DOOD – WAT DAN?
In Valladolid, Spanje, waar Christopher Columbus gesterf het in 1506, staan ’n monument vir die groot ontdekker. Een van die mees interessante aspekte van die monument is waar ’n leeu een van die woorde van die slagspreuk wat Spanje vir eeue gebruik het vernietig. Voordat Columbus sy ontdekkings gedoen het, het die Spanjaarde gedink dat hulle het die einde van die wêreld gekry. Daarom was hulle slagspreuk “ NE PLUS ULTRA” wat beteken “Niks meer anderkant”.
Die woord wat deur die leeu vernietig word is”NE” wat “ niks” beteken en daarom die slagspreuk net “PLUS ULTRA” maak wat dan beteken “ MEER ANDERKANT”.
Columbus het dan oor tyd bewys dat daar wel “MEER ANDERKANT” is.
Jy is so besig op hierdie aarde! Jou werk en die bevordering , die salaris, die status, dan is dit die huis , die omgewing waar jy bly , die klere wat jy MOET dra. Die sport en die span wat jy ondersteun. Die vrou / man en die kinders neem aandag in beslag. Die keuses van motors , vakansie bestemmings, vriende en kollegas , en , en , en ,…… Jy dink jy het die einde bereik!
Het jy gedink dat daar ’n anderkant is? Wat gebeur na die dood? Wat sal jy kan doen as daar ’n hel is? Wat as daar ’n lewende God is? OF kom jy terug aarde toe om weer te leef?
HEBR. 9:27 “En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en
daarna die oordeel,”
Ons – jy en ek – gaan sterwe!!!!! Is jy gereed om oor die lyn te gaan? Is jy gereed om die ewigheid in te gaan? Waar gaan jy die EWIGHEID deurbring?
DOOD – WAT DAN?
GEBED
Vader ek dank U vir die werk van U Seun , sodat ek die EWIGHEID by U kan wees. AMEN