EK SAL JOU NAAM NOEM!

Daar word vertel van die veteraan sendeling wat eens in Indië gewerk het. Hy was ‘n oogspesialis en het onder mense gewerk, in ‘n sekere gebied, wat blind word soos wat hulle ouer word. Al hierdie mense is gebore met gesonde visie, maar soos hulle verouderd het hulle blind geword. Hierdie dokter het met navorsing toe ‘n sekere operasie op die mensies uitgevoer wat hulle sig herstel het.  Hulle het die hospitaal verlaat met die wete dat hulle gespaar is van blindheid.

Die dokter het vertel dat nooit het een van die mense vir hom dankie gesê nie. Dankie was ‘n woord wat nie vir hulle bestaan het nie. Dankie het hulle in hul dialek nie geken nie.

Hulle het ‘n woord gespreek wat beteken – “Ek sal jou naam noem”. Waar hulle dan ookal gaan sal hulle dan die naam van die dokter noem wat hulle genees het van blindheid. Hierdie genesing was vir hulle so wonderlik dat hulle sy naam orals genoem en vertel het.

Wie se naam noem jy?  Oor wie se naam praat jy? Is jy van geestelike blindheid genees?

PSALM 7:18 Ek wil die HERE loof na sy geregtigheid en die Naam van die HERE, die Allerhoogste, psalmsing.

PSALM 9:11 En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

PSALM 66:4  Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.

Moenie die Naam van die Een wat geestelike blindheid genees as ‘n skel of ‘n vloek woord gebruik nie!!!!!!!!!!!

GEBED

Ek sal U Naam noem oral waar ek gaan en U Naam verkondig aan elkeen wat U nie ken nie. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00