer. Ons het menige nagte op ons kniee voor die Here gestaan in gebed. Op vyf-en-sestig is sy oorlede. Die stryd waardeur ek gegaan het in hierdie situasies was onbeskryflik. Ek het gewonder waar is God? Dit is elke keer dat ek in die Bybel lees “EN HIERNA…” dat ek geweet het dat al hierdie dinge sal verby gaan en dat God my sal dra deur die moeilike tye.

Wat sal dit wees waarin jy jou nou begewe? Verlange na ’n geliefde of geliefdes? Stryd by die werk, huwelik, met kinders, skoonma…..? God is vandag daar om vir jou te bemoedig dat ook hierdie dinge sal verby gaan. Hy sal jou nie los of verlaat nie! Hou aan! Moenie roekelose besluite neem nie! Kom by die punt om die Here te vertrou! Hou aan om te werk!

GEBED

Here, U weet en ken my lewe en die stryd waarin ek is! Dankie dat ek my lewe opnuut aan U kan oorgee en U kan vertrou vir krag en leiding. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00